Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » sies, antie!
sies, antie! [boodskap #58999] Wo, 20 Maart 2002 19:15 na volgende boodskap
hennerietjie  is tans af-lyn  hennerietjie
Boodskappe: 46
Geregistreer: Oktober 2000
Karma: 0
Volle Lid
hellou my antie,

my pa sê as ek nie nou daadlik vir antie skryf nie skryf hy self en
vermoer my. nou skryf ek ma' antie. as volg.

sies antie ek het nie geweet jille kandese is sulke raasiste nie. nog
voorlat 'n mens kon sê frie en vêr toe sanksie jille vir oom robber
makaber. dis nie vêr lat die fist nysjins van afrika nie self kan wys
hoe frie en vêr hille is nie antie. al issit met die vuis en dêgger
soos wat oom moggin staanenraai sê.

ma' ek sê vir my pa lat da' een regverdige in kanadaar moet wees soos
in sodom en dit moet my antie wees. so antie moet samblief vir my lat
weet lat die ytverkiesing in simbabwie lêjittemit was soos wat oom sêm
motsênee-ja gesê het lat ek my pa kan virtel van regverdigheid. dis
nou toe die ooms vannie koerante in simbabwie vir oom mot ytgelag het
antie. oom peewee het hoeka gesê die ooms vannie koerante is
linsrieme.

oom hansie vannie pênnelbieters sê wat hom warrie is lat oom taboe die
swyger niks sê om die arme rand se armpies hoog te hou soos oorle
moses sin nie. my pa sê hy warrie baie meer lat oom swyger iets gaan
sê wat die rand se kort armpies helemal sal afbreek. soos wat sy party
innie parlemint gemaak het en die parlemintêre kommietee van oom mot.

ma' die wit honne van roudiesië is nie te vertrou nie antie. het antie
gesien hoe lê daai een oppie kombers waarmee hille sy vermoerde baas
toegegooi het. antie sal bly wees om te hoor lat daar nou nie meer
twak geplant gaan word in simbabwie nie. oom hansie vannie
pênnelbieters sê wa die twak moet staan groei da nou dagga. meer geld
sê hy. ma ek hoor die boere trek nou mossambiek toe antie. ek hoop net
dit reent nie weer so baie lat ons helliekopters hille yt die bome
moet gaan ythaal nie.

ek willie sport praat nie antie ma' toe oom persie sonnersonde in
simbabwie gaan kyk hoe frie en vêr dit is toe wen die krieketspan.
oorlat oom persie toe nie die span kon kies nie antie. toe kies oom
oemkontoe belfôr hom. antie kan ma' vir oom leendit en oom louwater sê
die oom vannie koerant was allie tyd reg. as oom oemkonto die span
kies lat hy soos syd-afrika lyk wen ons.

sê virrie oom breytenkie is nog steeds oppie krikkelys ma' hy moenie
warrie nie want ons het 'n niewe held antie. johannes conradie. 'n
mooi boerseun op wie selfs oorle oom jaap marais trots sou wees.

koebaai antie

hennerietjie (is jammer oor jille sanksies anders kon antie saam met
ons na die roudiesien roens gaan kyk het)
Re: sies, antie! [boodskap #59014 is 'n antwoord op boodskap #58999] Do, 21 Maart 2002 04:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

> sies antie ek het nie geweet jille kandese is sulke raasiste nie. nog
> voorlat 'n mens kon sê frie en vêr toe sanksie jille vir oom robber
> makaber. dis nie vêr lat die fist nysjins van afrika nie self kan wys
> hoe frie en vêr hille is nie antie.

Ja, Hennerietjie, ek stem saam met jou. En
toe Chretien dit aankondig in die Parlement
toe kry hy nogal 'n staande ovasie.
Sien, ek dink Kanadese het verslaaf geraak
aan mense uit die Statebond uitskop. Dit was
mos Diefenbaker wat die voortou geneem het om
SA in 1961 uit die Statebond te verwyder, en
dit was Mulroney wat so aangedring het op
sanksies teen SA later.
Dis jammer dat hulle nie sommer iets kon
gedoen het toe ons bure na die suide ook nie
'n "frie en vêr" eleksie gehad het nie. Waar
was hulle toe?

Tannie Gloudina
Re: sies, antie! [boodskap #59018 is 'n antwoord op boodskap #58999] Do, 21 Maart 2002 04:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

hennerietjie wrote:

antie sal bly wees om te hoor lat daar nou nie meer
> twak geplant gaan word in simbabwie nie. oom hansie vannie
> pênnelbieters sê wa die twak moet staan groei da nou dagga.

Dis darem nou 'n goeie ding. Dit lyk vir my
oom hansie van die panelbeaters het 'n kop
op sy lyf. Tannie val altyd vir dié ouens wat
met pype en panele en spykers werk. Dis vreeslik
sexy.

Tannie Gloudina wat ook dink dat oom Morgan
Tsvangirai sexy is.
Re: sies, antie! [boodskap #59020 is 'n antwoord op boodskap #59018] Do, 21 Maart 2002 04:48 Na vorige boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - hier kom die swartserpens weer na vore ...
skryf in boodskap news:3C9964C0.2020409@rogers.com...
>
> hennerietjie wrote:
>
>
> antie sal bly wees om te hoor lat daar nou nie meer
>> twak geplant gaan word in simbabwie nie. oom hansie vannie
>> pênnelbieters sê wa die twak moet staan groei da nou dagga.
>
>
> Dis darem nou 'n goeie ding. Dit lyk vir my
> oom hansie van die panelbeaters het 'n kop
> op sy lyf. Tannie val altyd vir dié ouens wat
> met pype en panele en spykers werk. Dis vreeslik
> sexy.
>
> Tannie Gloudina wat ook dink dat oom Morgan
> Tsvangirai sexy is.
>
Vorige onderwerp: Moeg!
Volgende onderwerp: Ingils Hier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 07 12:41:19 MGT 2024