Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ingils Hier
Ingils Hier [boodskap #58900] Di, 19 Maart 2002 08:40 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Noudat die aantie hier so wild en wakker die rooitaal gooi, wonder ek net of
sy siek is of wat?:))))
Annette
Re: Ingils Hier [boodskap #58903 is 'n antwoord op boodskap #58900] Di, 19 Maart 2002 11:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Die "Antie" het meer Engels in haar lewe gepraat as Afrikaans. Adams Mission
was bepaald nie Afrikaans nie, en het hulle bepaald nie met opheffingswerk
onder Afrikaners bemoei nie.
Sy praat bloot Afrikaans, maar, helaas, daar binne pomp dit Engels ...
Vandaar dat sy so behep is met die woord "hanskakie".

"Annette" skryf in boodskap news:a76tt6$iualm$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Noudat die aantie hier so wild en wakker die rooitaal gooi, wonder ek net of
> sy siek is of wat?:))))
> Annette
>
Re: Ingils Hier [boodskap #58904 is 'n antwoord op boodskap #58903] Di, 19 Maart 2002 12:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> Die "Antie" het meer Engels in haar lewe gepraat as Afrikaans. Adams Mission
> was bepaald nie Afrikaans nie, en het hulle bepaald nie met opheffingswerk
> onder Afrikaners bemoei nie.

Mag ek jou weer daaraan herinner, my
liewe Jonas, wat 'n spesialiteit maak
van "smalend" en "onjuis" te praat,
dat die Amerikaanse sendelinge wat
Adams Mission in die 19de eeu begin
het, ook deur die Voortrekkers as
godsdienstige hulpbronne gebruik is.
(Veral Daniel Lindley was so bemind
onder die Voortrekkers, dat daar later
'n plek na hom vernoem is.)
Ek het na Adams Mission gegaan as
Afrikaanse onderwyseres. (Toe hulle nie
'n Afrikaanse onderwyser kon kry nie,
het hulle aan die kweekskool in Stellenbosch
geskryf, en Dr. Gerdener het my aanbeveel.)
Mense wat in die administrasie van SA nou is,
is deur my Afrikaans geleer. Ek reken ek het
meer gedoen vir die bevordering van Afrikaans
onder nie-Afrikaans sprekendes as wat jy óóit
in jou lewe gedoen het. So ek reken jy kan
maar ophou om jou bek te rek.

Tant Hessie van Umbumbulu (waar ek aandklasse
in Afrikaans vir volwassenes gegee het.)
Re: Ingils Hier [boodskap #58909 is 'n antwoord op boodskap #58904] Di, 19 Maart 2002 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
My ou Antie - ek ken jou en jou Swartserp trawante van Natal. Mense wat van
die kakiekombers na die swartkaros gekruip het ?

Oor bydraes gelewer sal ek my nie verknies nie - jy kan self raai hoekom.

O ja, die waarna jy verwys is seker deel van die korrupte
ANC/SAKP/COSATU-regering - ek hoop net nie hulle pleeg bedrog in Afrikaans
nie...

skryf in boodskap news:3C9732F9.8010006@rogers.com...
> Jonas wrote:
>
>> Die "Antie" het meer Engels in haar lewe gepraat as Afrikaans. Adams Mission
>> was bepaald nie Afrikaans nie, en het hulle bepaald nie met opheffingswerk
>> onder Afrikaners bemoei nie.
>
>
> Mag ek jou weer daaraan herinner, my
> liewe Jonas, wat 'n spesialiteit maak
> van "smalend" en "onjuis" te praat,
> dat die Amerikaanse sendelinge wat
> Adams Mission in die 19de eeu begin
> het, ook deur die Voortrekkers as
> godsdienstige hulpbronne gebruik is.
> (Veral Daniel Lindley was so bemind
> onder die Voortrekkers, dat daar later
> 'n plek na hom vernoem is.)
> Ek het na Adams Mission gegaan as
> Afrikaanse onderwyseres. (Toe hulle nie
> 'n Afrikaanse onderwyser kon kry nie,
> het hulle aan die kweekskool in Stellenbosch
> geskryf, en Dr. Gerdener het my aanbeveel.)
> Mense wat in die administrasie van SA nou is,
> is deur my Afrikaans geleer. Ek reken ek het
> meer gedoen vir die bevordering van Afrikaans
> onder nie-Afrikaans sprekendes as wat jy ��it
> in jou lewe gedoen het. So ek reken jy kan
> maar ophou om jou bek te rek.
>
> Tant Hessie van Umbumbulu (waar ek aandklasse
> in Afrikaans vir volwassenes gegee het.)
>
Re: Ingils Hier [boodskap #58910 is 'n antwoord op boodskap #58904] Di, 19 Maart 2002 14:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C9732F9.8010006@rogers.com...
>
> Tant Hessie van Umbumbulu (waar ek aandklasse
> in Afrikaans vir volwassenes gegee het.)

Adam's (Mission) College se skoolhoof is so twee of wat weke gelede vermoor
deur twee mans wat "geklee was in skooldrag". Ek wonder wanneer gaan
hierdie sinnelose moorde stop. Ek het al opgehou tel hoeveel
onderwysers/skoolhoofde nou al om die lewe gebring is. Ek ken nie die
omstandighede rondom die moorde nie, maar dit lyk amper asof die persoon se
lewe in gevaar is wanneer hy die skoolfonds moet verhoog. Ek weet dat dit
die geval was in een van die voorvalle.
Re: Ingils Hier [boodskap #58912 is 'n antwoord op boodskap #58910] Di, 19 Maart 2002 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ai tog Sakkie, my hart bloei as ek sulke stories hoor.:(((
Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3c974ebc$0$234@hades.is.co.za...
>
> skryf in boodskap news:3C9732F9.8010006@rogers.com...
>>
>> Tant Hessie van Umbumbulu (waar ek aandklasse
>> in Afrikaans vir volwassenes gegee het.)
>
>
> Adam's (Mission) College se skoolhoof is so twee of wat weke gelede vermoor
> deur twee mans wat "geklee was in skooldrag". Ek wonder wanneer gaan
> hierdie sinnelose moorde stop. Ek het al opgehou tel hoeveel
> onderwysers/skoolhoofde nou al om die lewe gebring is. Ek ken nie die
> omstandighede rondom die moorde nie, maar dit lyk amper asof die persoon se
> lewe in gevaar is wanneer hy die skoolfonds moet verhoog. Ek weet dat dit
> die geval was in een van die voorvalle.
>
Re: Ingils Hier [boodskap #58914 is 'n antwoord op boodskap #58909] Di, 19 Maart 2002 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Jonas wrote:

> O ja, die waarna jy verwys is seker deel van die korrupte
> ANC/SAKP/COSATU-regering - ek hoop net nie hulle pleeg bedrog in Afrikaans
> nie...

Maar jy kan verseker wees dat die vorige
korrupte diktatorskap (waarvoor jy seker
elke keer gestem het en volgens die toon
van jou geskrywery ten volle deur jou
ondersteun is) byna uitsluitlik IN
AFRIKAANS hulle bedrog ( en skendings
van menseregte en braaivleis-hou-langs
mensvleis-verbrand) gepleeg het.

Tant Hessie met die Reënboog-sash.
Re: Ingils Hier [boodskap #58919 is 'n antwoord op boodskap #58904] Di, 19 Maart 2002 17:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 19 Mar 2002 12:44:49 GMT, "@rogers.com" wrote:

> Mense wat in die administrasie van SA nou is,
> is deur my Afrikaans geleer.

> Tant Hessie van Umbumbulu (waar ek aandklasse
> in Afrikaans vir volwassenes gegee het.)

Is dìììt waarom die huidige regering so anti-Afrikaans is?
Kan dit deur die Anti wees? Is dit waarom absoluut enkelinge
van hulle Afrikaans magtig is?
Sies anti want nou blyk dit 'n skulderkenning te wees van
die skepping van antisisme deur die anti.
Re: Ingils Hier [boodskap #58928 is 'n antwoord op boodskap #58919] Wo, 20 Maart 2002 02:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja DD. Een van die nalatenskappe van die Swartserpens gespuis is dat hulle
die Swartbevolking oortuig het dat "iemand" hulle iets skuld . En, ja, daar
is bepaald iets soos 'n "free lunch"...

"Davie Davis" skryf in boodskap news:otte9ucockqjrvdui8rtjcumcnafjjc45g@4ax.com...
> On Tue, 19 Mar 2002 12:44:49 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>
>> Mense wat in die administrasie van SA nou is,
>> is deur my Afrikaans geleer.
>
>> Tant Hessie van Umbumbulu (waar ek aandklasse
>> in Afrikaans vir volwassenes gegee het.)
>
>
> Is d���t waarom die huidige regering so anti-Afrikaans is?
> Kan dit deur die Anti wees? Is dit waarom absoluut enkelinge
> van hulle Afrikaans magtig is?
> Sies anti want nou blyk dit 'n skulderkenning te wees van
> die skepping van antisisme deur die anti.
>
Re: Ingils Hier [boodskap #58933 is 'n antwoord op boodskap #58914] Wo, 20 Maart 2002 05:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
USPAUL  is tans af-lyn  USPAUL
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
>> O ja, die waarna jy verwys is seker deel van die korrupte
>> ANC/SAKP/COSATU-regering - ek hoop net nie hulle pleeg bedrog in Afrikaans
>> nie...

> Maar jy kan verseker wees dat die vorige
> korrupte diktatorskap

Ja ek erken dat die vorige regering skuldig was aan korrupsie, en mense soos
ek het vir hulle gestem. Ek is ook oortuig dat hulle nie naasteby so korrup
was soos die huidige regering nie.

Ek het net gevoel ek kan nie my toekoms in die hande van skulke glibberige
karakters vertrou nie.

Groete uit Amerika, en sterkte met die ekonomie (blykbaar is daar ander
mense ook wat soos ek dink)
Korrupsie [boodskap #58940 is 'n antwoord op boodskap #58933] Wo, 20 Maart 2002 08:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"USPAUL"
Ja ek erken dat die vorige regering skuldig was aan korrupsie, en mense soos
ek het vir hulle gestem. Ek is ook oortuig dat hulle nie naasteby so korrup
was soos die huidige regering nie.

Walter
Ek reken jou oortuiging berus op onkunde, Paul.

As jy die tuislande en onafhanklike swart state se regerings bytel, is die
impak van vandag se korrupsie 'n vulletjie teen die ou bedeling. (Ek het
persoonlike ervaring van die ontknoping van sommige van daardie
katneste.)

Die verskil is dat ons media nou goed funksioneer, daarom weet 'n mens
van die huidige korrupsie. 'n Situasie waarmee ek baie meer gemaklik is.
Re: Ingils Hier [boodskap #58954 is 'n antwoord op boodskap #58933] Wo, 20 Maart 2002 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

USPAUL wrote:

> Ja ek erken dat die vorige regering skuldig was aan korrupsie, en mense soos
> ek het vir hulle gestem. Ek is ook oortuig dat hulle nie naasteby so korrup
> was soos die huidige regering nie.
>
> Ek het net gevoel ek kan nie my toekoms in die hande van skulke glibberige
> karakters vertrou nie.
>
> Groete uit Amerika, en sterkte met die ekonomie (blykbaar is daar ander
> mense ook wat soos ek dink)

En toe kom bly jy in 'n land waar
Enron jou prez se grootste finansiële
bydraer is ( 'n prez wat prez geword
het as gevolg van geheul, net soos
in die vorige SA diktatorskap, waarvoor
jy gewoonlik gestem het.)
En toe kom bly jy in 'n land waar
een van sy burgers blykbaar antraks
rondstrooi, waar vliegtuie op diens
moet wees omdat sekere verregse moslem
elemente oorlog teen hulle verklaar het.
Hoe veilig voel jou geld in die bank?
Hoe veilig voel jy in die straat?

Tant Hessie van die Derde Republiek
Re: Korrupsie [boodskap #58955 is 'n antwoord op boodskap #58940] Wo, 20 Maart 2002 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammer dat ek met jou moet verskil. Maar, jy kan my met die feitelikhede
vertrou, verveel - en ja, oortuig.

Die bedrog wat in die tuislande plaasgevind het was grootliks toe te skryf
aan swart politici. Hulle wat, soos nou, hulle eie onderdukte/voorheen
benadeelde mense bedonder.

En dit, wat my aan betref is die grootste sonde, wanneer jy kanstig 'n
oorlog teen 'n onderdrukkende regime gewen het, en dan jou oorwinning
seevier deur van daardie benadeelde mense te steel.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c984459.0@news1.mweb.co.za...
> "USPAUL"
> Ja ek erken dat die vorige regering skuldig was aan korrupsie, en mense soos
> ek het vir hulle gestem. Ek is ook oortuig dat hulle nie naasteby so korrup
> was soos die huidige regering nie.
>
> Walter
> Ek reken jou oortuiging berus op onkunde, Paul.
>
> As jy die tuislande en onafhanklike swart state se regerings bytel, is die
> impak van vandag se korrupsie 'n vulletjie teen die ou bedeling. (Ek het
> persoonlike ervaring van die ontknoping van sommige van daardie
> katneste.)
>
> Die verskil is dat ons media nou goed funksioneer, daarom weet 'n mens
> van die huidige korrupsie. 'n Situasie waarmee ek baie meer gemaklik is.
>
Re: Korrupsie [boodskap #58959 is 'n antwoord op boodskap #58955] Wo, 20 Maart 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

> "Wouter Plaasvark" wrote

>> Ek reken jou oortuiging berus op onkunde, Paul.

>> As jy die tuislande en onafhanklike swart state se regerings bytel, is die
>> impak van vandag se korrupsie 'n vulletjie teen die ou bedeling. (Ek het
>> persoonlike ervaring van die ontknoping van sommige van daardie
>> katneste.)

>> Die verskil is dat ons media nou goed funksioneer, daarom weet 'n mens
>> van die huidige korrupsie. 'n Situasie waarmee ek baie meer gemaklik is.

Ja, in die gewillige breine van mense soos
Jonas en Paul sal daar altyd geglo word dat
die "tuislande" so 'n goeie konsep was, wat
toe deur die swart administreerders bedonder
is. Min mense weet hoeveel daar in daardie
tuislande klein empires van gewoonlik Afrikaner-
administreerders hulle eie favourites in
belangrike poste aangestel het.
My onlangse besoeker uit Swellendam vertel
die volgende: (en onthou, sy is nou nog seker
NP, wil net die Burger op die Internet lees)
Sy en haar man, nadat hulle in Stellenbosch
klaargemaak het, wou in die Transkei gaan skool-
hou (haar man kom uit 'n familie van sendelinge,
is neef van Abraham Kriel.) Hulle word toe na
'n klein afgesonderde skool toe gestuur, waar
hulle 'n ruk bly. Toe hulle na 'n paar jaar
kinders het, doen hulle aansoek na 'n groter
plek met meer kanse vir hulle kinders se skool-
gaan. Maar elke keer kry Pierre nie die werk
nie, want daar is altyd 'n ander Afrikaner wat
daar aangestel word, duidelik somtyds met minder
kwalifikasies as Pierre. Dit het uiteindelik
so duidelik geword dat die Afrikaner-administreerder
daar sy eie gunstelinge aanstel, dat hulle
uiteindelik besluit het om Bantoe-onderwys te
verlaat en na 'n wit skool gegaan het.

Gloudina
Re: Ingils Hier [boodskap #58962 is 'n antwoord op boodskap #58900] Wo, 20 Maart 2002 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Invasion of the body snatchers?

Annette wrote:
>
> Noudat die aantie hier so wild en wakker die rooitaal gooi, wonder ek net of
> sy siek is of wat?:))))
> Annette
Re: Korrupsie [boodskap #58975 is 'n antwoord op boodskap #58955] Wo, 20 Maart 2002 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jonas
Jammer dat ek met jou moet verskil. Maar, jy kan my met
die feitelikhede vertrou, verveel - en ja, oortuig.

Wouter
Ons kan maar verskil, ja. Maar ek weet wat ek weet.

Jonas
Die bedrog wat in die tuislande plaasgevind het was grootliks
toe te skryf aan swart politici. Hulle wat, soos nou, hulle eie
onderdukte/voorheen benadeelde mense bedonder.

Wouter
Ek reken kleur het min daarmee te doen. Die sisteem was
onwerkbaar. Ons het sogenaamde onafhanklikheid gegee aan
mense wat nie ekonomies haalbare gebiede gehad het nie. Hulle
moes dus permanent 'n groot deel van hulle inkomste uit die SA
staatsbegroting kry, maar moes ook "onafhanklik" wees. Dit kon
nooit werk nie, want die betrokke "regerings" het gou
agtergekom dat hulle nie hulle begrotings hoef te balanseer nie,
die SA regering was so gretig om die stelsel te ondersteun en
te laat werk dat hulle die salarisrol betaal het.

Daar was dus geen vooruitsig en dus ook geen behoefte om
ekonomies afhanklik te wees nie. Jy kan nie mense met miljoene
vertrou sonder kontrole en met omtrent geen verantwoordelikheid
nie. As hierdie vermorsing voor iemand se deur gelê moet word,
is dit die roekelose geloof van politici in 'n stelsel wat geen kans
op sukses gehad het nie. En ons kiesers wat onnosel genoeg
was om ook te hoop dat dit kan werk.

My persoonlike ondervinding was met drie van hierdie state
se pensioenfondse. Een is in Afrika-terme redelik bestuur,
daar het wel bedrog gebeur, maar nie sodanig dat dit die
stelsel inmekaar laat tuimel het nie.

Nommer twee was seker die beste voorbeeld. Die fonds was
duisende miljoene sterk, het goeie beleggings gehad. Maar
aan die ledekant was die bedrog ongelooflik. Wanneer 'n
staatsamptenaar afgedank is, het hulle dit onnodig gevind
om sy naam van die salarisrol af te haal, die SA Regering
het vir die salarisrol begroot en dit betaal. Wanneer die lid
na baie jare moes aftree, het niemand geweet wat van die
staatsamptenaar geword het nie, sy bankrekening was al
wat nog bestaan het. Daar is letterlik miljoene elke maand
op die manier wanbestee. En dit net in een van vele
"onafhanklike" gebiede.

Nommer drie was nie so gesofistikeerd nie. Die "regering"
het eenvoudig die pensioenfonds se geld geblaas vir
lopende en kapitaaluitgawes. Hulle redenasie was dat
apartheid nie vir ewig sal hou nie en dat die sentrale
regering eendag die tekorte sal moet goedmaak.
Hulle was ongelukkig reg. Met duisende miljoene Rand.

Ek weet van baie ander bedrog ook, alhoewel ek dit nie
self beleef het nie. 'n Goeie vriend van my het in die laaste
jare van apartheid die taak gehad om gemorste staatsgeld
te gaan red. Hy het beeste verkoop, ook privaat Mercedesse
ens ens. En die koerante omgepraat om in landsbelang niks
te publiseer nie. Vandag sal dit gelukkig nie moontlik
wees nie.

Vandag se korrupsie is 'n vulletjie daarteen. Gelukkig laat die
pers dit erg lyk - en dis 'n baie goeie ding. In die ou dae wou
ons nie eintlik hoor dat ons in die tuislande vir 'n "ride" gevat
word nie, want dit was "ons" beleid.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3c984459.0@news1.mweb.co.za...
> "USPAUL"
> Ja ek erken dat die vorige regering skuldig was aan korrupsie, en
> ek het vir hulle gestem. Ek is ook oortuig dat hulle nie naasteby so
> korrup was soos die huidige regering nie.
>
> Wouter
> Ek reken jou oortuiging berus op onkunde, Paul.
>
> As jy die tuislande en onafhanklike swart state se regerings bytel, is die
> impak van vandag se korrupsie 'n vulletjie teen die ou bedeling. (Ek het
> persoonlike ervaring van die ontknoping van sommige van daardie
> katneste.)
>
> Die verskil is dat ons media nou goed funksioneer, daarom weet 'n mens
> van die huidige korrupsie. 'n Situasie waarmee ek baie meer gemaklik is.
Re: Ingils Hier [boodskap #59019 is 'n antwoord op boodskap #58954] Do, 21 Maart 2002 04:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
USPAUL  is tans af-lyn  USPAUL
Boodskappe: 27
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Junior Lid
> En toe kom bly jy in 'n land waar
> Enron jou prez se grootste finansiële
> bydraer is ( 'n prez wat prez geword
> het as gevolg van geheul, net soos
> in die vorige SA diktatorskap, waarvoor
> jy gewoonlik gestem het.)
> En toe kom bly jy in 'n land waar
> een van sy burgers blykbaar antraks
> rondstrooi, waar vliegtuie op diens
> moet wees omdat sekere verregse moslem
> elemente oorlog teen hulle verklaar het.
> Hoe veilig voel jou geld in die bank?
> Hoe veilig voel jy in die straat?
>
> Tant Hessie van die Derde Republiek

Gedurende die laaste 3 maande wat ek in SA gewoon het was 4 mense binne 'n
raduis van 4 straatblokke van my huis af vermoor!

Die laaste jaar wat ek daagliks deur Johannesburg moes ry het ek 3 lyke op
sypaadjie langs die straat sien le.

2 maande voor ek daar weg is is een van my vriende ('n polisieman) deur 'n
inbreker dood geskiet?

3 jaar voor ek daar weg is is my oom op sy plaas vermoor deur moordenaars
wat amnestie by die huidige regering gekry het.(hulle het kort tronkdtrawwe
gekry)

1 maand voor ek daar weg is was my buurman se aanstaande skoonseun aangehou
met 'n vuurwapen toe hy na middernag by die voor-hekkie uitstap.

6 maande nadat ek daar weg is is 'n goeie vriendin beroof in 'n gewapende
roof.

Vraag:
"Hoe veilig voel jou geld in die bank?"

Antwoord:
BAIE

Vraag:
"Hoe veilig voel jy in die straat?"

Antwoord:
BAIE

Vraag:
Hoe voel jy oor jou toekoms en die toekoms van jou kinders?

Antwoord:
Werk maar hierdie een self uit!!!!

Wat is jou punt?

NS. Ek ondersteun die prez van hierdie land ten volle. Kannie wat om eendag
vir sy party te stem nie. Enron en al!
Re: Ingils Hier [boodskap #59031 is 'n antwoord op boodskap #59019] Do, 21 Maart 2002 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Paul, jy is seker die ongelukkigste mens wat ek van weet - of ek is die
ongelukkigste mens wat ek ken.
Nog niks van die goed wat jy gemeld het wat met jou gebeur of oorgekom het,
het al met my gebeur nie - in die sin dat ek wou weggaan van hier af nie.
Ek het 'n oom gehad wat in sy huis aangeval is, en agv die aanslag dood is -
maar dit kon met hom in enige ander land of enige ander plek ook gebeur
het. - dit was sy tyd om te gaan.

'n Vriendin van my se eks man is op sy plaas aangerand, en hy het aan sy
wonde beswyk .

Feit bly, dit is nog steeds 'n persoonlike saak hoe mens sulke tragedies
hanteer, en nie een kan na die ander 'n vinger wys en daardie persoon se
besluit kritiseer nie.

Ek persoonlik bly lekker hier, en kan nie kla nie.
Annette

USPAUL skryf in boodskap news:fvdm8.133259$Yd.6515434@e3500-atl1.usenetserver.com...
>> En toe kom bly jy in 'n land waar
>> Enron jou prez se grootste finansiële
>> bydraer is ( 'n prez wat prez geword
>> het as gevolg van geheul, net soos
>> in die vorige SA diktatorskap, waarvoor
>> jy gewoonlik gestem het.)
>> En toe kom bly jy in 'n land waar
>> een van sy burgers blykbaar antraks
>> rondstrooi, waar vliegtuie op diens
>> moet wees omdat sekere verregse moslem
>> elemente oorlog teen hulle verklaar het.
>> Hoe veilig voel jou geld in die bank?
>> Hoe veilig voel jy in die straat?
>>
>> Tant Hessie van die Derde Republiek
>
> Gedurende die laaste 3 maande wat ek in SA gewoon het was 4 mense binne 'n
> raduis van 4 straatblokke van my huis af vermoor!
>
> Die laaste jaar wat ek daagliks deur Johannesburg moes ry het ek 3 lyke op
> sypaadjie langs die straat sien le.
>
> 2 maande voor ek daar weg is is een van my vriende ('n polisieman) deur 'n
> inbreker dood geskiet?
>
> 3 jaar voor ek daar weg is is my oom op sy plaas vermoor deur moordenaars
> wat amnestie by die huidige regering gekry het.(hulle het kort tronkdtrawwe
> gekry)
>
> 1 maand voor ek daar weg is was my buurman se aanstaande skoonseun aangehou
> met 'n vuurwapen toe hy na middernag by die voor-hekkie uitstap.
>
> 6 maande nadat ek daar weg is is 'n goeie vriendin beroof in 'n gewapende
> roof.
>
>
> Vraag:
> "Hoe veilig voel jou geld in die bank?"
>
> Antwoord:
> BAIE
>
>
> Vraag:
> "Hoe veilig voel jy in die straat?"
>
> Antwoord:
> BAIE
>
> Vraag:
> Hoe voel jy oor jou toekoms en die toekoms van jou kinders?
>
> Antwoord:
> Werk maar hierdie een self uit!!!!
>
>
> Wat is jou punt?
>
>
> NS. Ek ondersteun die prez van hierdie land ten volle. Kannie wat om eendag
> vir sy party te stem nie. Enron en al!
>
Re: Ingils Hier [boodskap #59036 is 'n antwoord op boodskap #59031] Do, 21 Maart 2002 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 21 Mar 2002 08:55:26 +0200, "Annette" wrote:

> Ek het 'n oom gehad wat in sy huis aangeval is, en agv die aanslag dood is -
> maar dit kon met hom in enige ander land of enige ander plek ook gebeur
> het. - dit was sy tyd om te gaan.
>
> 'n Vriendin van my se eks man is op sy plaas aangerand, en hy het aan sy
> wonde beswyk .
>
Hoekom sê jy nie dat dit ook sy tyd was om te gaan nie Annette? Maak
feit dat dit "jou oom se tyd was' dit dan minder ernstig?

> Feit bly, dit is nog steeds 'n persoonlike saak hoe mens sulke tragedies
> hanteer, en nie een kan na die ander 'n vinger wys en daardie persoon se
> besluit kritiseer nie.
>
Annette, daar is mos nie ruimte om vir Paul of enig iemand anders
(behalwe Gloudina) aan te val oor hul besluit om veiliger hawes te
gaan soek nie. 'n Vreeslike waarheid is dat, as ek nie so gevestig
was hier nie, ek dit ook sou doen.

> Ek persoonlik bly lekker hier, en kan nie kla nie.
> Annette
>
>
Ek woon ook lekker hier Annette, maar dit is nie lekker
om England toe te vlieg en ponde met rande te koop nie.
Re: Ingils Hier [boodskap #59040 is 'n antwoord op boodskap #59036] Do, 21 Maart 2002 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Davie, aangesien die waarde van die Rand blykbaar teenoor die Belgiese
Frank toegeneem het - hoekom maak jy nie 'n Belgiese draai na Engeland toe
nie?:)))

'n Eks man het mos al klaar sy tyd gekry om te gaan toe hy 'n eks geword
het, of hoe ?:)))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:la4j9u494fp1kngiocrjds9pe50p9320ef@4ax.com...
> On Thu, 21 Mar 2002 08:55:26 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>
>> Ek het 'n oom gehad wat in sy huis aangeval is, en agv die aanslag dood is -
>> maar dit kon met hom in enige ander land of enige ander plek ook gebeur
>> het. - dit was sy tyd om te gaan.
>>
>> 'n Vriendin van my se eks man is op sy plaas aangerand, en hy het aan sy
>> wonde beswyk .
>>
> Hoekom sê jy nie dat dit ook sy tyd was om te gaan nie Annette? Maak
> feit dat dit "jou oom se tyd was' dit dan minder ernstig?
>
>> Feit bly, dit is nog steeds 'n persoonlike saak hoe mens sulke tragedies
>> hanteer, en nie een kan na die ander 'n vinger wys en daardie persoon se
>> besluit kritiseer nie.
>>
> Annette, daar is mos nie ruimte om vir Paul of enig iemand anders
> (behalwe Gloudina) aan te val oor hul besluit om veiliger hawes te
> gaan soek nie. 'n Vreeslike waarheid is dat, as ek nie so gevestig
> was hier nie, ek dit ook sou doen.
>
>> Ek persoonlik bly lekker hier, en kan nie kla nie.
>> Annette
>>
>>
> Ek woon ook lekker hier Annette, maar dit is nie lekker
> om England toe te vlieg en ponde met rande te koop nie.
Re: Ingils Hier [boodskap #59048 is 'n antwoord op boodskap #59040] Do, 21 Maart 2002 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die Belgiese Frank is dood :-)). Ons het nou die Euro.
Hilda.

"Annette" skryf in boodskap news:a7caa7$k835b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wel Davie, aangesien die waarde van die Rand blykbaar teenoor die Belgiese
> Frank toegeneem het - hoekom maak jy nie 'n Belgiese draai na Engeland toe
> nie?:)))
>
> 'n Eks man het mos al klaar sy tyd gekry om te gaan toe hy 'n eks geword
> het, of hoe ?:)))
> Annette
Re: Ingils Hier [boodskap #59049 is 'n antwoord op boodskap #59048] Do, 21 Maart 2002 12:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 21 Mar 2002 12:53:48 GMT, "Hilda en Gervaas"
wrote:

> Die Belgiese Frank is dood :-)). Ons het nou die Euro.
> Hilda.
>
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:a7caa7$k835b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wel Davie, aangesien die waarde van die Rand blykbaar teenoor die
> Belgiese
>> Frank toegeneem het - hoekom maak jy nie 'n Belgiese draai na Engeland toe
>> nie?:)))

>> 'n Eks man het mos al klaar sy tyd gekry om te gaan toe hy 'n eks geword
>> het, of hoe ?:)))
>> Annette
>
>

Baie dankie Hilda - jy hoor wat voeg Annette my toe oor 'n eks man
né... en dit terwyl my vrou vies is vir my en skelm wil ook om een of
ander rede nie met my praat nie.
Re: Ingils Hier [boodskap #59051 is 'n antwoord op boodskap #59019] Do, 21 Maart 2002 13:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

USPAUL wrote:

> NS. Ek ondersteun die prez van hierdie land ten volle. Kannie wat om eendag
> vir sy party te stem nie. Enron en al!

Ja-nee jong, dit kon ek vir jou vertel
het voordat jy dit nog gesê het.
Ek hoop Hillary Clinton is eendag jou
prez, en dan sal ons jou bek weer hoor.

Tant Hessie
Re: Ingils Hier [boodskap #59055 is 'n antwoord op boodskap #59051] Do, 21 Maart 2002 14:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
newsgroup.nl  is tans af-lyn  newsgroup.nl
Boodskappe: 96
Geregistreer: Maart 2002
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 21 Mar 2002 13:46:40 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
> USPAUL wrote:
>
>
>> NS. Ek ondersteun die prez van hierdie land ten volle. Kannie wat om eendag
>> vir sy party te stem nie. Enron en al!
>
>
> Ja-nee jong, dit kon ek vir jou vertel
> het voordat jy dit nog gesê het.
> Ek hoop Hillary Clinton is eendag jou
> prez, en dan sal ons jou bek weer hoor.
>
> Tant Hessie
>

Tant Hessie, om vreeslik eerlik te wees,
ek sou vir Hilary graag wou ondersteun
Re: Ingils Hier [boodskap #59056 is 'n antwoord op boodskap #59048] Do, 21 Maart 2002 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Des te beter - nou kan Davie deur die hele Europa 'n draai gooi voordat hy
Engeland toe gaan:))
Wonder net - as ons 'n gemeenskaplike geldstelsel vir Afrika ontwikkel, dan
sal ons aan 'n oorspronklike naam moet dink - Koffie, African en Afrikaans
word al klaar gebruik:))

Annette

Hilda en Gervaas skryf in boodskap news:wJkm8.22379$DE4.3185@afrodite.telenet-ops.be...
> Die Belgiese Frank is dood :-)). Ons het nou die Euro.
> Hilda.
>
>
> "Annette" schreef in bericht
> news:a7caa7$k835b$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Wel Davie, aangesien die waarde van die Rand blykbaar teenoor die
> Belgiese
>> Frank toegeneem het - hoekom maak jy nie 'n Belgiese draai na Engeland toe
>> nie?:)))
>>
>> 'n Eks man het mos al klaar sy tyd gekry om te gaan toe hy 'n eks geword
>> het, of hoe ?:)))
>> Annette
>
Re: Ingils Hier [boodskap #59060 is 'n antwoord op boodskap #59055] Do, 21 Maart 2002 15:06 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> Tant Hessie, om vreeslik eerlik te wees,
> ek sou vir Hilary graag wou ondersteun

Dis omdat jy hart op die regte
plek sit,en omdat jou kop reg
aangeskroef is.
Merk jy op dis die Republikeine
in die VSA wat altyd so skynheilig
maak of hulle so "goed" is, en dan
kom meeste van die seksuele skandale
eintlik onder hulle voor.
Merk jy op dat George Bush en sy
Republikeinse Party sê hulle staan vir
"minder regering," maar as hulle aan
bewind kom dan gee hulle nog meer geld
uit as die Demokrate wil.
Merk jy op dis Hilary wat lojaal
aan haar man is, al is hy nie perfek nie.
(Ek neem aan hy het dieselfde lojaliteit
teenoor haar.) Ken what's his name, die
ou wat vir Bill Clinton so vervolg het,
se vrou het gesê as hy gedoen het wat Bill
Clinton gedoen het, dan sou sy van hom
geskei het. Nou watter soort family values
is dit? Ek het al lankal agtergekom dat die
socalled Christian Right in die VSA baie meer
die kat in die donker knyp as die sogenaamde
meer liberale demokrate.

Gloudina
Vorige onderwerp: sies, antie!
Volgende onderwerp: Charl-Pierre Naudé (geb. 1958) - Inisiasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 23:25:15 MGT 2024