Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Adams Mission Station vanaf 1996 tot nou...
Re: Adams Mission Station vanaf 1996 tot nou... [boodskap #44358] Vr, 15 Junie 2001 18:13
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Danielle wrote:

> Onderwerp:Plekbeskrywing: ADAMS MISSION STATION

> Ons het onlangs 'n interessante gas vir 'n paar
> dae gehad hier in Ottawa. Hy is die huidige prinsipaal
> van Adams College en was hier in Kanada vir twee
> maande om navorsing te doen vir sy D. ED wat hy
> op voltooiing sal ontvang van R.A.U.
> Thula het benewens sy grade in die opvoedkunde
> ook 'n graad in die Wet. Sy veld van navorsing is in
> Onderwys en die Wet, en hy sê Kanada is een van die
> beste plekke om navorsing te doen in sy veld.

Wil bietjie die geskiedenis opdateer. Thula Mbatha hetdink ek alreeds sy Ph.D. van
RAU ontvang. Hy is ook
nie meer hoof by Adams College nie, maar is in een of
ander administratiewe pos in die Natal-Kwazulu Onderwys-
departement.
Bill Booth kon toe nie in die hele New England 'n foto
van Dr. Adams opspoor nie, dus is daar nie 'n foto van
Dr. Adams by Adams College nie.
Ek het op een of ander tydstip gehoor dat hulle Adams
College toegemaak het, maar weet nie presies nie. As dit
wel die geval is, het hulle seker die skool as kosskool
getermineer en is die hoërskool net vir dagstudente. Dit sou
ekonomies seker meer sin maak. Kosskole is uit die aard
van die saak 'n elite luuksheid.

Gloudina

>
Vorige onderwerp: Danielle ontmasker?
Volgende onderwerp: Blatjangs Algemeen en Appelkoosblatjang.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 10 13:25:22 MGT 2024