Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Onverklaarbare" deur LINA SPIES
"Onverklaarbare" deur LINA SPIES [boodskap #41565] Vr, 04 Mei 2001 00:59
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ONVERKLAARBARE
Lina Spies

U is vandag die Hippie-koning,
die Jesus-people kroon en klee u.
U is die arme
en ons moet ons goed uitdeel,
ons liggaam oorgee om verbrand te word.
Maar u kleed was in een stuk geweef
dat die soldate daaroor moes dobbel
om dit ongeskeur te kon behou.

Hulle maak van u 'n queer, 'n moffie,
hulle sê u was gay op swerf met twaalf mans
en dat u Petrus en Johannes innig liefgehad het.
Niks kom daarby nie; dié liefde van eensoortiges.
Maar u het u hande na kinders uitgestrek
en Petrus eenmaal vir die duiwel uitgeskel.

Hulle praat van Maria
wat keer op keer u by die maaltyd opgesoek het
om by u voete te kon sit,
om met teer hande u te salf.
Maar oor die leë graf het u vir haar geroep:
“Raak my nie aan nie!”

Hulle het vir u gevlug in kloosters,
heilige oorloë gevoer,
gevas,
kerse opgesteek in katedrale
en u naam op die preekstoel uitgeroep
bokant 'n blinkborduurde kanselkleed wat sê:
“So spreek die Here.”
Skone,
Gemartelde,
Verlate Vriend,
Opgestane bruidegom,

Jesus van Nasaret, gaan ons nie verby.
Vorige onderwerp: Afrikaanse gedigte gesoek!
Volgende onderwerp: "Kryt" deur RONNIE BELCHER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:04:39 MGT 2024