Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lugdiens
Lugdiens [boodskap #56260] Ma, 28 Januarie 2002 07:46 na volgende boodskap
Drom[1]  is tans af-lyn  Drom[1]
Boodskappe: 333
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Lees vroeër vanoggend 'n berig op News24 oor 'n Amerikaner, Vern Six,
wat 'n webwerf geskep het waarop hy almal ten sterkste afraai om SAL
(kan mens nog so sê, of is dit nou ook net SAA?) te vlieg. Hy en sy
vrou het hierheen gekom vir hulle wittebrood, met SAL, en as alles wat
hy skryf waar is kan mens sien hoekom hy bitterbek is. Hoekom val al
ons stelsels in/uitmekaar? G'n wonder SAL se winste is nie so groot
nie. Hulle gaan glo nou prossedeer.

Drom
Re: Lugdiens [boodskap #56266 is 'n antwoord op boodskap #56260] Ma, 28 Januarie 2002 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wel Drom, ek het ook wan die webwerf gehoor, maar dit nog nie gelees nie.
Al wat ek weet - daar was twee pare van oorsee wat by my kom kuier het - een
van London, and van Los Angeles - en albei het gesweer hulle vlieg net maar
nooit ooit weer met SAA nie ( as jy SAL sê dan is dit oortreding:)) )
Ek het nie in detail gevra wat presies nie, maar het wel vir hulle die
nommer gegee waar om te kla.
Annette

Drom skryf in boodskap news:1e507c17.0201272346.2741de3@posting.google.com...
> Lees vroeër vanoggend 'n berig op News24 oor 'n Amerikaner, Vern Six,
> wat 'n webwerf geskep het waarop hy almal ten sterkste afraai om SAL
> (kan mens nog so sê, of is dit nou ook net SAA?) te vlieg. Hy en sy
> vrou het hierheen gekom vir hulle wittebrood, met SAL, en as alles wat
> hy skryf waar is kan mens sien hoekom hy bitterbek is. Hoekom val al
> ons stelsels in/uitmekaar? G'n wonder SAL se winste is nie so groot
> nie. Hulle gaan glo nou prossedeer.
>
> Drom
Re: Lugdiens [boodskap #56283 is 'n antwoord op boodskap #56260] Ma, 28 Januarie 2002 10:26 Na vorige boodskap
Threeships 'did you s  is tans af-lyn  Threeships 'did you s
Boodskappe: 200
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On 27 Jan 2002 23:46:54 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) sent the
following message to space station Earth:

> Lees vroeër vanoggend 'n berig op News24 oor 'n Amerikaner, Vern Six,
> wat 'n webwerf geskep het waarop hy almal ten sterkste afraai om SAL
> (kan mens nog so sê, of is dit nou ook net SAA?) te vlieg. Hy en sy
> vrou het hierheen gekom vir hulle wittebrood, met SAL, en as alles wat
> hy skryf waar is kan mens sien hoekom hy bitterbek is. Hoekom val al
> ons stelsels in/uitmekaar? G'n wonder SAL se winste is nie so groot
> nie. Hulle gaan glo nou prossedeer.
>
> Drom

vanwee die werk wat ek doen vlieg ek elke jaar duisende kilometers op
verskillende rederye en saa is gemiddeld. wat my egter ontstel is ons
lughawe geriewe. as jy `n slegte vlug gehad het en jy klim by jia af
dan breek dit die kameel se rug. ons lughawens is derde werelds om die
minste daaroor te se. hulle is nog besig met verbeteringe by jia en ek
moet se dat dit wat hulle (acsa) verrig het in die afgelope jaar is
goed, maar gemeet aan standaarde vir `n internationale lughawes is dit
net nie goed genoeg nie. nie net vir geriewe nie maar ook sekuriteit.
o ja amper vergeet ek, hulle is ook in die proses om die entertainment
stelsels op die airies op te gradeer en dit vergelyk, soms selfs
beter, met ander rederye. dat dit so slegs is dat ek `n web site
daaroor sal begin? ek weet darem nie. miskien het hy maar `n
senuweetjie vas geknyp met die lang vlug.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Vorige onderwerp: Danielle en die Parallelle
Volgende onderwerp: Annette weet jy...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 18:46:18 MGT 2024