Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Blom van die Baaierd (9) deur D.J. OPPERMAN
"Blom van die Baaierd (9) deur D.J. OPPERMAN [boodskap #58760] Vr, 15 Maart 2002 21:41
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Blom van die Baaierd (9)

111. Vuurvlieg

Stormlamp en flitse soek deur hierdie duisternis
in elke skeur en souterige poel;
vlermuise fladder uit spookdorpe in die mis,
die kokerbome ruk wit op.... ek voel
dat daar niks vuilers as 'n lokvink is.

"Niks skud die brakke of konstabels van my spoor
wat lei deur duine van die Dodebult,
deur dorpies na lokasies en die wêreld oor...
Die Rand en Brussel sal in medeskuld
môreoggend weet vannag het hulle saam gemoor.

"Kon ek maar weer die boggelruggie wees
wat vrolik, as die duinwind waai,
in die looidamp van my kamer op die ysterlees
'n skoen bespyker of met pikdraad naai
terwyl ek rympies maak vir God of bruilofsfees.

"Kon Djombe my as seun weer in die waentjie stoot
op paadjies na die stukke porselein en lepels,
waar meide teen die walle krap na skil en knoop
en die teef draf met geswaai van leë tepels -
ag Heer, hoe bloei die kappertjies op 'n ashoop!

"A! die slaghuis met sy vleis en stringe wors,
die pasgeslagte lam wat nog 'n ruk naroer,
die blokman se kapbreek aan 'n bees se bors -
hoe koel my voete deur die saagsel op die vloer
en die wit yspoeier wat om pype kors.

(word vervolg)
Vorige onderwerp: " Blom van die Baaierd " (8) deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Blom van die Baaierd " (10) deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 12 05:17:44 MGT 2024