Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA STUDENTE NAVORS AFRIKAANS
VSA STUDENTE NAVORS AFRIKAANS [boodskap #5350] Ma, 22 Januarie 1996 00:00
jac...  is tans af-lyn  jac...
Boodskappe: 3
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek gee 'n tweedejaars letterkunde klas van Jan to April vanjaar. Vir die skryf
vaardigheidsverbetering van my studente gaan ek aan hulle die opdrag gee om die
volgende vraag te beantwoord: Hoe word Afrikaans gesien? Hulle moet dan
moedertaal sprekers en "buitestanders" hieroor nader om die opstel te kan
skryf. Ek soek dus na persone wat bereid sou wees om direk deur my studente
genader te word om hulle navorsing te doen. Indien moontlik, korrespondeer asb
op Afrikaans.

Spoed 'n skermpossie my kant toe met die SUBJECT: DEELNEEM en laat die boodskap
gedeelte leeg. As u wel 'n boodskap wil byvoeg, skryf dan DEELNEEM...

Ek sal dan die lys van skermposadresse aan die 18 studente gee en dan moet
hulle self die saak verder voer.

Ek sien uit na die bevindinge!

Groete, Jacques (Die Afrikaanse Onnie in Amerika)
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5678] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' i
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5657] (Fwd) Re: Re: Daisy de Melcker..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 15:04:06 MGT 2024