Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Blom van die Baaierd " (11) deur D.J. OPPERMAN
" Blom van die Baaierd " (11) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58813] So, 17 Maart 2002 15:55
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (11)

" Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?

" Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.

"Ek het my saak volkome dan as mens verloor
en kan 'n jaar of wat voor die konstabels spat,
maar eindelik moet ek van die regter hoor:
' Jy het weerstrewig die verbode steen gevat
en op 'n nag my dienaar teen die bult vermoor.'

" Ek móét weer terug na Broeder Ben se lyk
dat ek dit skend en met 'n vuil besmet;
ek móét een maal na sy gesig weer kyk
en haat en liefde in gebed
laat wissel tot my hande deur sy hare stryk."

*

En hulle vind hom waar hy takkies breek
en bid om sy en Brakfontein se sonde,
om dié van Brussel, Jerusalem en elke streek .....
waar hy rooi kappertjies in al die wonde,
die halfoop oë en neusgate steek.
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd " (10) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Tom Gouws en Guido Gezelle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 21:20:11 MGT 2024