Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kryt" deur RONNIE BELCHER
"Kryt" deur RONNIE BELCHER [boodskap #41641] So, 06 Mei 2001 02:12
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kryt
Ronnie Belcher

By Blouberg stamp 'n tierende suidoos
sy vuis teen wit skuimtoppe van die see
en moker hou vir hou die strand vuisvoos
onder die meeue se bloedlustige geskree.
Die rompe van matroos en houerskip
kom aangerol met ankertou en vrag
en word verpletter teen die riwwe klip
was soos 'n Leviatan lê en wag.
Dan skielik sak die stormwind sy vuis
en raak die asemhaling van die see
weer kalm met 'n reuk van vars harpuis
waar geel stootskrapers skroot en vuil opvee.
En in die bergkom lê die wind doodstil
asof hy sê dis soos die Here wil.
Vorige onderwerp: "Onverklaarbare" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: "Jann Weiss, new age teacher" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 15:44:35 MGT 2024