Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nuus
Nuus [boodskap #60601] Vr, 19 April 2002 11:00 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Twee van die rugbyspelers wat tereg staan op moord van die jong seun is
skuldig bevind. Die ander is vrygespreek.

'n Ligte vliegtuig het in Pretoria neergestort - die drie insittendes het
omgekom - niemand op die grond is beseer nie.

Die (Blou) Bulle het vanoggend weer verloor ( Teen die Blues) . Hulle het
nog steeds net 1 punt in die Super 12 kompetisie.

Annette
Re: Nuus [boodskap #60606 is 'n antwoord op boodskap #60601] Vr, 19 April 2002 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die arme flou bulle kan ook nie meer sê kom ons gaan speel 'n wedstryd
nie.........eerder kom ons gaan kyk hoeveel verder kan ons verloor! Maar
nou moet ek ook sê die ander SA spanne lyk nie veel beter nie. Die
Stormers sou amper net so sleg soos die Bulle gewees het as dit nie was vir
Slap Chips se onderskep-mog-het-treffe drieë nie. Sa rugby is in 'n
gemors.............van Namibiese rugby sal ek liewers niks sê nie. Ons top
skoolspan klop die nasionale span! Met 'n moerse score..............ons
eet maar eerder biltong en gerookte babers!

"Annette" skryf in boodskap news:a9oud8$52sou$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Twee van die rugbyspelers wat tereg staan op moord van die jong seun is
> skuldig bevind. Die ander is vrygespreek.
>
> 'n Ligte vliegtuig het in Pretoria neergestort - die drie insittendes het
> omgekom - niemand op die grond is beseer nie.
>
> Die (Blou) Bulle het vanoggend weer verloor ( Teen die Blues) . Hulle het
> nog steeds net 1 punt in die Super 12 kompetisie.
>
> Annette
>
Re: Nuus [boodskap #60621 is 'n antwoord op boodskap #60606] Vr, 19 April 2002 14:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Suidwester - ek was bietjie verkeerd - die Blou Bulle het glo nou 2
punte - het dit eers later gehoor - nou moet jy weet hoe sleg ek voel dat ek
hulle swakker beskou as wat hulle is:))
Jy is reg daar - ons het die spelers wat kan speel - maar ons gaan nêrens
kom as spelers gekies word op reputasies ipv van huidige vorm.
Ek het nou die dag 'n laerskoolspannetjie sien speel met meer rugbysense in
elkeen van daardie klein kannetjies as die provinsiale span.

Van Slap Chips gepraat - ek kyk nou die dag - die ander spanne ken sy spel
al so goed - hulle weet dat as hy die bal kry gee hy drie treë en steek dan
eers vas om te dink - hulle wag hom in by sy vassteekpunt:))
Annette

Suidwester skryf in boodskap news:a9p652$1trk$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Die arme flou bulle kan ook nie meer sê kom ons gaan speel 'n wedstryd
> nie.........eerder kom ons gaan kyk hoeveel verder kan ons verloor! Maar
> nou moet ek ook sê die ander SA spanne lyk nie veel beter nie. Die
> Stormers sou amper net so sleg soos die Bulle gewees het as dit nie was vir
> Slap Chips se onderskep-mog-het-treffe drieë nie. Sa rugby is in 'n
> gemors.............van Namibiese rugby sal ek liewers niks sê nie. Ons top
> skoolspan klop die nasionale span! Met 'n moerse score..............ons
> eet maar eerder biltong en gerookte babers!
> "Annette" wrote in message
> news:a9oud8$52sou$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Twee van die rugbyspelers wat tereg staan op moord van die jong seun is
>> skuldig bevind. Die ander is vrygespreek.
>>
>> 'n Ligte vliegtuig het in Pretoria neergestort - die drie insittendes het
>> omgekom - niemand op die grond is beseer nie.
>>
>> Die (Blou) Bulle het vanoggend weer verloor ( Teen die Blues) . Hulle het
>> nog steeds net 1 punt in die Super 12 kompetisie.
>>
>> Annette
>>
>
Re: Nuus [boodskap #60625 is 'n antwoord op boodskap #60621] Vr, 19 April 2002 15:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit nou die aand die manne so en luister en dit wil vir my lyk of die
afrigters te slim vir hulleself geraak het. Ek is self 'n 'control freak',
maar 'n rugbywedstryd is 'n onvoorspelbare ding.

"Annette" skryf in boodskap news:a9pbe6$5ap05$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wel Suidwester - ek was bietjie verkeerd - die Blou Bulle het glo nou 2
> punte - het dit eers later gehoor - nou moet jy weet hoe sleg ek voel dat ek
> hulle swakker beskou as wat hulle is:))
> Jy is reg daar - ons het die spelers wat kan speel - maar ons gaan nêrens
> kom as spelers gekies word op reputasies ipv van huidige vorm.
> Ek het nou die dag 'n laerskoolspannetjie sien speel met meer rugbysense in
> elkeen van daardie klein kannetjies as die provinsiale span.
>
> Van Slap Chips gepraat - ek kyk nou die dag - die ander spanne ken sy spel
> al so goed - hulle weet dat as hy die bal kry gee hy drie treë en steek dan
> eers vas om te dink - hulle wag hom in by sy vassteekpunt:))
> Annette
>
>
> Suidwester wrote in message
> news:a9p652$1trk$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
>> Die arme flou bulle kan ook nie meer sê kom ons gaan speel 'n wedstryd
>> nie.........eerder kom ons gaan kyk hoeveel verder kan ons verloor! Maar
>> nou moet ek ook sê die ander SA spanne lyk nie veel beter nie. Die
>> Stormers sou amper net so sleg soos die Bulle gewees het as dit nie was
> vir
>> Slap Chips se onderskep-mog-het-treffe drieë nie. Sa rugby is in 'n
>> gemors.............van Namibiese rugby sal ek liewers niks sê nie. Ons
> top
>> skoolspan klop die nasionale span! Met 'n moerse score..............ons
>> eet maar eerder biltong en gerookte babers!
>> "Annette" wrote in message
>> news:a9oud8$52sou$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Twee van die rugbyspelers wat tereg staan op moord van die jong seun is
>>> skuldig bevind. Die ander is vrygespreek.
>>>
>>> 'n Ligte vliegtuig het in Pretoria neergestort - die drie insittendes
> het
>>> omgekom - niemand op die grond is beseer nie.
>>>
>>> Die (Blou) Bulle het vanoggend weer verloor ( Teen die Blues) . Hulle
> het
>>> nog steeds net 1 punt in die Super 12 kompetisie.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Nuus [boodskap #60736 is 'n antwoord op boodskap #60601] So, 21 April 2002 01:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
My broer se seun is tans besig met sy vliegopleiding op Wonderboom. Die
tragedie het hom voor sy oë afgespeel. Blykbaar het die vlugkontroleur die
vliegtuig van die verkeerde aanloopbaan af laat opstyg - loodreg in die pad
van 'n landende vliegtuig. Die loods van die vliegtuig wat opgestyg het het
weggeswenk maar nie genoeg "lift" gehad vir die manuvre nie en toe beheer
verloor. Bo-op 'n woonhuis neergestort. Blykbaar was die vlugkontroleer te
besig om oor sy peperkorrels te vryf en in sy neus te krap om behoorlik
aandag aan sy werk te gee.

Ons was jare gelede op 'n lugskou by Lanseria toe een van die Lugmag se
silwer valke voor ons neergestort het. Dis die tipe materiaal waarvan
nagmerries gemaak word. Die kinders het natuurlik gedink dit was great -
hulle sien 'n live movie ...

HK

"Annette"
> 'n Ligte vliegtuig het in Pretoria neergestort - die drie insittendes het
> omgekom - niemand op die grond is beseer nie.
Re: Nuus [boodskap #60906 is 'n antwoord op boodskap #60736] Di, 23 April 2002 18:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 21 Apr 2002 09:32:11 +0800, "Hantamkind"
wrote:

> Ons was jare gelede op 'n lugskou by Lanseria toe een van die Lugmag se
> silwer valke voor ons neergestort het. Dis die tipe materiaal waarvan
> nagmerries gemaak word. Die kinders het natuurlik gedink dit was great -
> hulle sien 'n live movie ...
>
> HK

Hantamkind, jy vertel iets interessant hier. Interessant omdat 'n
vliegtuig (ook jare gelede op Lanseria) 'n enkele honderd treë van my
af die die grond getref het. Dit was nie 'n silwer valk nie maar 'n
Trislander.
Ons het die oggend daar geland met Lanseria as die laaste landing na
die "State President's Race'. Die Islander maatskappy het toe so pas
die drie motorige Islander ontwikkel en dit op die skou kom ten toon
stel. Aan boord was die vlieënier en navigator. Die (toets)vlieënier
het 'n 'loop' gedoen op 'n hoogte wat hy in England gedemonstreer het
maar op geen manier ses duisend voet bo seëspieël kon bemeester nie.
(Dit word net nie gedoen nie maar hy het nie Suid Afrika geken nie.)

Dink bietjie terug of dit nie die insident is waarvan jy praat nie. Hy
het die grond getref met sy neus (wonder bo wonder!) hoog genoeg gelig
om met die pens van die vliegtuig op die aanloopbaan neer te pletter,
waarna hy uiters professioneel teen 'n geweldige hoek gestyg het, met
die linker enjin wat op drie honderd voet hoogte afgebreek en grond
toe geruimel het, landingsplek gesoek het, gesien het dat die stad
voor hom lê, en teen 'n verskriklike spoed 'n noodlanding gedoen het.
'n Noodlanding teen so 'n afwaartse hoek dat dit werklik na nog 'n
neerstorting gelyk het. Radio Hoëveld se helikopter het hulle gaan
haal en die vlieënier het slegs harsingskudding opgedoen terwyl die
navigator sy rug beseer het.

Toe ek nou hiervan vertel het ek vir 'n oomblik gewonder of dit nie op
Wonderboom gebeur het nie, maar ek onthou reg as ek sê dat dit 'n
Lanseria insident was.

Kort voor dit en kort na dit het ek twee "Grummans" (Grumman American)
- die een 'n Yankee AA1 en die tweede was 'n Traveler AA5 in
dieselfde omgewing afgeskryf. Ek het vir 'n groep lugfotografie gedoen
deur plaashuise in die berge af te neem (met 'n fotograaf saam met my
natuurlik) en volgens die besturende direkteur van die groep, was dit
die gevaarlikste werk in die wêreld. As jy weet wat 'upstreams' en
veral natuurlik 'downstreams' tussen kranse aan 'n vliegtuig doen, sal
jy verstaan waarom 'Andy Capp' (sy van is werklik Capp) dit gesê het.
Erens het ek nog foto's daarvan. Ek dink dit is in 'n album in my
kantoor. Ek sal dit scan en vir julle wys (die twee Grummans).
In 1980 is vervaardiging daarvan gestaak. Eie ervaring sê dat die
vliegtuie 'n onpraktiese kort 'wingspan' gehad het. Steeds was dit
vreeslik sportiewe mooi "low wingers' met geen deure maar 'n 'sliding
canopy' waar ingeklim word.

Dave
Re: Nuus [boodskap #61005 is 'n antwoord op boodskap #60906] Do, 25 April 2002 06:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dave nee, dit was defenitief 'n ander insident. Die Silwer Valke is die naam
van die aorbatiese vliegklub van die Suid Afikaanse Lugmag gestationeer te
Hoedspruit. Die vloot het uit vyf Impalas (Aermacchi MB-326) bestaan. Die
leier van die groep wat die vertoning gelewer het op Lanseria het ook 'n
loop uitgevoer, en met die afkomslag het die linker vlerk afgebreek en die
vliegtuig het langs 'n woonhuis neergestort soos 'n sak mielies. Die loods
(ek het sy naam vergeet - 'n briljante 29 jarige majoor) het sy stoel
uitgeskiet sekondes voor impak maar die afwaartse momentum het hom teen die
grond verpletter want sy valskerm het nie voldoende tyd gehad om te ontplooi
nie. Die ander drie Impalas het onmiddelik teruggekeer na Hoedspruit waar
hulle summier uit diens onttrek is.

Die Silwer Valke het in 1999 ontbind want die nuwe SANDF het dit as a lae
prioriteit gelys as gevolg van begrotings probleme - nie as gevolg van die
ongeluk nie. ( Te veel hande wat uit die dam geskep het (ex freedom fighters
wat veels te jonk was om ooit in enige oorlog te kon veg ens. en die
voedende stroompie te klein.)

Kolonel Dave Knoesen het daarin geslaag om die steen voor die graf weg te
rol en met 'n splinternuwe vloot van vier Pilatus PC-7 mkII Astras vlieg die
Valke weer trots soos voorheen. Die Pilatus het gewen teen die British
Aerospace Hawk 100's om die Impala vloot te vervang. Dave het laasjaar
afgetree en ek hoop van harte die ou wat die leisels oorgeneem het is van
dieselfde stofasie as Dave gemaak.

Daai upstreams en downstreams veroorsaak dan natuurlik die dodelike "rotors"
teen berghange. Reuse horisontale spiraal winde met intense energie wat 'n
vliegtuig uitmekaar kan breek. Dit kan so erg wees dat dit 'n helikopter se
stert opdwing - eintlik opbuig - en die loods se spontane reaksie sal wees
om 'n "nose up" aksie uit te voer wat die rotorblaaie na agter skuif wat
veroorsaak dat die rotorblaaie kontak maak met die stert - met dodelike
gevolge.

Ek sal graag die fotos van die Grummans wil sien. Ek weet nie of die ng
genee sal wees as mens begin om fotos aan 'n posstuk te heg nie (sover ek
weet was (daai poepol) Norbert die eerte om dit te doen) maar jy kan dit
gerus na my email adres stuur.

Hartlike groete,
Hantamkind.

"Dave" >> Hantamkind, jy vertel iets interessant hier. Interessant omdat 'n
> vliegtuig (ook jare gelede op Lanseria) 'n enkele honderd treë van my
> af die die grond getref het. Dit was nie 'n silwer valk nie maar 'n
> Trislander.
> As jy weet wat 'upstreams' en
> veral natuurlik 'downstreams' tussen kranse aan 'n vliegtuig doen, sal
> jy verstaan waarom 'Andy Capp' (sy van is werklik Capp) dit gesê het.
> Erens het ek nog foto's daarvan. Ek dink dit is in 'n album in my
> kantoor. Ek sal dit scan en vir julle wys (die twee Grummans).
> In 1980 is vervaardiging daarvan gestaak. Eie ervaring sê dat die
> vliegtuie 'n onpraktiese kort 'wingspan' gehad het. Steeds was dit
> vreeslik sportiewe mooi "low wingers' met geen deure maar 'n 'sliding
> canopy' waar ingeklim word.
>
> Dave
Re: Nuus [boodskap #61008 is 'n antwoord op boodskap #61005] Do, 25 April 2002 07:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie interessant Hantam - volgende keer as ek in 'n helikopter klim gaan ek
mooi kyk dat ons ver van die berge rondvlieg.

Wat is nou weer die naam van die springbokrugbyspeler ( vleuel - Renier?)
wat hom toentertyd ter doods in Tafelberg vasgevlieg het tydens 'n
Republiekfees?

Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:sPMx8.48564$uR5.112189@newsfeeds.bigpond.com...
> Dave nee, dit was defenitief 'n ander insident. Die Silwer Valke is die naam
> van die aorbatiese vliegklub van die Suid Afikaanse Lugmag gestationeer te
> Hoedspruit. Die vloot het uit vyf Impalas (Aermacchi MB-326) bestaan. Die
> leier van die groep wat die vertoning gelewer het op Lanseria het ook 'n
> loop uitgevoer, en met die afkomslag het die linker vlerk afgebreek en die
> vliegtuig het langs 'n woonhuis neergestort soos 'n sak mielies. Die loods
> (ek het sy naam vergeet - 'n briljante 29 jarige majoor) het sy stoel
> uitgeskiet sekondes voor impak maar die afwaartse momentum het hom teen die
> grond verpletter want sy valskerm het nie voldoende tyd gehad om te ontplooi
> nie. Die ander drie Impalas het onmiddelik teruggekeer na Hoedspruit waar
> hulle summier uit diens onttrek is.
>
> Die Silwer Valke het in 1999 ontbind want die nuwe SANDF het dit as a lae
> prioriteit gelys as gevolg van begrotings probleme - nie as gevolg van die
> ongeluk nie. ( Te veel hande wat uit die dam geskep het (ex freedom fighters
> wat veels te jonk was om ooit in enige oorlog te kon veg ens. en die
> voedende stroompie te klein.)
>
> Kolonel Dave Knoesen het daarin geslaag om die steen voor die graf weg te
> rol en met 'n splinternuwe vloot van vier Pilatus PC-7 mkII Astras vlieg die
> Valke weer trots soos voorheen. Die Pilatus het gewen teen die British
> Aerospace Hawk 100's om die Impala vloot te vervang. Dave het laasjaar
> afgetree en ek hoop van harte die ou wat die leisels oorgeneem het is van
> dieselfde stofasie as Dave gemaak.
>
> Daai upstreams en downstreams veroorsaak dan natuurlik die dodelike "rotors"
> teen berghange. Reuse horisontale spiraal winde met intense energie wat 'n
> vliegtuig uitmekaar kan breek. Dit kan so erg wees dat dit 'n helikopter se
> stert opdwing - eintlik opbuig - en die loods se spontane reaksie sal wees
> om 'n "nose up" aksie uit te voer wat die rotorblaaie na agter skuif wat
> veroorsaak dat die rotorblaaie kontak maak met die stert - met dodelike
> gevolge.
>
> Ek sal graag die fotos van die Grummans wil sien. Ek weet nie of die ng
> genee sal wees as mens begin om fotos aan 'n posstuk te heg nie (sover ek
> weet was (daai poepol) Norbert die eerte om dit te doen) maar jy kan dit
> gerus na my email adres stuur.
>
> Hartlike groete,
> Hantamkind.
>
> "Dave" >> Hantamkind, jy vertel iets interessant hier. Interessant omdat
'n
>> vliegtuig (ook jare gelede op Lanseria) 'n enkele honderd treë van my
>> af die die grond getref het. Dit was nie 'n silwer valk nie maar 'n
>> Trislander.
>>
> As jy weet wat 'upstreams' en
>> veral natuurlik 'downstreams' tussen kranse aan 'n vliegtuig doen, sal
>> jy verstaan waarom 'Andy Capp' (sy van is werklik Capp) dit gesê het.
>> Erens het ek nog foto's daarvan. Ek dink dit is in 'n album in my
>> kantoor. Ek sal dit scan en vir julle wys (die twee Grummans).
>> In 1980 is vervaardiging daarvan gestaak. Eie ervaring sê dat die
>> vliegtuie 'n onpraktiese kort 'wingspan' gehad het. Steeds was dit
>> vreeslik sportiewe mooi "low wingers' met geen deure maar 'n 'sliding
>> canopy' waar ingeklim word.
>>
>> Dave
>
Re: Nuus [boodskap #61054 is 'n antwoord op boodskap #61008] Do, 25 April 2002 19:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
> Wat is nou weer die naam van die springbokrugbyspeler ( vleuel - Renier?)
> wat hom toentertyd ter doods in Tafelberg vasgevlieg het tydens 'n
> Republiekfees?
~~~~~~~~~~
ek onthou dit goed ek was opgeroep om polisieman te speel by
Wingfield (vlootpolisie) daar het mos 'n paar vliegtuie in die
berg vasgevlieg. kan nie eers onthou wat se soort dit was nie.
(1971 republiek feesvieringe) vandag (25-4-2002) gehoor een of
ander 2 de W.O. 'fighter' het in Wonderboom geval. (Spitfire?)
~~~~~~~~~~~~~~~
Re: Nuus [boodskap #61102 is 'n antwoord op boodskap #61005] Vr, 26 April 2002 18:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 25 Apr 2002 14:02:56 +0800, "Hantamkind"
wrote:

> Dave nee, dit was defenitief 'n ander insident. Die Silwer Valke is die naam
> van die aorbatiese vliegklub van die Suid Afikaanse Lugmag gestationeer te
> Hoedspruit. Die vloot het uit vyf Impalas (Aermacchi MB-326) bestaan. Die
> leier van die groep wat die vertoning gelewer het op Lanseria het ook 'n
> loop uitgevoer, en met die afkomslag het die linker vlerk afgebreek en die
> vliegtuig het langs 'n woonhuis neergestort soos 'n sak mielies. Die loods
> (ek het sy naam vergeet - 'n briljante 29 jarige majoor) het sy stoel
> uitgeskiet sekondes voor impak maar die afwaartse momentum het hom teen die
> grond verpletter want sy valskerm het nie voldoende tyd gehad om te ontplooi
> nie. Die ander drie Impalas het onmiddelik teruggekeer na Hoedspruit waar
> hulle summier uit diens onttrek is.
>

Hantamkind, jou beskrywing getuig van kennis van die onderwerp. Dit is
nie slegs dié van 'n terloopse bystander nie. Die feit dat 'n vlerk
afgebreek het sê natuurlik (soos jy weet) dat die oorsaak dieselfde
oorsprong gehad het as die waarvan ek vertel het. 'n Loop waar hy
vanuit 'n onderstebo posisie moes moes terugkeer na 'n regop posisie
so naby die grond dat hy soveel G force op die vliegtuig gelaai het
dat dit gebreek het. Dit word ook ondersteun deur die feit dat sy
valskerm nie genoeg tyd gehad het om te ontplooi nie. Dìt laat dit na
selfs minder as vyf honderd voet klink.
Eintlik is dit verbasend dat hy steeds (na soveel G's) genoeg
teenwoordigheid van gees behou het om uit te skiet. By 3 G's word die
bloed uit die brein gedruk teen so 'n tempo dat bewusteloosheid kan
ontstaan. Veel meer G force kan deur geen mens verdra word nie. Maar,
hy kon natuurlik 'n pak aangehad het wat dit geneutraliseur (of ten
minste geweldig verminder) het.

Ek wil vir jou foto's van die Grummans wys maar sal dit moet scan uit
my album en my Hi Fi is op die oomblik op die rekenaar gekoppel omdat
ek LP's oor sit op CD's. Sal dit seker môre doen. Tog wil ek kyk of ek
nie sonder die scanner dit kan doen deur die fie fotos digitaal af te
neem. Dit behoort te werk.

DD
Re: Nuus [boodskap #61122 is 'n antwoord op boodskap #61102] Sa, 27 April 2002 04:15 Na vorige boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dave,

Vlieg, vliegtuie - die vliegkuns lê my na aan die hart. Ek is geen kenner
nie maar het 'n passie vir die goed. Ek is een van daai boring ouens wat na
twee vliegtuie kan wys en se die een aan die linkerkant is 'n Fokker F27 en
die een regs is 'n Fokker 50. Alhoewel die twee vliegtuie feitlik identies
lyk, het die een regs het 'n dubbel neuswiel, ses propellor blaaie, 21
vierkantige ventertjies aan elke kant en foklets aan die punte van elke
vlerk. Die F27 het net 'n enkel neuswiel, vier propellor blaaie, elf ovaal
vormige kajuit vensters en natuurlik geen foklets nie. Die tegnologie aan
die binnekant is onvergelykbaar met mekaar maar ek sal niemand nou daarmee
verveel nie.

Die "G's" is baie gevaarlik inderdaad. Veral negative g's. Mens weet nie
wanneer jy die grens oorgesteek het nie en die grond is jou volgende
kontakpunt - binne 'n oogwink. Of dit suiwer net G's was wat die Impala se
vlerk afgeskeur het, of 'n struktuurfout is nooit bepaal nie. Waarskynlik 'n
kombinasie daarvan. Uiteraard het die vliegtuig in vlamme opgegaan na impak
en die ondersoekspan kan slegs 'n "educated guess" maak. In 98 % van
vliegramp ondersoeke is die uitkoms 'n educated guess.

Stuur die fotos wanneer jy gereed is, ek wag geduldig.

Groetnis,
Hantamkind.

"Dave" skryf in boodskap news:mp5jcusn9rjl00nl91cc21lju6ur9ka86p@4ax.com...
> On Thu, 25 Apr 2002 14:02:56 +0800, "Hantamkind"
> wrote:
>
>> Dave nee, dit was defenitief 'n ander insident. Die Silwer Valke is die naam
>> van die aorbatiese vliegklub van die Suid Afikaanse Lugmag gestationeer te
>> Hoedspruit. Die vloot het uit vyf Impalas (Aermacchi MB-326) bestaan. Die
>> leier van die groep wat die vertoning gelewer het op Lanseria het ook 'n
>> loop uitgevoer, en met die afkomslag het die linker vlerk afgebreek en die
>> vliegtuig het langs 'n woonhuis neergestort soos 'n sak mielies. Die loods
>> (ek het sy naam vergeet - 'n briljante 29 jarige majoor) het sy stoel
>> uitgeskiet sekondes voor impak maar die afwaartse momentum het hom teen die
>> grond verpletter want sy valskerm het nie voldoende tyd gehad om te ontplooi
>> nie. Die ander drie Impalas het onmiddelik teruggekeer na Hoedspruit waar
>> hulle summier uit diens onttrek is.
>>
>
> Hantamkind, jou beskrywing getuig van kennis van die onderwerp. Dit is
> nie slegs dié van 'n terloopse bystander nie. Die feit dat 'n vlerk
> afgebreek het sê natuurlik (soos jy weet) dat die oorsaak dieselfde
> oorsprong gehad het as die waarvan ek vertel het. 'n Loop waar hy
> vanuit 'n onderstebo posisie moes moes terugkeer na 'n regop posisie
> so naby die grond dat hy soveel G force op die vliegtuig gelaai het
> dat dit gebreek het. Dit word ook ondersteun deur die feit dat sy
> valskerm nie genoeg tyd gehad het om te ontplooi nie. Dít laat dit na
> selfs minder as vyf honderd voet klink.
> Eintlik is dit verbasend dat hy steeds (na soveel G's) genoeg
> teenwoordigheid van gees behou het om uit te skiet. By 3 G's word die
> bloed uit die brein gedruk teen so 'n tempo dat bewusteloosheid kan
> ontstaan. Veel meer G force kan deur geen mens verdra word nie. Maar,
> hy kon natuurlik 'n pak aangehad het wat dit geneutraliseur (of ten
> minste geweldig verminder) het.
>
> Ek wil vir jou foto's van die Grummans wys maar sal dit moet scan uit
> my album en my Hi Fi is op die oomblik op die rekenaar gekoppel omdat
> ek LP's oor sit op CD's. Sal dit seker môre doen. Tog wil ek kyk of ek
> nie sonder die scanner dit kan doen deur die fie fotos digitaal af te
> neem. Dit behoort te werk.
>
>
> DD
Vorige onderwerp: Hilda of Norbert
Volgende onderwerp: Volkspele
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 03:13:31 MGT 2024