Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Moeg!
Moeg! [boodskap #58756] Vr, 15 Maart 2002 20:37 na volgende boodskap
Tjaart  Riekert  is tans af-lyn  Tjaart Riekert
Boodskappe: 38
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek lees nou al vir 'n geruime tyd almal se bydraes op hierdie ng en ek hou
van almal se bydraes en veral wanneer Annette haar 'Nuusies" plaas - ek kan
nooit wag vir die weeklikse update nie!
Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
Ek sal maar die dagblaaie lees en hoop dat ek 'n redelike objektiewe beeld
van die nuus in my land sal kan ontvang.
En glo my as ek sê dat ek wel die ng gaan mis, maar ek vind dit uiters
onregverdig om konstant uitgeskel te word as 'n swak wit Suid-Afrikaner.
Ek sal probeer om kortliks die redes uiteen te sit waarom ons onsself in
Ierland bevind:

Die grootste rede is, ons het twee kinders (6 en 4 jaar) vir wie die lewe
nog voorlê en SA kan nie in hul onderrig voorsien op hierdie stadium en
hulle voorberei vir volwassenheid nie.

Verder is my man 'n hoogs opgeleide, professionele persoon wat 'n
invloedryke pos beklee, 'n werk wat hom meer van my af wegneem en my dwing
om 'n alleenouer in die week te wees sonder die bystand en ondersteuning van
my wonderlike ouers, maar ek kla nie, want dit was immers ons keuse en ons
het heeltemal oop oë die geleentheid aangeneem.

Ek is Ierland baie dankbaar vir dit sy aan ons verskaf, ten minste leef ons
in veiligheid en kan ek slaap in die nagte wanneer my man nie by my isnie,
sonder twee handwapens onder my kopkussing.
Ek is en sal altyd dankbaar wees vir SA, dit is nog steeds my land en as ek
miskien 'n ouer persoon was sonder die belangrike taak van twee jong telgies
grootmaak, sou ek beslis gebly het, maar ek kan nie wag vir 'dinge' om te
verbeter nie, want my kinders gaan nie wag om groot te word nie en
uiteindelik wil ons as ouers opreg kan sê dat ons alles in ons vermoë gedoen
het om hulle vir die lewe toe te rus.

Verder glo ek dat daar 'n Plan is met ons hier, of dit nou is om 'n bydrae
tot Ierland maak of miskien op 'n ander wyse tot SA by te dra, wie weet?
Daar is 'n Rede!

Ek mis my land, ek mis my vriende, ek mis my familie en veral my ouers en ek
is ongelooflik spyt dat my kinders nie die voorreg het om hul oumas en oupas
te ervaar in hierdie hul belangrike vormingsjare nie.

Nou het ek my sê gesê, beslis toe nie kortliks nie! :-)
Hiermee sluit ek dus die hoofstuk af.

Groete
Patricia
Re: Moeg! [boodskap #58759 is 'n antwoord op boodskap #58756] Vr, 15 Maart 2002 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Fri, 15 Mar 2002 20:37:31 -0000, "Patricia"
wrote:

Gloudina, wil jy nie saam met Emmy vir haar blanke SA skoonseun gaan
kuier en dan sommer daar bly nie. Jy is net 'n tannie wat verveeld in
'n woonstel sit en nie net ons almal pes nie, maar ons ook vriende
kos. Of kry jou ry na Afghanistan of êrens.

Davie Davis

>
> Groete
> Patricia
>
Re: Moeg! [boodskap #58761 is 'n antwoord op boodskap #58759] Vr, 15 Maart 2002 21:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

Jy is net 'n tannie wat verveeld in
> 'n woonstel sit en nie net ons almal pes nie, maar ons ook vriende
> kos. Of kry jou ry na Afghanistan of êrens.

As jy na die statistiek kyk, pos jy meer
items op hierdie nuusgroep as ek. Is jy
'n verveelde omie? Ek is afgetree. Jy het
'n day job. Hoe kry jy kans om soveel op
die nuusgroep te pos?
Ek neem aan dat wat die nekslag vir onse
vriendin in Dublin gewees het, nie die uwe
doring was nie, maar jou geskryf oor hoe goed
dit gaan in SA en hoe die ander dele van die
wêreld ook nou nie alles maneskyn en rose is nie.
Sien, dis die huidige emigrant se grootse kruk:
dat hulle vir hulleself en ander moet oortuig
dat hulle SA MOES verlaat. As daardie raison
d'etre wegval, sit hulle met 'n skottel gebakte
pere.

Gloudina
Re: Moeg! [boodskap #58765 is 'n antwoord op boodskap #58756] Sa, 16 Maart 2002 03:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Patricia. Net dit - jou omstandighede verskil nie veel met die ander ouens
op hierdie ng nie - somige van ons se kinders wil nie die land en sy
probleme verlaat nie. (Ek wil ook nie.)

Die gebrek aan die ondersteuning van familie (ouma & oupa) wat jou kinders
ervaar is m.i. die grootste langtermyn probleem wat jy/julle gaan ervaar.

"Patricia" skryf in boodskap news:9Wsk8.436$e5.2238@news.indigo.ie...
> Ek lees nou al vir 'n geruime tyd almal se bydraes op hierdie ng en ek hou
> van almal se bydraes en veral wanneer Annette haar 'Nuusies" plaas - ek kan
> nooit wag vir die weeklikse update nie!
> Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
> En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
> nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
> Ek sal maar die dagblaaie lees en hoop dat ek 'n redelike objektiewe beeld
> van die nuus in my land sal kan ontvang.
> En glo my as ek sê dat ek wel die ng gaan mis, maar ek vind dit uiters
> onregverdig om konstant uitgeskel te word as 'n swak wit Suid-Afrikaner.
> Ek sal probeer om kortliks die redes uiteen te sit waarom ons onsself in
> Ierland bevind:
>
> Die grootste rede is, ons het twee kinders (6 en 4 jaar) vir wie die lewe
> nog voorlê en SA kan nie in hul onderrig voorsien op hierdie stadium en
> hulle voorberei vir volwassenheid nie.
>
> Verder is my man 'n hoogs opgeleide, professionele persoon wat 'n
> invloedryke pos beklee, 'n werk wat hom meer van my af wegneem en my dwing
> om 'n alleenouer in die week te wees sonder die bystand en ondersteuning van
> my wonderlike ouers, maar ek kla nie, want dit was immers ons keuse en ons
> het heeltemal oop oë die geleentheid aangeneem.
>
> Ek is Ierland baie dankbaar vir dit sy aan ons verskaf, ten minste leef ons
> in veiligheid en kan ek slaap in die nagte wanneer my man nie by my isnie,
> sonder twee handwapens onder my kopkussing.
> Ek is en sal altyd dankbaar wees vir SA, dit is nog steeds my land en as ek
> miskien 'n ouer persoon was sonder die belangrike taak van twee jong telgies
> grootmaak, sou ek beslis gebly het, maar ek kan nie wag vir 'dinge' om te
> verbeter nie, want my kinders gaan nie wag om groot te word nie en
> uiteindelik wil ons as ouers opreg kan sê dat ons alles in ons vermoë gedoen
> het om hulle vir die lewe toe te rus.
>
> Verder glo ek dat daar 'n Plan is met ons hier, of dit nou is om 'n bydrae
> tot Ierland maak of miskien op 'n ander wyse tot SA by te dra, wie weet?
> Daar is 'n Rede!
>
> Ek mis my land, ek mis my vriende, ek mis my familie en veral my ouers en ek
> is ongelooflik spyt dat my kinders nie die voorreg het om hul oumas en oupas
> te ervaar in hierdie hul belangrike vormingsjare nie.
>
> Nou het ek my sê gesê, beslis toe nie kortliks nie! :-)
> Hiermee sluit ek dus die hoofstuk af.
>
> Groete
> Patricia
>
Re: Moeg! [boodskap #58768 is 'n antwoord op boodskap #58756] Sa, 16 Maart 2002 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hallo Patricia

Ek het nog nooit iemand veroordeel of selfs kwalik geneem omdat hy of sy
emigreer nie. Ek glo dis 'n persoonlike besluit wat geen buitepersoon kan
beoordeel nie. Verder is emigrasie en immigrasie 'n goeie tellingbord van
hoe die boonste laag van die samelewing die regering van die dag beoordeel.
(Mense in die laer en middelinkomstegroepe het normaalweg nie die
inklinasie, addisionele waagmoed en die middelle om te emigreer nie.)
Emigrasie speel dus 'n baie belangrike rol om 'n regering terugvoer te gee
en op sy tone te hou.

Snotty opmerkings teenoor ekspats sal daar altyd wees. Die oorsprong
daarvan vind 'n mens in jaloesie en selfregverdiging. Jaloesie omdat die
tuisblyer nie die vermoë of die guts het om te emigreer nie.
Selfregverdiging om homself te oortuig dat sy keuse (om te bly)
die beter of meer morele opsie is.

Buitelandse ondervinding is 'n groot bate en ek glo ons moet ons dinge in SA
so reël dat baie van die duisende suksesvolle ekspats self wil terugkom.
Daardie talente sal ons ekonomie 'n stewige hupstoot gee.

As jy 'n meer gemoedelike forum soek om met Suid Afrikaners te
gesels, skryf vir my na plaa...@metroweb.co.za

Wouter

"Patricia" skryf in boodskap news:9Wsk8.436$e5.2238@news.indigo.ie...
Ek lees nou al vir 'n geruime tyd almal se bydraes op hierdie ng en ek hou
van almal se bydraes en veral wanneer Annette haar 'Nuusies" plaas - ek kan
nooit wag vir die weeklikse update nie!
Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
Ek sal maar die dagblaaie lees en hoop dat ek 'n redelike objektiewe beeld
van die nuus in my land sal kan ontvang.
En glo my as ek sê dat ek wel die ng gaan mis, maar ek vind dit uiters
onregverdig om konstant uitgeskel te word as 'n swak wit Suid-Afrikaner.
Ek sal probeer om kortliks die redes uiteen te sit waarom ons onsself in
Ierland bevind:

Die grootste rede is, ons het twee kinders (6 en 4 jaar) vir wie die lewe
nog voorlê en SA kan nie in hul onderrig voorsien op hierdie stadium en
hulle voorberei vir volwassenheid nie.

Verder is my man 'n hoogs opgeleide, professionele persoon wat 'n
invloedryke pos beklee, 'n werk wat hom meer van my af wegneem en my dwing
om 'n alleenouer in die week te wees sonder die bystand en ondersteuning van
my wonderlike ouers, maar ek kla nie, want dit was immers ons keuse en ons
het heeltemal oop oë die geleentheid aangeneem.

Ek is Ierland baie dankbaar vir dit sy aan ons verskaf, ten minste leef ons
in veiligheid en kan ek slaap in die nagte wanneer my man nie by my isnie,
sonder twee handwapens onder my kopkussing.
Ek is en sal altyd dankbaar wees vir SA, dit is nog steeds my land en as ek
miskien 'n ouer persoon was sonder die belangrike taak van twee jong telgies
grootmaak, sou ek beslis gebly het, maar ek kan nie wag vir 'dinge' om te
verbeter nie, want my kinders gaan nie wag om groot te word nie en
uiteindelik wil ons as ouers opreg kan sê dat ons alles in ons vermoë gedoen
het om hulle vir die lewe toe te rus.

Verder glo ek dat daar 'n Plan is met ons hier, of dit nou is om 'n bydrae
tot Ierland maak of miskien op 'n ander wyse tot SA by te dra, wie weet?
Daar is 'n Rede!

Ek mis my land, ek mis my vriende, ek mis my familie en veral my ouers en ek
is ongelooflik spyt dat my kinders nie die voorreg het om hul oumas en oupas
te ervaar in hierdie hul belangrike vormingsjare nie.

Nou het ek my sê gesê, beslis toe nie kortliks nie! :-)
Hiermee sluit ek dus die hoofstuk af.

Groete
Patricia
Re: Moeg! [boodskap #58772 is 'n antwoord op boodskap #58756] Sa, 16 Maart 2002 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bobby's girl  is tans af-lyn  bobby's girl
Boodskappe: 139
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
"Patricia" skryf in boodskap news:9Wsk8.436$e5.2238@news.indigo.ie...

> Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
> En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
> nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.

Nou wonner ek net van wie jy hier praat - tog nie ons nimlike Antie in
Kanada nie? Ons kan nie sonder haar klaarkom nie! Sy verskaf al die
verskeidenheid en vermaak op die nuusgroep! Ek lees juis elke dag die groep
net om lekker te glimlag vir al haar manewales voor ek in die oggend skool
toe gaan - sy maak my dag! Praat van Liewe Heksie... En ek wil my
doodgiggel vir almal se ontstoke reaksies.

Jou probleem is, Patricia, dat jy haar heeltemal te ernstig opneem. Sy kan
jou net ontstel as sy te na aan die waarheid kom... En nou laat jy haar toe
om jou hier weg te skrik? Waar's jou "staying power", Mens?
Re: Moeg! [boodskap #58784 is 'n antwoord op boodskap #58772] Sa, 16 Maart 2002 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vermaak definitief.
Verskeidenheid selde.
Annette

me & bobby magee skryf in boodskap news:dgCk8.12741$uR5.25816@newsfeeds.bigpond.com...
>
> "Patricia" wrote in message
> news:9Wsk8.436$e5.2238@news.indigo.ie...
>
>> Maar ek is nou moeg vir die Lastige Liddoring se siniese op- en aanmerkings.
>> En om dus enige verdere warm boordjies te vermy het ek die besluit geneem om
>> nie langer deel te hê aan hierdie ng nie.
>
> Nou wonner ek net van wie jy hier praat - tog nie ons nimlike Antie in
> Kanada nie? Ons kan nie sonder haar klaarkom nie! Sy verskaf al die
> verskeidenheid en vermaak op die nuusgroep! Ek lees juis elke dag die groep
> net om lekker te glimlag vir al haar manewales voor ek in die oggend skool
> toe gaan - sy maak my dag! Praat van Liewe Heksie... En ek wil my
> doodgiggel vir almal se ontstoke reaksies.
>
> Jou probleem is, Patricia, dat jy haar heeltemal te ernstig opneem. Sy kan
> jou net ontstel as sy te na aan die waarheid kom... En nou laat jy haar toe
> om jou hier weg te skrik? Waar's jou "staying power", Mens?
>
Re: Moeg! [boodskap #58790 is 'n antwoord op boodskap #58772] Sa, 16 Maart 2002 21:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

me & bobby magee wrote:

ons nimlike Antie in
> Kanada

Sy verskaf al die
> verskeidenheid en vermaak op die nuusgroep

al haar manewales

Ek hoop dit sluit ook die lees in van
die vervolgverhaal oor die blom van die
baaierd.

Tant Hessie van Brakfontein en Baäl
Re: Moeg! [boodskap #58791 is 'n antwoord op boodskap #58768] Sa, 16 Maart 2002 21:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Wouter Plaasvark wrote:

> Snotty opmerkings teenoor ekspats sal daar altyd wees. Die oorsprong
> daarvan vind 'n mens in jaloesie en selfregverdiging. Jaloesie omdat die
> tuisblyer nie die vermoë of die guts het om te emigreer nie.
> Selfregverdiging om homself te oortuig dat sy keuse (om te bly)
> die beter of meer morele opsie is.

Die "snotty opmerkings teenoor ekspats" was
maar altyd daar. As Patricia te jonk is om dit
self te gemaak het, dan het haar ouers heelwaar-
skynlik smalend gepraat oor die emigrante van
die apartheidsdae se "chicken run."
Ek dink egter tog dat die buiteland se reaksie
teenoor die ekspats van die sestiger- en sewentiger-
jare hemelsbreed verskil. Eersgenoemde is ge-eer
omdat hulle gevlug het vir 'n diktatorskap. Laas-
genoemdes word gewantrou omdat hulle dit nie kan
uithou in die nuwe SA nie.

Gloudina
Re: Moeg! [boodskap #58794 is 'n antwoord op boodskap #58790] So, 17 Maart 2002 03:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
'n Wrok wat 'n teiken soek ....
skryf in boodskap news:3C93B7C7.6010202@rogers.com...
>
> me & bobby magee wrote:
>
>
> ons nimlike Antie in
>> Kanada
>
> Sy verskaf al die
>> verskeidenheid en vermaak op die nuusgroep
>
>
>
> al haar manewales
>
>
>
> Ek hoop dit sluit ook die lees in van
> die vervolgverhaal oor die blom van die
> baaierd.
>
> Tant Hessie van Brakfontein en Baäl
>
Re: Moeg! [boodskap #58845 is 'n antwoord op boodskap #58768] Ma, 18 Maart 2002 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Wouter jy sal verbaas wees hoe maklik dit vir 'n gewone ou met gewone
kwalifikasies is om (na Australië) te emigreer. So 'n voorbeeld is Tuiniers
(General Gardeners) wat maksimum punte verdien op die "Skilled Migration"
puntestelsel. Onder andere is "pastry cooks" ook in aanvraag. Daar is straks
nie 'n ambagsman wat dit nie sal maak op die punte stelsel nie, tensy hy te
oud is (bo 44). Sekere professionele mense met fantastiese grade et-al het
somtyds 'n groter hekkie om oor te kom as 'n Loodgieter of 'n Verwer. Feit.

Ek stem nie saam met die inklinasie en die waagmoed nie. Baie, baie wil.
Maar ek stem saam - dit is nie goedkoop nie, en die middele is beperk. Die
Rand het vandag gewissel 1: 6.25 teen die Aus $. DIT kan wel 'n probleem
wees.

"Wouter Plaasvark"
> (Mense in die laer en middelinkomstegroepe het normaalweg nie die
> inklinasie, addisionele waagmoed en die middelle om te emigreer nie.)

Wouter as jy kan reel dat geweld, moord en doodslag na aanvaarbare vlakke
daal sal BAIE ekspats dit oorweeg om terug te gaan. Glo my vry.

HK.

> Buitelandse ondervinding is 'n groot bate en ek glo ons moet ons dinge in SA
> so reël dat baie van die duisende suksesvolle ekspats self wil terugkom.
> Daardie talente sal ons ekonomie 'n stewige hupstoot gee.
Re: Moeg! [boodskap #58851 is 'n antwoord op boodskap #58845] Ma, 18 Maart 2002 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Hantamkind wrote:

Onder andere is "pastry cooks" ook in aanvraag. Daar is straks
> nie 'n ambagsman wat dit nie sal maak op die punte stelsel nie

Ja, een van die maklikste maniere dink
ek om in baie lande in te kom, is om
kwalifikasies te hê as kok.
Kanada se bevolking van dertig miljoen
sal in minder as tien jaar begin daal as ons
nie baie aktief immigrante werf nie. So dit
behoort makliker en makliker te word vir
veral mense met ambagte om die land binne te
kom. Dit neem ook nou net drie jaar om
Kanadese burger te word.

Gloudina
Re: Moeg! [boodskap #58855 is 'n antwoord op boodskap #58851] Ma, 18 Maart 2002 15:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hantamkind wrote:
Onder andere is "pastry cooks" ook in aanvraag. Daar is straks
> nie 'n ambagsman wat dit nie sal maak op die punte stelsel nie

Gloudina
Ja, een van die maklikste maniere dink
ek om in baie lande in te kom, is om
kwalifikasies te hê as kok.

Wouter
Ek verstaan dis ook die mees gesogte immigranteberoep in Nieu Zeeland
Re: Moeg! [boodskap #58856 is 'n antwoord op boodskap #58845] Ma, 18 Maart 2002 16:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Wouter Plaasvark"
> (Mense in die laer en middelinkomstegroepe het normaalweg nie die
> inklinasie, addisionele waagmoed en die middelle om te emigreer nie.)

Hantamkind
Wouter jy sal verbaas wees hoe maklik dit vir 'n gewone ou met gewone
kwalifikasies is om (na Australië) te emigreer.

Wouter
Nee, ek is nie verbaas nie. Ek het julle en Nieu Zeeland se puntestelsels
al bestudeer toe van my vriende geïmigreer het. Ek is bewus van die
skaars ambagte op julle lyste.

Maar dis glad nie my punt nie. Daar was vroeër oor baie jare min
probleme om in ander lande aanvaar te word. Die probleem is dat
mense sonder oorsese blootstelling, sonder geld en sonder kennis
plein nie die maag het om alles oorsee te gaan probeer reël nie.
Hulle verkies om afgunstig te wees en/ of ander te kritiseer wat
dit wel doen.

> Buitelandse ondervinding is 'n groot bate. Ek glo ons moet ons dinge in SA
> so reël dat baie van die duisende suksesvolle ekspats self wil terugkom.
> Daardie talente sal ons ekonomie 'n stewige hupstoot gee.

HK
Wouter as jy kan reel dat geweld, moord en doodslag na aanvaarbare
vlakke daal sal BAIE ekspats dit oorweeg om terug te gaan. Glo my vry.

Wouter
Gee net tyd. Maar dit alleen is nie genoeg nie, ons moet ook 'n sterker
ekonomie hê. En die twee faktore is onderling afhanklik.
Re: Moeg! [boodskap #58949 is 'n antwoord op boodskap #58856] Wo, 20 Maart 2002 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hantamkind:
Wouter jy sal verbaas wees hoe maklik dit vir 'n gewone ou met gewone
kwalifikasies is om (na Australië) te emigreer.

Wouter :
Die probleem is dat mense sonder oorsese blootstelling, sonder geld en
sonder kennis
plein nie die maag het om alles oorsee te gaan probeer reël nie.

HK:
Ek het jou antwoord weer gaan lees en ek stem saam. Dit is 'n gewigtige
besluit en vir party mense is die tree oor die water net te groot om te
neem. Veral mense oor die ouderdom van 35 vind die ontwortelings proses
besonder moeilik - baie maal traumaties. Dit neem gewoonlik 'n tragedie in
die familie soos 'n broer wat doodgeskiet word by 'n verkeerslig en van sy
motor beroof word om hulle die aansoekvorm te laat teken. "Tot hiertoe en
nie verder nie" sindroom. Geen beplanning is gedoen nie "maar nou wil ons
move, come hell or high water."

Wouter:
Ek glo ons moet ons dinge in SA so reël dat baie van die duisende
suksesvolle ekspats self wil terugkom.
Daardie talente sal ons ekonomie 'n stewige hupstoot gee. Gee net tyd. Maar
dit alleen is nie genoeg nie, ons moet ook 'n sterker ekonomie hê. En die
twee faktore is onderling afhanklik.

HK:
Inderdaad. Maar wanneer Wouter? Hoe lank moet mens in vrees en bewing leef
terwyl jy wag vir die ridder op sy perd wat die land uit sy ellende gaan
verlos?
Re: Moeg! [boodskap #58965 is 'n antwoord op boodskap #58949] Wo, 20 Maart 2002 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Toentertyd - 1988 - toe dinge regtig baie, baie sleg met ons begin gaan
het - toe staan die containers mos so hemelhoog opgestapel daar langs die
pad.
Vanoggend toe ek ry, toe merk ek alweer 'n stapeltjie op - baie meer as die
afgelope 10 jaar.....
Ek noem dit my sigbare barometer van die ekonomie.

Sal maar sien wat van die stapeltjie word binne die volgende maand of twee.
Annette

Hantamkind skryf in boodskap news:yAZl8.15842$uR5.36143@newsfeeds.bigpond.com...
>
> Hantamkind:
> Wouter jy sal verbaas wees hoe maklik dit vir 'n gewone ou met gewone
> kwalifikasies is om (na Australië) te emigreer.
>
> Wouter :
> Die probleem is dat mense sonder oorsese blootstelling, sonder geld en
> sonder kennis
> plein nie die maag het om alles oorsee te gaan probeer reël nie.
>
> HK:
> Ek het jou antwoord weer gaan lees en ek stem saam. Dit is 'n gewigtige
> besluit en vir party mense is die tree oor die water net te groot om te
> neem. Veral mense oor die ouderdom van 35 vind die ontwortelings proses
> besonder moeilik - baie maal traumaties. Dit neem gewoonlik 'n tragedie in
> die familie soos 'n broer wat doodgeskiet word by 'n verkeerslig en van sy
> motor beroof word om hulle die aansoekvorm te laat teken. "Tot hiertoe en
> nie verder nie" sindroom. Geen beplanning is gedoen nie "maar nou wil ons
> move, come hell or high water."
>
> Wouter:
> Ek glo ons moet ons dinge in SA so reël dat baie van die duisende
> suksesvolle ekspats self wil terugkom.
> Daardie talente sal ons ekonomie 'n stewige hupstoot gee. Gee net tyd. Maar
> dit alleen is nie genoeg nie, ons moet ook 'n sterker ekonomie hê. En die
> twee faktore is onderling afhanklik.
>
> HK:
> Inderdaad. Maar wanneer Wouter? Hoe lank moet mens in vrees en bewing leef
> terwyl jy wag vir die ridder op sy perd wat die land uit sy ellende gaan
> verlos?
>
Re: Moeg! [boodskap #58977 is 'n antwoord op boodskap #58949] Wo, 20 Maart 2002 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wouter:
Ek glo ons moet ons dinge in SA so reël dat baie van die duisende
suksesvolle ekspats self wil terugkom.
Daardie talente sal ons ekonomie 'n stewige hupstoot gee. Gee net tyd. Maar
dit alleen is nie genoeg nie, ons moet ook 'n sterker ekonomie hê. En die
twee faktore is onderling afhanklik.

HK:
Inderdaad. Maar wanneer Wouter? Hoe lank moet mens in vrees en bewing leef
terwyl jy wag vir die ridder op sy perd wat die land uit sy ellende gaan
verlos?

Wouter
As jy vir 5 jaar 'n ekonomiese groeikoers van so 8% plus kan handhaaf
sit jy met 'n land vol optimiste. Kan jy dit vir 10 jaar regkry, sal jy die
plek
nie herken nie, almal is kapitaliste met ongelooflike vertroue. Dit het in
'n paar Oosterse ekonomieë gebeur.

Of ons daardie tipe prestasie sal haal? Nie onmoontliik nie, maar die
aanduidings is nog nie daar nie, alhoewel die rigting reg is. Ons sal
geduld nodig hê, ek reken dat kan oor so 10 tot 20 jaar gebeur.
Re: Moeg! [boodskap #58983 is 'n antwoord op boodskap #58977] Wo, 20 Maart 2002 16:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hantamkind  is tans af-lyn  Hantamkind
Boodskappe: 263
Geregistreer: Desember 2001
Karma: 0
Senior Lid
Goed en wel Wouter. Ek, vir een, het nie meer die tyd om daarvoor te wag
nie. Ongelukkig nie. Ek sal graag wil sien dat die saadjie geplant word by
die jonger geslag wat saam met hul ouers geimigreer het. Hulle kan miskien
die vrugte pluk daarvan, en reel dat 'n visa toegestaan word vir die oues
van dae om terug te keer na die mees fantastiese land aan die Suidpunt van
Afrika. Dit sal 'n heugelike dag wees.

Sê die Hantamkind wie se siel brand vir sy geboorteland.

> Wouter
> As jy vir 5 jaar 'n ekonomiese groeikoers van so 8% plus kan handhaaf
> sit jy met 'n land vol optimiste. Kan jy dit vir 10 jaar regkry, sal jy die
> plek
> nie herken nie, almal is kapitaliste met ongelooflike vertroue. Dit het in
> 'n paar Oosterse ekonomieë gebeur.
>
> Of ons daardie tipe prestasie sal haal? Nie onmoontliik nie, maar die
> aanduidings is nog nie daar nie, alhoewel die rigting reg is. Ons sal
> geduld nodig hê, ek reken dat kan oor so 10 tot 20 jaar gebeur.
>
Re: Moeg! [boodskap #58988 is 'n antwoord op boodskap #58965] Wo, 20 Maart 2002 17:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 20 Mar 2002 16:37:17 +0200, "Annette" wrote:

> Toentertyd - 1988 - toe dinge regtig baie, baie sleg met ons begin gaan
> het - toe staan die containers mos so hemelhoog opgestapel daar langs die
> pad.
> Vanoggend toe ek ry, toe merk ek alweer 'n stapeltjie op - baie meer as die
> afgelope 10 jaar.....
> Ek noem dit my sigbare barometer van die ekonomie.
>
> Sal maar sien wat van die stapeltjie word binne die volgende maand of twee.
> Annette
>
>

Jy is verkeerd Annette, want ek kyk mos ook nuus, en daarvolgens
was dit 'n skip wat, ek dink te skerp om 'n draai gegaan het of so
iets daar by julle, en die containers en kratte het afgeval eer hy kon
stop. Die goed spoel nou daar by julle uit. Jy het nou die aand self
daarvan gepraat.
Re: Moeg! [boodskap #59015 is 'n antwoord op boodskap #58988] Do, 21 Maart 2002 04:32 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee Davie,
Daardie was ander containertjies - hulle dryf nog in die see rond of spoel
by Milnerton uit:))
Ek sou ook nie sê dat ons ooit sulke wind hier gehad het wat die goed oor
die N1 kon gewaai het en netjies opgestapel het nie.:))
Ek dink ek sal moet begin soek en kyk wat ons uitvoere die afgelope maand of
twee was in vergelyking met dieselfde periode verlede jaar.
As daar 'n merkbare afname is, moet mens begin wonder, want met die swak
rand behoort ons uitvoere se volume eintlik toegeneem het.

Ek sit nou nie juis heeldag op die stoep en kyk na die hawe nie, maar die
afgelope tyd sien ek hoofsaaklik bote met containers die hawe inkom - nou
die dag tot 5 .

Gewoonlik sien mens 1 of twee wat die hawe inkom en 1 of twee wat in die
teernoorgestelde rigting beweeg.
Soos ek sê - ek sal maar sien.

Toentertyd het daardie containers 15 maande opgestapel gestaan en die
stapeltjie het net al hoër en groter geword.

Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:ulih9u47hijlqou9ssq2lel6gb0fiuproo@4ax.com...
> On Wed, 20 Mar 2002 16:37:17 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Toentertyd - 1988 - toe dinge regtig baie, baie sleg met ons begin gaan
>> het - toe staan die containers mos so hemelhoog opgestapel daar langs die
>> pad.
>> Vanoggend toe ek ry, toe merk ek alweer 'n stapeltjie op - baie meer as die
>> afgelope 10 jaar.....
>> Ek noem dit my sigbare barometer van die ekonomie.
>>
>> Sal maar sien wat van die stapeltjie word binne die volgende maand of twee.
>> Annette
>>
>
> Jy is verkeerd Annette, want ek kyk mos ook nuus, en daarvolgens
> was dit 'n skip wat, ek dink te skerp om 'n draai gegaan het of so
> iets daar by julle, en die containers en kratte het afgeval eer hy kon
> stop. Die goed spoel nou daar by julle uit. Jy het nou die aand self
> daarvan gepraat.
>
Vorige onderwerp: Vir Annette (vanweë Norbert)
Volgende onderwerp: sies, antie!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:31:20 MGT 2024