Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Jann Weiss, new age teacher" deur CHARL DURAND
"Jann Weiss, new age teacher" deur CHARL DURAND [boodskap #41772] Ma, 07 Mei 2001 17:37
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Jann Weiss, new age teacher
Charl Durand


ek breek glasbalonne om mense se koppe
ek kyk in hul oë
woel die sondes in hul siele los

bring jou koppie tee
kom sit hier op my sielstoep
ons kan kyk na die donder wat oor fourways opsteek
strepe reënveesels wat verbytrek betrag

ek blaas 'n fluitjie vir trane
jy dra nog tissues aan
sommige huil, ander luister,
ons is almal so dieselfde
tog uniek op jou snelweg

luister na jou liggaam, luister na jou eenheid
skep 'n kerk, maar wees bereid om daarna te trek
bossies groei in die kerkhof
maak die hekkie agter jou toe

so laat jou wil geskied
al kom jou ossewa laat
glo in god, vergewe jou ouers
ry 'n dolfyn, lees jou lewenswaar.
Vorige onderwerp: "Kryt" deur RONNIE BELCHER
Volgende onderwerp: "Man met Horries" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 16:13:06 MGT 2024