Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang.
Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44167] Do, 14 Junie 2001 09:14 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Algemeen:
Geen metaal moet met die blatjang in aanraking kom terwyl dit gekook of
gebêre word nie.
Bedek dit met 'n dun lagie was of 'n lagie waspapier as die houers
bottels) metaaldeksels het.
Goeie nuus vir Danielle ( ek weet ook nie alles nie)
Blatjang word gemaak deur vars of gedroogde groente of vrugte met asyn en
speserye te kook tot dit so dik soos sagte jam is ( konfyt moet 'n nuwe
woord wees:)))

1) Appelkoosblatjang
Bestanddele:
100 Appelkose ( gedroog of vars); 1 groot ui, 1/2 knoffel, 2 1/2
pond suiker ( 5kg - en ek sal ligte bruin suiker gebruik)
1 teelepel Cayenne peper ( rissiepeper), 1 eetlepel sout,
2 eetlepels fyn gemmer, 1 teelepel mostert, 1 bottel asyn ( ek sal
bruin asyn gebruik)
Metode:
As gedroogde appelkose gebruik word, week hulle oornag in koue water en kook
in dieselfde water totdat dit sag is. ( ontdroog in SocAfr:)) )
Rasper of kap die ui en die knoffel fyn, en kook dit omtrent 10 minute lank
in die asyn totdat dit sag is.
Voeg die suiker, sout en speserye by die vrugte en kook dit 30 - 60 minute
lank in die asynmengsel tot dit dik genoeg is. Roer dit af en toe om te
voorkom dat dit brand ( nie te veel nie - Sakkie sê so)
Gooi dit in warm, skoon droë bottels en verseel dadelik.

Annette
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44211 is 'n antwoord op boodskap #44167] Do, 14 Junie 2001 15:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
So lekker soos kan kom...

My ma se resep is ook min of meer soiets Anette. Seker daai Viljee antie
vannie Bos wat nog steeds Kook en Geniet self uitgee (SJA de Villiers) se
resep nê?

My skoonsuster se jongste sus raak verloof, Verloofde koop vir haar 'n
stoof, en sy's tog te opgewonde:
"Ou Sus, Chris het vir my 'n stoof gekoop."
"Maar Brenda, het jy al 'n Kook en Geniet?" vra ou Sus.
"Nee"
"Nou wat wil jy met 'n stoof maak as jy nog nie eens 'n resepteboek het nie"
was haar terggooi.

Ek was al 'n paar keer by daardie tannie Viljee aan huis as uitgehongerde
koshuisbrak. En natuurlik meer oor haar mooi dogter, maar die eetgoed wat Ma
en dogter opgedis het was om enige brak se mond te laat water en die
hongerpyne weg te eet...

Thys oppie Bos

"Annette" wrote in message
news:9ga3ae$811hb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44226 is 'n antwoord op boodskap #44167] Do, 14 Junie 2001 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
" Vinnige appelkoosblatjang
250 ml (1 k) fyn appelkooskonfyt
2,5 ml (1/2 t) sout
0,6 ml (1/8 t) rooipeper
2,5 ml (1/2 t) fyn gemmer
190 ml (3/4 k) witasyn
1. Meng die eerste 4 bestanddele en roer dan die asyn by volgens smaak.
2. Kook tot dit dik genoeg is."

Met apologie aan Mev. De Villiers. (Ek het/ken die familie - sy is een een
van drie merkwaardige susters.. Kom van Boshoff in die Vrystaat, ens.)

"Annette" skryf in boodskap news:9ga3ae$811hb$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Algemeen:
> Geen metaal moet met die blatjang in aanraking kom terwyl dit gekook of
> gebêre word nie.
> Bedek dit met 'n dun lagie was of 'n lagie waspapier as die houers
> bottels) metaaldeksels het.
> Goeie nuus vir Danielle ( ek weet ook nie alles nie)
> Blatjang word gemaak deur vars of gedroogde groente of vrugte met asyn en
> speserye te kook tot dit so dik soos sagte jam is ( konfyt moet 'n nuwe
> woord wees:)))
>
> 1) Appelkoosblatjang
> Bestanddele:
> 100 Appelkose ( gedroog of vars); 1 groot ui, 1/2 knoffel, 2 1/2
> pond suiker ( 5kg - en ek sal ligte bruin suiker gebruik)
> 1 teelepel Cayenne peper ( rissiepeper), 1 eetlepel sout,
> 2 eetlepels fyn gemmer, 1 teelepel mostert, 1 bottel asyn ( ek sal
> bruin asyn gebruik)
> Metode:
> As gedroogde appelkose gebruik word, week hulle oornag in koue water en kook
> in dieselfde water totdat dit sag is. ( ontdroog in SocAfr:)) )
> Rasper of kap die ui en die knoffel fyn, en kook dit omtrent 10 minute lank
> in die asyn totdat dit sag is.
> Voeg die suiker, sout en speserye by die vrugte en kook dit 30 - 60 minute
> lank in die asynmengsel tot dit dik genoeg is. Roer dit af en toe om te
> voorkom dat dit brand ( nie te veel nie - Sakkie sê so)
> Gooi dit in warm, skoon droë bottels en verseel dadelik.
>
> Annette
>
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44235 is 'n antwoord op boodskap #44226] Do, 14 Junie 2001 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HW Gird  is tans af-lyn  HW Gird
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1999
Karma: 0
Volle Lid
> Met apologie aan Mev. De Villiers. (Ek het/ken die familie - sy is een een
> van drie merkwaardige susters.. Kom van Boshoff in die Vrystaat, ens.)

Boshoff - Is daar van julle wat bekend is met Boshoff se bekende
Rooidakskool?

Harry
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44249 is 'n antwoord op boodskap #44167] Do, 14 Junie 2001 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jun 2001 03:21:24 GMT, Danielle wrote:

> On Fri, 15 Jun 2001 04:37:35 +0200, "Annette"
> wrote:

> ... en nes Davie multitask ek vir afleiding met die
> nuusgroepe...:-))

En nes Davie raak die nuusgroep vir my ook meer en meer deel van die
aand.

Verdomp, selfs Gloudina en Ferdi dien hul doel hier. Ek meen te sê...
umm... tot in 'n mishoop dien selfs die wurms 'n doel.

DD
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44260 is 'n antwoord op boodskap #44235] Vr, 15 Junie 2001 02:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja. En die skewe verhoog:)))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

HW Gird skryf in boodskap news:9gb7hm$sih$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
>> Met apologie aan Mev. De Villiers. (Ek het/ken die familie - sy is een een
>> van drie merkwaardige susters.. Kom van Boshoff in die Vrystaat, ens.)
>
> Boshoff - Is daar van julle wat bekend is met Boshoff se bekende
> Rooidakskool?
>
> Harry
>
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44261 is 'n antwoord op boodskap #44167] Vr, 15 Junie 2001 02:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Kry julle net heel appelkooskonfyt daar?:)))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:uu7iit07vsdrt1eqa9b11j9k3vnr41b0un@4ax.com...
> On Thu, 14 Jun 2001 19:04:58 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> " Vinnige appelkoosblatjang
>
> Dankie Jonas. Ek het jou resep ook uitgedruk, want as Annette s'n
> flop, dan sal ek gou joune aanmekaar gooi, en myself probeer oortuig
> dat ek darem tog nog potensiaal as kok het!! :-)))
>
> Die fyn appelkooskonfyt sal bietjie sukkel gaan om in die hande te
> kry, maar 'n boerin kan seker ook 'n plan maak! :-))
>
Re: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang. [boodskap #44359 is 'n antwoord op boodskap #44249] Vr, 15 Junie 2001 19:12 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ons is nou 'n lekker knus mishopie hier;)))))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Davie Davis skryf in boodskap news:1mbiitoe9nm4660enilfhofim5h0hj2anm@4ax.com...
> On Fri, 15 Jun 2001 03:21:24 GMT, Danielle wrote:
>
>> On Fri, 15 Jun 2001 04:37:35 +0200, "Annette"
>> wrote:
>
>> ... en nes Davie multitask ek vir afleiding met die
>> nuusgroepe...:-))
>
> En nes Davie raak die nuusgroep vir my ook meer en meer deel van die
> aand.
>
> Verdomp, selfs Gloudina en Ferdi dien hul doel hier. Ek meen te sê...
> umm... tot in 'n mishoop dien selfs die wurms 'n doel.
>
> DD
>
Vorige onderwerp: Re: Adams Mission Station vanaf 1996 tot nou...
Volgende onderwerp: Re: Lirieke en Ou tannies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:31:28 MGT 2024