Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Blom van die Baaierd " (10) deur D.J. OPPERMAN
" Blom van die Baaierd " (10) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58810] So, 17 Maart 2002 15:40
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (10)

" Het U my eens die kreupele gemaak
en my klonkie bruin soos gladde seebone,
dat ons U skepping in die skadu's sou bewaak
en alles wat vergete word, en die gewone,
ja, selfs die lelike deur ons U raak?

"Tog, as U lomper maaksels vlees en vel
duskant die Dodekus vereensaam
ons tot blikkiesdorp, lokasie en tronksel,
en sluit in wanhoop van die liggaam
'n verbond met magte van die hel.

"Waar is U towersteen, U fonkelende graal
dat ek my skik na grense
en tevrede met die plek wat U vir my bepaal
- selfs as gedrog langs medemense,
sien dat U regverdig bo die donker skepping straal?

"Die een word dit gegun en dát word my belet,
tog is elk en ieder deur 'n leed,
'n wellus of 'n donker vel besmet,
en uiteindelik moet ek tussen ander weet
dat op die aarde elke mens sy boggel het.

(word vervolg)
Vorige onderwerp: "Blom van die Baaierd (9) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Blom van die Baaierd " (11) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 15:12:04 MGT 2024