Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Danielle en die Parallelle
Danielle en die Parallelle [boodskap #55955] Di, 22 Januarie 2002 18:47 na volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 19 Jan 2002 16:23:43 -0500, Danielle wrote:

>
> Vir die wat dalk sou belangstel. Hier is solank 'n lysie met sommige
> van die Jesus-parallelle . Hoofsaaklik Roger Viklund se werk, en
> daarom gaan ek dit in Engels hou.
>
>
> Sleutels:
> H=Hercules
> D=Dionysos
> Ap=Apollionios of Tyana
> As= Asklepios
> M=Mithra/Mithras
> B=Buddha
> K=Krishna
>

Danielle, eintlik het jy die soort vraag gevra wat enige redelike mens
diep laat dink. Die soort vraag wat somtyds en enige redelike mens
se gedagtes kom, maar so maklik weggeveeg word want jy is slegs
aan jou self 'n antwoord verskuldig en sal later weer daaroor dink.
Die soort vraag waaroor jy somtyds 'n paar dae moet tob voor jy
antwoord. En dan steeds in jou antwoord sê 'ek het nie alle
antwoorde in pag nie maar dit is hoe ék dit sien'.

Vanmiddag in my kar op pad na Westgate het ek met myself hieroor
geredeneer en gemedditeer en tot dié slotsom gekom (wat ek op my
eie manier vir jou in woorde omsit en daarvan kan jy natuurlik kan
maak net wat jy wil, maar vir my is dit bevredigend):

'n Landmeter wat besig was om die weg aan te wys vir 'n nuwe hoofpad
deur 'n onderontwikkelde staat, het sowat ses weke voor die span
werkers beweeg. Die gevolg was dat hy weke op dieselfde plek in die
gramadoelas in 'n tent gewoon het.
Op 'n stadium het die landmeter tydens sy baie vrye tyd geinteresseerd
geraak in die bou van 'n miershoop. 'n Kollosale miershoop wat in
aanbou was deur 'n massa miere wat vir geen oomblik ophou werk het nie
maar asof totaal en al besield met die werk, slegs gebou en gebou en
gebou het.

Alles dit was vreeslik interessant en leersaam behalwe vir die
hartseer situasie dat die miershoop presies in die pad van die komende
pad was. Dat die miershoop ses weke later gelyk met die grond gevee
sou word met alles daarin. Landmeter wou so graag aan die miere
beduie dat hulle hul werksaamhede slegs een honderd tree moes skuif.
Dat hulle in die pad van 'n gewisse vernietiging is as hulle bly waar
hulle is. Landmeter kon dit nie doen nie TENSY HY IN 'N MIER KON
VERANDER EN BINNE IN DIE MIERSHOOP GAAN. EEN VAN HULLE
WORD EN PERSOONLIK IN HULLE TAAL MET HULLE PRAAT.
Hulle waarsku en hulle wys in watter rigting hulle moes beweeg. Al hoe
hy dit kon doen was om in 'n mier te verander en een van hulle te
word. En hy wou dit sò graag doen want in sy baie vrye tyd het hy
somtyds lank by die nes gesit en die bedrywighede dopgehou.
Gefasineerd geraak met die manier waarop hulle gebou het. Gebou het
aan 'n kasteel wat in die pad van 'n staalmonster was.

Dink nou bietjie aan die feit dat die landmeter reg langs die
miershoop gestaan het sonder dat hulle hom raak gesien het. Sonder dat
hulle bewus was van die yslike wese wat oor hulle getoring het. Nooit
het een van hulle vir 'n oomblik gaan staan en opkyk na bo nie. Gesien
dat hulle van bo af dop gehou word deur iemand wat hulle graag wou
help en raadgee.

Parallelle Danielle? Daar was ander miershope wat net buite die
gevaarsone gebou het. Twee of drie van hulle die landmeter gesien. En
toe die padskrapers daar deur beweeg het vyf van hulle gesien dat 'n
mens dit bestuur. Drie van die vyf was ander as dié wat die landmeter
gesien het. Hulle het op die ander se beskrywing gegaan en beskuit dat
dit die landmeter is wat die miershoop vernietig het. Die ander twee
het gesien dat dit iemand anders was en hulle storie was weer kompleet
anders.

Padskrapers het hulle nie geken nie so hulle het vertel dat dit 'n
verskriklike groot miskruier was. Ander het gesê nee, dit was 'n tor.
Ander weer het gesê dat dit 'n onbekende sandvreter was.

ALLE STORIES HET DIESELFDE WARE OORSPRONG GEHAD
maar is gesien deur miere uit verskillende posisies en dié wat nie
vriende was met daardie miere wat se huis plat getrap is nie, het weer
vertel dat die sandvreter kwaade was omdsat hulle sy sand gesteel het.

Alles in parallel omdat dit 'n werklike gebeurtenis as bron het maar
deur verskillende oë gesien is.

(En moet nou nie vir my vra of dit in werklikheid 'n miskruier, tor,
sandvreter of padskraper was nie want dit is nie waaroor jou vraag
gaan nie. Jou vraag was oor die parallelligeit in die verskillende
stories.)

DD
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #55968 is 'n antwoord op boodskap #55955] Wo, 23 Januarie 2002 04:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jan 2002 20:47:51 +0200, Didi wrote:

Hi Dave,

Ek gaan eerlik vir jou sê dat ek sukkel op die oomblik om my gedagtes
in Afrikaans te pen. Maar ek lees en probeer verstaan.
Jou storie het my laat dink aan Wordsworth wat in "The Recluse"
geskryf het:

"How exquisitely the individual mind
. . . to the external World
Is fitted:-and how exquisitely too
The external World is fitted to the Mind."

> Dink nou bietjie aan die feit dat die landmeter reg langs die
> miershoop gestaan het sonder dat hulle hom raak gesien het. Sonder dat
> hulle bewus was van die yslike wese wat oor hulle getoring het. Nooit
> het een van hulle vir 'n oomblik gaan staan en opkyk na bo nie. Gesien
> dat hulle van bo af dop gehou word deur iemand wat hulle graag wou
> help en raadgee.

Verstaan ek reg dat jy sou wou sê dat hierdie landmeter god is?

> Alles in parallel omdat dit 'n werklike gebeurtenis as bron het maar
> deur verskillende oë gesien is.

Dit is moontlik...:-)

> (En moet nou nie vir my vra of dit in werklikheid 'n miskruier, tor,
> sandvreter of padskraper was nie want dit is nie waaroor jou vraag
> gaan nie. Jou vraag was oor die parallelligeit in die verskillende
> stories.)

Ek sal nie vra nie. Die punt van jou storie is dat die
padskraper ding het die miere se huis platgevee en uitgewis omdat die
landmeter nie slim genoeg was (of enigsins genoeg empatie gehad het
met die arme miertjies) om 'n ander pad uit te wys nie? :-))

Sien, ek sou graag wou hê dat daar GEEN paaie gebou word nie. Ek dink
die pad is "organized religion", en die stootskraper is politiek - en
die twee gaan hand aan hand aan op hulle vernietigende padmakende
reis.

Skies, ek weet ek praat strooi - maar ek is nogal pootuit vanaand en
my kop is dof soos bobby sou sê. :-)
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56017 is 'n antwoord op boodskap #55968] Wo, 23 Januarie 2002 19:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 22 Jan 2002 23:21:18 -0500, Danielle wrote:

>
> Verstaan ek reg dat jy sou wou sê dat hierdie landmeter god is?
>

Natuurlik nié. Baie beslis verstaan jy totaal en al verkeerd. God het
in die miershoop ingegaan; en die miere se taal gepraat, besef jy dit
dan nie?
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56019 is 'n antwoord op boodskap #56017] Wo, 23 Januarie 2002 20:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 21:02:59 +0200, DD wrote:

>> Verstaan ek reg dat jy sou wou sê dat hierdie landmeter god is?

>
> Natuurlik nié. Baie beslis verstaan jy totaal en al verkeerd. God het
> in die miershoop ingegaan; en die miere se taal gepraat, besef jy dit
> dan nie?

Iets wat gereeld voor my gegooi was, is bybelse aanhalings soos:
"niemand is so blind as die wat nie wil sien, of so doof as die wat
nie wil hoor nie". So, don't bother om my op daai manier te probeer
boelie om dinge te verstaan soos jy nie. Been there, done that soos
Hantamkind sou sê
(Ek dink nie dis wat jy probeer doen nie, maar ek bespeur wel 'n
tikkie frustrasie in jou woorde. Of is ek verkeerd?)

Maar WIE is die landmeter dan in jou storie?

DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56020 is 'n antwoord op boodskap #56019] Wo, 23 Januarie 2002 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 15:39:37 -0500, Danielle wrote:

>
> Maar WIE is die landmeter dan in jou storie?
>
> DD, hoe verklaar jy die holy trinity?

Die landmeter is niemand nie Danielle. Dis slegs 'n fabel wat gebruik
word om 'n siening te verduidelik. Ek kon nog nooit saamleef met 'n
verduideliking soos 'dit is te hoog vir die menslike verstand om te
verstaan, so aanvaar dit net' nie.{ En ek het so idee dat ek jou taal
praat nou, Jy en ek het heelwat smake wat ons deel. Lief vir browsing
lief vir dieselfde tipe kreatiewe programme. Ons is albei gek oor
Gloudina. So hier sal jy ook saamstem:-) }

Omdat ek 'n ding wil kan verstaan soek ek 'n manier wat dit moontlik
maak. En ek is nie noodwendig altyd reg nie maar omdat ek dit op 'n
manier sien waarop dit werklik kon gebeur, is dit makliker om te glo.
Dit wat jy van parallelle sê, het ek vroeër ook somtyds aan gedink. En
dit lastig gevind. Ek vee so iets nie net uit my gedagtes nie maar
mediteer daaroor want ek wil nie gapings in my geloof hê nie. Die
landmeter storie was my manier om myself tevrede te stel dat
parallelle uit 'n werklike gebeurtenis kan ontstaan. Net soo tien
ooggetuies 'n rugbyoorwinning kan sien en dan tien stories daaroor hê.

Hoe verklaar ek die Drie Eenheid? Lees wat ek hier bo gesê het. 'n
Predikant_vriend het my jare gelede dieselfde vraag gevra en my
antwoord aan hom was as volg: Ek sien God Die Vader, Jesus Die Seun
en Die Heilige Gees as drie afsonderlike Wesens. Drie Individue. Sy
onmiddelike reaksie was "Pasop dat jy nie in Gode glo nie!' Tien
minute later het hy gesê dat hy en ek dieselfde taal praat maar dit in
verskillende woorde sê.

Dit is in elk geval ook my antwoord aan jou Danielle. Die groot mense
het vir my gesê (toe ek 'n kind was) dat dit te veel vir die menslike
verstand is om te verstaan. Ek is nie ingestel om om so 'n antwoord te
aanvaar of te verwerk nie. Nêrens in die bybel kry ek iets wat teen
dit wat ek glo praat nie. Ek glo dat dit drie verskillende Goddelike
Wesens is. Indien ek verkeerd is sondig ek tog nie. Ek het net vir
myself 'n deur oopgemaak.

DD
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56023 is 'n antwoord op boodskap #56020] Wo, 23 Januarie 2002 22:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
me & bobby magee[1]  is tans af-lyn  me & bobby magee[1]
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
"DD" skryf in boodskap news:ef7u4uk42g41fqeg81sohmntnhvdb90cab@4ax.com...

> Dit is in elk geval ook my antwoord aan jou Danielle. Die groot mense
> het vir my gesê (toe ek 'n kind was) dat dit te veel vir die menslike
> verstand is om te verstaan. Ek is nie ingestel om om so 'n antwoord te
> aanvaar of te verwerk nie. Nêrens in die bybel kry ek iets wat teen
> dit wat ek glo praat nie. Ek glo dat dit drie verskillende Goddelike
> Wesens is. Indien ek verkeerd is sondig ek tog nie. Ek het net vir
> myself 'n deur oopgemaak.
>
> DD

Jinne, hier gaan darem nou 'n vreeslike ontleding aan op verskillende vlakke
en onder verskillende onderwerpe. Ek dink regtig nie geloof is iets wat
mens uitmekaar moet trek om te probeer verstaan nie - vir my beteken geloof
juis dat jy aanvaar wat jy hoor en GLO. Jy hoef nie alles wat in die Bybel
gesê word, te verstaan nie of te probeer ontleed nie. Dit sal juis tot
allerhande twyfel lei, wat dan jou geloof gaan ondermyn - en soos jy sê,
Didi, alles is nie daar vir die mens se verstand om te verstaan nie. Ons
kan God nooit verstaan nie, want dit is ons nie beskore nie; dieselfde met
die Drie Eenheid. Wetenskaplikes het natuurlik allerhande soort verklarings
vir alles onder die son, wat die meeste dinge in die Bybel teenspreek en
alles logies probeer verklaar. Mens moet aanvaar dat nie alles in die Bybel
logies verklaarbaar is nie. Glod soos kinders glo, hulle bevraagteken nie
alles nie, maar aanvaar grootmense se woord redelik maklik. Net so moet ons
God se Woord aanvaar.

En soos Annette glo ek ook dat dinge vir ons almal vooruitbestem is, maar
dat die krag van Gebed wel 'n paadjie kan verander, want God is nie
onwrikbaar of ongenaakbaar hardkoppig soos ons nie. Ek dink juis dit is ons
almal se probleem: ons dink God is soos ons, met al ons simpelgeit en
foute.

Ek is maar seker baie eenvoudig, maar ek dink nie mens moet te veel krap
nie - dan maak mens 'n miernes oop en raak sommer lekker verdwaald. Ek glo
wat die Bybel sê (kan nie meer so lekker alles onthou nie, maar nou ja) en
leef volgens 'n eenvoudige metode: Doen aan ander soos wat jy aan jouself
gedoen wil hê, wees lief vir almal om jou (of probeer hard ten minste), en
lei 'n "skoon" lewe tot eer van God. En ek het nie verskillende kerke nodig
of verskillende priesters en dominees om dit vir my te verduidelik nie.

That's all, Folks.
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56024 is 'n antwoord op boodskap #56020] Wo, 23 Januarie 2002 23:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 22:57:08 +0200, DD wrote:

> lief vir dieselfde tipe kreatiewe programme. Ons is albei gek oor
> Gloudina. So hier sal jy ook saamstem:-) }

HEY! Moenie woorde in my mond lê nie! :-)
Nee, ek stem nie saam nie. Maar ek erken wel dat sy soms ons Nemesis
is, of dink jy nie ook so nie?

Ek wens Reisiger wil ook sy bydrae maak - ek sou so graag sy sieninge
wou lees.
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56031 is 'n antwoord op boodskap #56020] Do, 24 Januarie 2002 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:ef7u4uk42g41fqeg81sohmntnhvdb90cab@4ax.com...
> On Wed, 23 Jan 2002 15:39:37 -0500, Danielle
> wrote:
>
>
>>
>
> Hoe verklaar ek die Drie Eenheid? Lees wat ek hier bo gesê het. 'n
> Predikant_vriend het my jare gelede dieselfde vraag gevra en my
> antwoord aan hom was as volg: Ek sien God Die Vader, Jesus Die Seun
> en Die Heilige Gees as drie afsonderlike Wesens. Drie Individue. Sy
> onmiddelike reaksie was "Pasop dat jy nie in Gode glo nie!' Tien
> minute later het hy gesê dat hy en ek dieselfde taal praat maar dit in
> verskillende woorde sê.

Jou laaste sin is iets waarin ek my baie vasloop. Ek het die manier om iets
te sê dat ander mense dink ek verskil van hulle. Intussen kan ek sien ons
praat dieselfde taal, maar sê dit in verskillende woorde. Dis net met
sekere mense wat ek dit ondervind. Nou weet ek al, met hulle redeneer ek
nie oor sekere onderwerpe nie.
>
> Dit is in elk geval ook my antwoord aan jou Danielle. Die groot mense
> het vir my gesê (toe ek 'n kind was) dat dit te veel vir die menslike
> verstand is om te verstaan. Ek is nie ingestel om om so 'n antwoord te
> aanvaar of te verwerk nie. Nêrens in die bybel kry ek iets wat teen
> dit wat ek glo praat nie. Ek glo dat dit drie verskillende Goddelike
> Wesens is. Indien ek verkeerd is sondig ek tog nie. Ek het net vir
> myself 'n deur oopgemaak.
>
> DD
>
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56056 is 'n antwoord op boodskap #56031] Do, 24 Januarie 2002 17:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 10:24:26 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Jou laaste sin is iets waarin ek my baie vasloop. Ek het die manier om iets
> te sê dat ander mense dink ek verskil van hulle. Intussen kan ek sien ons
> praat dieselfde taal, maar sê dit in verskillende woorde. Dis net met
> sekere mense wat ek dit ondervind. Nou weet ek al, met hulle redeneer ek
> nie oor sekere onderwerpe nie.

Waarom sou jy nie verder wou redeneer nie? Ek het al baie gehoor dat
mense verskonings gebruik soos: "ek hou nie van konfrontasie nie" - ek
dink dit sommer net 'n copout.
:-)
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56060 is 'n antwoord op boodskap #56031] Do, 24 Januarie 2002 19:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 10:24:26 +0200, "Kekkelbek" wrote:

>
> Dis net met
> sekere mense wat ek dit ondervind. Nou weet ek al, met hulle redeneer ek
> nie oor sekere onderwerpe nie.


Somtyds as jy in die regte bui is Kekkelbek
is hulle juis die mense by wie jy jou bek moet rek
en later wanneer hulle sê 'O'
Kom hulle agter jy is steeds bo
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56062 is 'n antwoord op boodskap #56060] Do, 24 Januarie 2002 19:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 21:40:27 +0200, DD wrote:

> Somtyds as jy in die regte bui is Kekkelbek
> is hulle juis die mense by wie jy jou bek moet rek

Kyk hoe praat ons alweer dieselfde taal in verskillende woorde! :-)

> en later wanneer hulle sê 'O'
> Kom hulle agter jy is steeds bo

Maar hier verskil ons. Ek sien nie 'n gesprekvoering as "kompetisie"
nie - maar eerlikwaar eerder net 'n proses van gedagtes uitruil. Dis
hierin waarin die plesier van gesels met verskillende mense uit
verskillende agtergronde, vir my lê.

(Buitendien is om die heeltyd bo te wees sommer vervelig, of nie?)
:-))))

Iets HEEL anders - is dit net ek, of is julle ook so - as ek iets
BELANGRIKS moet klaarmaak (met 'n deadline en all), vind ek myself
besig hou met ALLERANDE ander goed BEHALWE dit wat ek moet doen! :-(((
Soos om kort kort hier in te loer om te sien wie het wat te sê gehad.
:-)
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56065 is 'n antwoord op boodskap #56024] Do, 24 Januarie 2002 20:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 23 Jan 2002 18:07:15 -0500, Danielle wrote:

> On Wed, 23 Jan 2002 22:57:08 +0200, DD wrote:
>
>> lief vir dieselfde tipe kreatiewe programme. Ons is albei gek oor
>> Gloudina. So hier sal jy ook saamstem:-) }
>
> HEY! Moenie woorde in my mond lê nie! :-)
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
> Nee, ek stem nie saam nie.
>>>> >>> Ek kon nog nooit saamleef met 'n
>>>> >>>verduideliking soos 'dit is te hoog vir die menslike verstand om te
>>>> >>>verstaan, so aanvaar dit net' nie.{ En ek het so idee dat ek jou taal
>>>> >>>praat nou, Jy en ek het heelwat smake wat ons deel. Lief vir browsing
>>>> >>>lief vir dieselfde tipe kreatiewe programme. Ons is albei gek oor
>>>> >>>Gloudina. So hier sal jy ook saamstem:-) }

Toe ek die woorde hierbo gesê het Danielle, was dit 'n stelling op sy
eie, maw ek het nie bedoel dat jy met alles wat ek in die brief gesê
saamstem nie, maar slegs wat ek in dié parragraaf gesê het! :-)))
Oor een dingetjie het ek wel gelieg en ek glo nie dat dit oor browsing
is nie. Albei van ons is beslis ook lief vir kreatiewe programme
:-))))

>
> Ek wens Reisiger wil ook sy bydrae maak - ek sou so graag sy sieninge
> wou lees.
>
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56067 is 'n antwoord op boodskap #56062] Do, 24 Januarie 2002 20:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 14:57:47 -0500, Danielle wrote:

> On Thu, 24 Jan 2002 21:40:27 +0200, DD wrote:
>
>> Somtyds as jy in die regte bui is Kekkelbek
>> is hulle juis die mense by wie jy jou bek moet rek
>
> Kyk hoe praat ons alweer dieselfde taal in verskillende woorde! :-)
>
>> en later wanneer hulle sê 'O'
>> Kom hulle agter jy is steeds bo
>
> Maar hier verskil ons.
Hoegenaamd nie! Ons praat steeds dieselfde taal in verskillende woorde
en steeds het ons dieselfde klaarheid
want dit wat jy hieronder sê is absoluut die waarheid
Dit wat ek wou sê het geweldig gekwyn
net terwille daarvan om te rym!
> Ek sien nie 'n gesprekvoering as "kompetisie"
> nie - maar eerlikwaar eerder net 'n proses van gedagtes uitruil. Dis
> hierin waarin die plesier van gesels met verskillende mense uit
> verskillende agtergronde, vir my lê.
>
> (Buitendien is om die heeltyd bo te wees sommer vervelig, of nie?)
> :-))))
>
> Iets HEEL anders - is dit net ek, of is julle ook so - as ek iets
> BELANGRIKS moet klaarmaak (met 'n deadline en all), vind ek myself
> besig hou met ALLERANDE ander goed BEHALWE dit wat ek moet doen! :-(((
> Soos om kort kort hier in te loer om te sien wie het wat te sê gehad.
> :-)
Absoluut! Dis asof jy staak, asof jy nie jou regtig wol bind aan die
tyd wanneer dit moet klaar wees. En skielik het jy soveel dinge wat
ook belangrik is!
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56071 is 'n antwoord op boodskap #56065] Do, 24 Januarie 2002 20:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 22:32:55 +0200, DD wrote:

> Toe ek die woorde hierbo gesê het Danielle, was dit 'n stelling op sy
> eie, maw ek het nie bedoel dat jy met alles wat ek in die brief gesê
> saamstem nie, maar slegs wat ek in dié parragraaf gesê het! :-)))
> Oor een dingetjie het ek wel gelieg en ek glo nie dat dit oor browsing
> is nie. Albei van ons is beslis ook lief vir kreatiewe programme
> :-))))

O
(En moenie nou dink jy is bo nie, hoor!)
:-))))
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56072 is 'n antwoord op boodskap #56071] Do, 24 Januarie 2002 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 15:57:35 -0500, Danielle wrote:

>
> O
> (En moenie nou dink jy is bo nie, hoor!)
> :-))))

Vergeet dit Danielle, vir geen oomblik dink
ek dat ek bo is nie. Kan 'n bietjie hoe sien
ek hier van onder af op jou neer :-)))
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56073 is 'n antwoord op boodskap #56019] Do, 24 Januarie 2002 21:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle"
: DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
~~~~~~~~~
Uit die boek "I dared to call Him Father" geskryf deur Bilquis Sheikh.

Jesus explained the Trinity in a vision to Sadhu Sundar Singh, a devout Sikh
in the following manner. "Just as in the sun there are both heat and light,
but the light is not heat and the heat is not light, but both are one,
though in their manifestation the have different forms, so I and the Holy
Spirit, proceeding from the Father, bring light and heat to the world ...
Yet WE are not three but One, just as the sun is but one."
--
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56076 is 'n antwoord op boodskap #56072] Do, 24 Januarie 2002 21:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 22:58:04 +0200, DD wrote:

> On Thu, 24 Jan 2002 15:57:35 -0500, Danielle
> wrote:

>
> Vergeet dit Danielle, vir geen oomblik dink
> ek dat ek bo is nie. Kan 'n bietjie hoe sien
> ek hier van onder af op jou neer :-)))

Ek kom wel nou van 'n verjaardagpartytjie af
maar geblaas si ek beslis nie
Wat ek eintlik heir bo gesê het is:
"kyk 'n bietjie hoe sien ek hier van onder af op jou neer!" :-)))
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56079 is 'n antwoord op boodskap #56076] Vr, 25 Januarie 2002 03:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 23:15:32 +0200, DD wrote:

Hola DD!

> Ek kom wel nou van 'n verjaardagpartytjie af
> maar geblaas si ek beslis nie

Si Senor, si...
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56080 is 'n antwoord op boodskap #56076] Vr, 25 Januarie 2002 03:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote in message >
> Ek kom wel nou van 'n verjaardagpartytjie af
> maar geblaas si ek beslis nie
> Wat ek eintlik heir bo gesê het is:
> "kyk 'n bietjie hoe sien ek hier van onder af op jou neer!" :-)))

Kinky: Sonder enige twyfel kan ons sien dat jy van n verjaarsdagpartytjie afkom!
:-))
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56082 is 'n antwoord op boodskap #56080] Vr, 25 Januarie 2002 03:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jan 2002 19:13:41 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:

> DD wrote in message >
>> Ek kom wel nou van 'n verjaardagpartytjie af
>> maar geblaas si ek beslis nie
>> Wat ek eintlik heir bo gesê het is:
>> "kyk 'n bietjie hoe sien ek hier van onder af op jou neer!" :-)))
>
> Kinky: Sonder enige twyfel kan ons sien dat jy van n verjaarsdagpartytjie afkom!
> :-))

Presies wat ek ook gedink het, Kinky! :-))
Wonder wie vandag 'n hoofpyn gaan hê?
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56088 is 'n antwoord op boodskap #56071] Vr, 25 Januarie 2002 05:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kinky[1]  is tans af-lyn  Kinky[1]
Boodskappe: 193
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:...
> On Thu, 24 Jan 2002 22:32:55 +0200, DD wrote:
>
>> Toe ek die woorde hierbo gesê het Danielle, was dit 'n stelling op sy
>> eie, maw ek het nie bedoel dat jy met alles wat ek in die brief gesê
>> saamstem nie, maar slegs wat ek in dié parragraaf gesê het! :-)))
>> Oor een dingetjie het ek wel gelieg en ek glo nie dat dit oor browsing
>> is nie. Albei van ons is beslis ook lief vir kreatiewe programme
>> :-))))
>
> O
> (En moenie nou dink jy is bo nie, hoor!)
> :-))))

Kinky: Maar bo is dan soveel lekkerder as onder, is dit dan nie?
;-))
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56089 is 'n antwoord op boodskap #56056] Vr, 25 Januarie 2002 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:0ei05u0a28nj4g8ku30483e21i3kum53jj@4ax.com...
> On Thu, 24 Jan 2002 10:24:26 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Jou laaste sin is iets waarin ek my baie vasloop. Ek het die manier om iets
>> te sê dat ander mense dink ek verskil van hulle. Intussen kan ek sien ons
>> praat dieselfde taal, maar sê dit in verskillende woorde. Dis net met
>> sekere mense wat ek dit ondervind. Nou weet ek al, met hulle redeneer ek
>> nie oor sekere onderwerpe nie.
>
> Waarom sou jy nie verder wou redeneer nie? Ek het al baie gehoor dat
> mense verskonings gebruik soos: "ek hou nie van konfrontasie nie" - ek
> dink dit sommer net 'n copout.
> :-)
>
Ek hou van redeneer, maar sommige mense beskik totaal nie oor die vermoë om
jou kant in te sien nie. Ek bedoel nie dat hulle moet oortuig wees van jou
siening nie. Dis net hulle moet kan verstaan hoë jy die saak sien.

Dis ook in dié geval wat ek meestal vind dat daardie tipe persone 'n saak
nes jy sien, maar dit in ander woorde uitdruk, maar nie oor die vermoë
beskik om te kan sien: 'dat julle dieselfde taal praat, maar in verskillende
woorde sê'.

Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.

'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56090 is 'n antwoord op boodskap #56060] Vr, 25 Januarie 2002 06:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf in boodskap news:fio05u0kbglb1g1jinovu49prs5vqvdaub@4ax.com...
> On Thu, 24 Jan 2002 10:24:26 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>>
>> Dis net met
>> sekere mense wat ek dit ondervind. Nou weet ek al, met hulle redeneer ek
>> nie oor sekere onderwerpe nie.
>
>
> Somtyds as jy in die regte bui is Kekkelbek
> is hulle juis die mense by wie jy jou bek moet rek
> en later wanneer hulle sê 'O'
> Kom hulle agter jy is steeds bo

Danielle, vertrou nou weer vir DD om weer een van sy "famous" lae houe in te
kry! ;))
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56091 is 'n antwoord op boodskap #56082] Vr, 25 Januarie 2002 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit hang af wie bo is;))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:ggj15usic2534o3510spijv4tm2pntd366@4ax.com...
> On 24 Jan 2002 19:13:41 -0800, kin...@hotmail.com (Kinky) wrote:
>
>> DD wrote in message >
>>> Ek kom wel nou van 'n verjaardagpartytjie af
>>> maar geblaas si ek beslis nie
>>> Wat ek eintlik heir bo gesê het is:
>>> "kyk 'n bietjie hoe sien ek hier van onder af op jou neer!" :-)))
>>
>> Kinky: Sonder enige twyfel kan ons sien dat jy van n verjaarsdagpartytjie afkom!
>> :-))
>
> Presies wat ek ook gedink het, Kinky! :-))
> Wonder wie vandag 'n hoofpyn gaan hê?
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56096 is 'n antwoord op boodskap #56089] Vr, 25 Januarie 2002 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Jan 2002 07:58:40 +0200, "Kekkelbek" wrote:

> Ek hou van redeneer, maar sommige mense beskik totaal nie oor die vermoë om
> jou kant in te sien nie. Ek bedoel nie dat hulle moet oortuig wees van jou
> siening nie. Dis net hulle moet kan verstaan hoé jy die saak sien.

Aah, ja - ek verstaan wat jy bedoel. Ek verstaan maar te goed. :-)

> Dis ook in dié geval wat ek meestal vind dat daardie tipe persone 'n saak
> nes jy sien, maar dit in ander woorde uitdruk, maar nie oor die vermoë
> beskik om te kan sien: 'dat julle dieselfde taal praat, maar in verskillende
> woorde sê'.

Ek ondervind hierdie probleem nogal veral wanneer ek in Afrikaans
probeer kommunikeer. Maar ek vermoed dis omdat my "afrikaanse brein"
nie altyd so lekker werk nie. :-)

> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.



> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!

O sure....pull the other one...:-)
Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56097 is 'n antwoord op boodskap #56089] Vr, 25 Januarie 2002 06:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c50fbd1.0@news1.mweb.co.za...
>
>
> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.
>
> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
>

Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56099 is 'n antwoord op boodskap #56097] Vr, 25 Januarie 2002 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:

> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.

Miskien nie op papier nie (want ons sien dit nooit) Maar op
hierdie medium (die internet), DEFINITIEF! En ek is geensins bereid
om verder hieroor te debateer nie. Einde van die saak! :-)))))
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56102 is 'n antwoord op boodskap #56097] Vr, 25 Januarie 2002 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Sakkie skryf in boodskap news:3c510161$0$226@hades.is.co.za...
>
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c50fbd1.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>
>> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.
>>
>> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
>> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
>>
>
> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>
Ek dink nie mens kan effektief op papier debateer nie. Baie keer sê mens
iets op die ng en moet jy nog verder uitbrei, sodat hulle jou punt kan
verstaan en voor tannie Gloudina bereid is om jou uit haar 'tanne' los te
laat. ;)

Elkeen van ons kan dieselfde sin skryf en ons gaan almal iets anders daaruit
lees op grond van hoe jy die persoon se persoonlikheid 'sien'. Gloudina kan
ongelukkig niks sê nie en dan dink almal sy is aggressief. Ai sy is darem 'n
lekker voorbeeld vir die ekstreme, ná ;) Kinky sal dieselfde ding sê en die
manne sal dink sy is agter hul lywe aan. ;))
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56104 is 'n antwoord op boodskap #56097] Vr, 25 Januarie 2002 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mens kan altyd probeer......
:))
Annette

news:3c510161$0$226@hades.is.co.za...
>
> "Kekkelbek" wrote in message
> news:3c50fbd1.0@news1.mweb.co.za...
>>
>>
>> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.
>>
>> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
>> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
>>
>
> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56106 is 'n antwoord op boodskap #56096] Vr, 25 Januarie 2002 07:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:05v15u8ip4sh88pblukogkfv0ip6dqtlka@4ax.com...
> On Fri, 25 Jan 2002 07:58:40 +0200, "Kekkelbek"
> wrote:
>
>> Ek hou van redeneer, maar sommige mense beskik totaal nie oor die vermoë om
>> jou kant in te sien nie. Ek bedoel nie dat hulle moet oortuig wees van jou
>> siening nie. Dis net hulle moet kan verstaan hoë jy die saak sien.
>
> Aah, ja - ek verstaan wat jy bedoel. Ek verstaan maar te goed. :-)

Iets wat my grensloos kan irriteer is as mense sê: 'Ek hoor wat jy sê,
maar.....' Hulle moet nie hul sielkunde op my gebruik nie, ek sien
dwarsdeur dit. Wat hulle eintlik sê is, hulle wil steeds met hul voorstel
voortgaan. (val in dieselfde klas mens as die wat glo hulle is NOOIT
verkeerd nie)
>
>> Dis ook in dié geval wat ek meestal vind dat daardie tipe persone 'n saak
>> nes jy sien, maar dit in ander woorde uitdruk, maar nie oor die vermoë
>> beskik om te kan sien: 'dat julle dieselfde taal praat, maar in verskillende
>> woorde sê'.
>
> Ek ondervind hierdie probleem nogal veral wanneer ek in Afrikaans
> probeer kommunikeer. Maar ek vermoed dis omdat my "afrikaanse brein"
> nie altyd so lekker werk nie. :-)
>
>> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.
>
>
>
>> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek het my
>> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
>
> O sure....pull the other one...:-)

Sien en daar 'lees' jy my nou werklik verkeerd. Ek het in alle erns bedoel
dat ek dit nie teen iemand in die groep mik nie. Ek het aan mense wat ek
persoonlik ken, gedink toe ek die opmerkings gemaak het. ......fluister: en
aan die einde besef hoeveel op die groep ook agter die deur staan :)
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56109 is 'n antwoord op boodskap #56097] Vr, 25 Januarie 2002 07:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" sent the
following message to space station Earth:

> Ek
> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>

nee, en dis dit.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56113 is 'n antwoord op boodskap #56062] Vr, 25 Januarie 2002 08:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kekkelbek  is tans af-lyn  Kekkelbek
Boodskappe: 303
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:4fp05u48b1mknivq3s36e4uo9n6crh528g@4ax.com...
> On Thu, 24 Jan 2002 21:40:27 +0200, DD wrote:
>
>> Somtyds as jy in die regte bui is Kekkelbek
>> is hulle juis die mense by wie jy jou bek moet rek
>
> Kyk hoe praat ons alweer dieselfde taal in verskillende woorde! :-)
>
>> en later wanneer hulle sê 'O'
>> Kom hulle agter jy is steeds bo
>
> Maar hier verskil ons. Ek sien nie 'n gesprekvoering as "kompetisie"
> nie - maar eerlikwaar eerder net 'n proses van gedagtes uitruil. Dis
> hierin waarin die plesier van gesels met verskillende mense uit
> verskillende agtergronde, vir my lê.

Hier is ons dieselfde. 'n Gesprek wat as 'n kompetisie uitdraai is geneig
om oor te gaan na aggressie en in sommige gevalle die aanval van die persoon
self. Sommer 'n 'tip' aan die mense wat mekaar so lekker in die hare vlieg:
As jy iemand se persoonlikheid aanval het jy die geveg verloor. Dit sluit
in vloekwoorde.

Ek het my kinders geleer as jy vloekwoorde gebruik, beteken dit jy beskik
nie oor die nodige intelligensie om korrekte byvoeglikenaamwoorde te vind
nie.

> (Buitendien is om die heeltyd bo te wees sommer vervelig, of nie?)
> :-))))
>
> Iets HEEL anders - is dit net ek, of is julle ook so - as ek iets
> BELANGRIKS moet klaarmaak (met 'n deadline en all), vind ek myself
> besig hou met ALLERANDE ander goed BEHALWE dit wat ek moet doen! :-(((
> Soos om kort kort hier in te loer om te sien wie het wat te sê gehad.
> :-)
Ek dink die sielkundiges noem dit die vermydingvermydingskonflik. Die
student wat eerder sy deurmekaar kamer opruim as om te moet leer. :) Die
meeste mense is meesters op die gebied. My sterk punt is as ek kwaad is,
kan ek darem kaste regpak soos min!
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56114 is 'n antwoord op boodskap #56102] Vr, 25 Januarie 2002 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Kekkelbek" skryf in boodskap news:3c511294.0@news1.mweb.co.za...
>
> Sakkie wrote in message
news:3c510161$0$226@hades.is.co.za...
>>
>> "Kekkelbek" wrote in message
>> news:3c50fbd1.0@news1.mweb.co.za...
>>>
>>>
>>> Dis ook sulke mense wat glo hulle is NOOOOIT verkeerd nie.
>>>
>>> 'Skies vir die mense in die groep wat nou agter die deur staan. Ek
het
> my
>>> opmerkings teen niemand in die groep gemik nie!
>>>
>>
>> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-)))))
> Ek
>> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
>> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>>
> Ek dink nie mens kan effektief op papier debateer nie. Baie keer sê mens
> iets op die ng en moet jy nog verder uitbrei, sodat hulle jou punt kan
> verstaan en voor tannie Gloudina bereid is om jou uit haar 'tanne' los te
> laat. ;)
>
> Elkeen van ons kan dieselfde sin skryf en ons gaan almal iets anders daaruit
> lees op grond van hoe jy die persoon se persoonlikheid 'sien'. Gloudina kan
> ongelukkig niks sê nie en dan dink almal sy is aggressief. Ai sy is darem 'n
> lekker voorbeeld vir die ekstreme, ná ;) Kinky sal dieselfde ding sê en die
> manne sal dink sy is agter hul lywe aan. ;))
>

Kinky???........HAAI NOOIT!!! (gesê met uiterste verbasing) :-))))))
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56146 is 'n antwoord op boodskap #56080] Vr, 25 Januarie 2002 18:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> ........ geblaas si ek beslis nie
>> Wat ek eintlik heir bo gesê het is:
>> "kyk 'n bietjie hoe sien ek hier van onder af op jou neer!" :-)))

> Danielle:
> Si Senor, si...
>

>
> Kinky: Sonder enige twyfel kan ons sien dat jy van n verjaarsdagpartytjie afkom!
> :-))

LGMGTF...:-))))))))))
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56149 is 'n antwoord op boodskap #56097] Vr, 25 Januarie 2002 18:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:

> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>
>
Ek wonder Sakkie, of ons nie dalk op 'n sekere gebied meer van mekaar
leer ken op dié manier as in die straat nie. In die straat is daar
miskien meer skynheiligheid as hier waar die Tobie's hul
neusoptrekkirigheid somtyds wys (bedoelende met wie hulle wil
assosieer) Die Lou's wat openlik wys dat hulle eintlik dink dat mans
tòg so bietje meer sense het, die Gloudina's hulle baie nice hou en
skiélik, o sò skielik en onverwags slaan die distrik ses maniere weer
deur, die Australiese Onnies wanneer hulle lekker dik raak vir ons,
sommer by die deur uitstorm vir 'n paar dae, die Kekkelbekke dieselfde
tyd wat Me by die deur uitstorm haar 'Sherrif' badge gryp en vassteek
sodat ons darem 'n vrederegter het, Die Danielle's om een of ander
rede gefrustreerd by die huis raak en dit of op my of op Kinky, of op
die arme vreedsame Gloudina uithaal, die Annette's wat vir almal oor
die rand glimlag met die rooiwyn glinstering in haar oë, die
Hantamkinders wat wonder hoe op aarde 'n onbeskaafde klomp soos ons op
usenet toegelaat word, Die Kinky's wat gereed is om heel skerp
enigiets kan omsit in iets om oor te glimlag, die Thys'se wat in die
bos wegkruip tot 'n klip werklik naby hom val en dan daar uitstorm,
die Jonas'se wat vir Kinky sê :ek hoor wat jy sê, maar..."

(Hi...ek het jou nie vergeet nie, ek probeer jou net êrens plaas!)
Re: Dawid soek alweer...:-) [boodskap #56151 is 'n antwoord op boodskap #56076] Vr, 25 Januarie 2002 18:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
: Ek kom wel nou van 'n verjaardagpartytjie af
: maar geblaas si ek beslis nie (is)
: Wat ek eintlik heir bo gesê het is: (hier)
: "kyk 'n bietjie hoe sien ek hier van onder af op jou neer!" :-)))
~~~~
soos DD sê, hy is nugter ;-)
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56153 is 'n antwoord op boodskap #56073] Vr, 25 Januarie 2002 19:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 24 Jan 2002 23:00:27 +0200, "Tobie"
On Thu, 24 Jan 2002 23:00:27 +0200, "Tobie" wrote:

> "Danielle"
> : DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
> ~~~~~~~~~
> .........Yet WE are not three but One, just as the sun is but one."

Dit is so snaaks dat niemand anders hier 'n byvoeging wil maak nie
Tobie, selfs nie eens Danielle wat die tema aangevoor het nie.

Na aanleiding van wat jy hier aanhaal, is dit nou weer die praktiese
sy in my wat vir my siening van drie individuele Wesens ondersteuning
kry in die feit dat Jesus op 'n stadium 'n suigeling was, en steeds
het die Grootheid regeer.
Re: Danielle en die Parallelle [boodskap #56160 is 'n antwoord op boodskap #56153] Vr, 25 Januarie 2002 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 25 Jan 2002 21:12:54 +0200, DD wrote:

>> "Danielle"
>> : DD, hoe verklaar jy die holy trinity?
>> ~~~~~~~~~
>> .........Yet WE are not three but One, just as the sun is but one."
>
> Dit is so snaaks dat niemand anders hier 'n byvoeging wil maak nie
> Tobie, selfs nie eens Danielle wat die tema aangevoor het nie.

Want DD - ek wou eintlik net weet hoe jy dit sien, en jy het my
geantwoord. (Wat ek waardeer het). Punt was dat ek wou sien hoe en of
Christene nogsteeds sukkel met hierdie konsep. Ek het verwag om
verskillende antwoorde van verskillende mense te kry.
As jy rerig my opinie wil hoor, sal ek dit gee - maar dit ek glo nie
dit (my opinie in hierdie verband) sal enigiets beteken nie.
Inteendeel...
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56242 is 'n antwoord op boodskap #56149] Ma, 28 Januarie 2002 06:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD wrote:
>
> On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
>> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
>> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>>
>>
> Ek wonder Sakkie, of ons nie dalk op 'n sekere gebied meer van mekaar
> leer ken op dié manier as in die straat nie. In die straat is daar
> miskien meer skynheiligheid as hier waar die Tobie's hul
> neusoptrekkirigheid somtyds wys (bedoelende met wie hulle wil
> assosieer) Die Lou's wat openlik wys dat hulle eintlik dink dat mans
> tòg so bietje meer sense het,

Ohopoho!! Wat jy waar kry? Ek dink dat vroue die meeste van die tyd
beter weet :) - en ek het my vrou se toestemming om so te sê. Natuurlik
sê sy ook dat
ek mag sê dat jy pleinweg - bollie praat.

Jou rumour val natuurlik in by ander lae hou redenasies wat soorgelyk is
soos -
- dat jy stééds jou vrou slaan erkenning aan my vriend Ferdi) , met
kinders lol, te veel suip, die werk se skryfbehoetes steel, 'n
apartheidsvark is :) etc. Onmoontlik om te verdedig - want jy het glad
nie die hou sien kom nie - en teen die tyd wat jy wil terug slaan hol
die aanvaller reeds doer ver oor die bult.

Om jou te tipeer - een van daai klein outjies wat in die agterlyn speel,
dan die een keer wat hy naby aan die skrum kom skelm iemand se hare trek
an dan die res van die wedstryd enige kontak vermy :}
Re: Debateer, argumenteer en beentrek [boodskap #56245 is 'n antwoord op boodskap #56149] Ma, 28 Januarie 2002 06:57 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Sakkie[4]  is tans af-lyn  Sakkie[4]
Boodskappe: 383
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek hoor wat jy sê maar,....:-))))) Ek wonder nog altyd. Een ding is baie
seker. 'n Persoon se ware karakter kom makliker hier deur. Dit gee ek jou
toe.

"DD" skryf in boodskap news:sp735u0r7gm4h1u2m9in3nm6btrprmj7pi@4ax.com...
> On Fri, 25 Jan 2002 08:51:03 +0200, "Sakkie" wrote:
>
>
>> Nou voel ek bitter seergemaak en gekrenk tot in my diepste wese :-))))) Ek
>> wonder of 'n ou werklik effektief op papier kan debateer met iemand wie se
>> persoonlikheid en manier van dinge sê jy glad nie ken nie.
>>
>>
> Ek wonder Sakkie, of ons nie dalk op 'n sekere gebied meer van mekaar
> leer ken op dié manier as in die straat nie. In die straat is daar
> miskien meer skynheiligheid as hier waar die Tobie's hul
> neusoptrekkirigheid somtyds wys (bedoelende met wie hulle wil
> assosieer) Die Lou's wat openlik wys dat hulle eintlik dink dat mans
> tóg so bietje meer sense het, die Gloudina's hulle baie nice hou en
> ski�lik, o sê skielik en onverwags slaan die distrik ses maniere weer
> deur, die Australiese Onnies wanneer hulle lekker dik raak vir ons,
> sommer by die deur uitstorm vir 'n paar dae, die Kekkelbekke dieselfde
> tyd wat Me by die deur uitstorm haar 'Sherrif' badge gryp en vassteek
> sodat ons darem 'n vrederegter het, Die Danielle's om een of ander
> rede gefrustreerd by die huis raak en dit of op my of op Kinky, of op
> die arme vreedsame Gloudina uithaal, die Annette's wat vir almal oor
> die rand glimlag met die rooiwyn glinstering in haar oë, die
> Hantamkinders wat wonder hoe op aarde 'n onbeskaafde klomp soos ons op
> usenet toegelaat word, Die Kinky's wat gereed is om heel skerp
> enigiets kan omsit in iets om oor te glimlag, die Thys'se wat in die
> bos wegkruip tot 'n klip werklik naby hom val en dan daar uitstorm,
> die Jonas'se wat vir Kinky sê :ek hoor wat jy sê, maar..."
>
> (Hi...ek het jou nie vergeet nie, ek probeer jou net êrens plaas!)
Vorige onderwerp: aandag vertalers...
Volgende onderwerp: Lugdiens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 03:55:05 MGT 2024