Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » soos geprofeteer
soos geprofeteer [boodskap #40052] Vr, 09 Maart 2001 17:59 na volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
sesse in ondermeer adresse is?

Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
hoor.

DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40058 is 'n antwoord op boodskap #40052] Vr, 09 Maart 2001 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie ek het al baie sesse gesien of selfs adresse gesien met drie
sesse in nie.
Ons beweeg miskien net in verskillende sirkels;)))
Annette

Davie Davis wrote in message ...
>
> Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
> voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
> die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
> sesse in ondermeer adresse is?
>
> Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
> hoor.
>
> DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40063 is 'n antwoord op boodskap #40058] Vr, 09 Maart 2001 23:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
poppie  is tans af-lyn  poppie
Boodskappe: 188
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek ook nie, miskien is dit n geval van evil "soek" wat
nie bestaan nie.

Poppie

Annette skryf in boodskap news:98bk48$8o7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Ek dink nie ek het al baie sesse gesien of selfs adresse gesien met drie
> sesse in nie.
> Ons beweeg miskien net in verskillende sirkels;)))
> Annette
>
> Davie Davis wrote in message ...
>>
>> Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
>> voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
>> die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
>> sesse in ondermeer adresse is?
>>
>> Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
>> hoor.
>>
>> DD
>
Re: soos geprofeteer [boodskap #40067 is 'n antwoord op boodskap #40063] Sa, 10 Maart 2001 03:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hou nogal van die syfer ses - met sy boepensie lyk dit nogal na baie
manne langs die rugbyveld:)))
Wie sou in elk geval besluit het dat 'n onskuldige syfer boos is?
Annette

poppie wrote in message ...
> Ek ook nie, miskien is dit n geval van evil "soek" wat
> nie bestaan nie.
>
> Poppie
>
>
> Annette wrote in message
> news:98bk48$8o7$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Ek dink nie ek het al baie sesse gesien of selfs adresse gesien met drie
>> sesse in nie.
>> Ons beweeg miskien net in verskillende sirkels;)))
>> Annette

>> Davie Davis wrote in message ...
>>>
>>> Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
>>> voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
>>> die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
>>> sesse in ondermeer adresse is?
>>>
>>> Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
>>> hoor.
>>>
>>> DD


>
Re: soos geprofeteer [boodskap #40073 is 'n antwoord op boodskap #40058] Sa, 10 Maart 2001 13:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

> Davie Davis wrote in message ...
>>
>> Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
>> voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
>> die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
>> sesse in ondermeer adresse is?
>>
>> Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
>> hoor.
>

As jy nou na my verwys as "die boedhis," ou Davie, dan
sit jy die pot skoon mis. Buitendien, ou Davie, glo die
Boeddhiste nie aan al hierdie fieterjasies soos die nommer
666 as die nommer van die Antichris nie. Is dit nie een van
die eienaardighede van die Christendom nie?

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40079 is 'n antwoord op boodskap #40052] Sa, 10 Maart 2001 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Jy het 'n baie vrugbare verbeelding wat beter aangewend kan word om
die mooi dinge van die lewe te bestudeer in stede van om die duiwel
agter elke bossie te wil gaan soek. Los jou obsessie met sy tekens -
daar is net so baie 3's en 7's in die rekenaar wereld wat jy dan
eerder maar moet probeer raaksien...

Fri, 09 Mar 2001 19:59:24 +0200:: Davie Davis
skrywe:

>
> Na aanleiding van wat Jonas en ek genoem het in 'spreekwoorden' , hoe
> voel julle oor die feit dat die letter 6 so dikwels gebruik word in
> die rekenaar/internet wêreld en het julle al opgemerk hoe populêr drie
> sesse in ondermeer adresse is?
>
> Dit sal veral interessant wees om die boedhis se mening ook daaroor te
> hoor.
>
> DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40112 is 'n antwoord op boodskap #40052] So, 11 Maart 2001 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie een van
> die eienaardighede van die Christendom nie?
>
> Gloudina

Ek het in 'n Lotus posisie gaan sit en mediteer oor die woorde van jou
Gloudina. En bekommerd gewees toe ek agterkom hoeveel betekenisse ek
daaraan kan heg.
Wil jy nie ASseblief vir ons verduidelik Gloudina, presies wat jy met
dié woorde bedoel het nie?

DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40115 is 'n antwoord op boodskap #40079] So, 11 Maart 2001 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 10 Mar 2001 16:28:01 GMT, a...@def.com (JOhan) wrote:

> Jy het 'n baie vrugbare verbeelding wat beter aangewend kan word om
> die mooi dinge van die lewe te bestudeer in stede van om die duiwel
> agter elke bossie te wil gaan soek. Los jou obsessie met sy tekens -
> daar is net so baie 3's en 7's in die rekenaar wereld wat jy dan
> eerder maar moet probeer raaksien...
>

En dan Johan, as dìt is wat jy vir my sê, wat sê jy vir Johannes wat
op Patmos dit goed gevind het om ons daarteen te waarsku?

DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40118 is 'n antwoord op boodskap #40052] Ma, 12 Maart 2001 01:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

davie davis wrote:

> Is dit nie een van
>> die eienaardighede van die Christendom nie?
>>
>> Gloudina
>
> Wil jy nie ASseblief vir ons verduidelik Gloudina, presies wat jy met
> dié woorde bedoel het nie?
>

Wel, IS dit nie een van die eienaardighede van die
Christene op hierdie aarde om die syfer 666 as
belangrik te beskou nie, ou Davie?

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40136 is 'n antwoord op boodskap #40052] Ma, 12 Maart 2001 17:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
>
> Wel, IS dit nie een van die eienaardighede van die
> Christene op hierdie aarde om die syfer 666 as
> belangrik te beskou nie, ou Davie?
>
> Gloudina

Wel dit IS iets waarvoor die Christen grillerig is omdat dit
twee duisend jaar gelede deur Johaanes geskryf is as waarskuwing
Gloudina.

Om 'n minagtende houding daarvoor te hê kom tog neer op ignorering
van die Openbaring,

Gloudina, ek het totale respek vir die Boek. Een van vele
interessanthede is die feit dat dit geskryf is oor duisende jare deur
skrywers wat mekaar nie eens geken het nie en tog weerspreek hulle
mekaar nêrens.

DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40140 is 'n antwoord op boodskap #40052] Ma, 12 Maart 2001 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> die syfer 666
>
> Wel dit IS iets waarvoor die Christen grillerig is omdat dit
> twee duisend jaar gelede deur Johaanes geskryf is as waarskuwing
> Gloudina.
>
> Om 'n minagtende houding daarvoor te hê kom tog neer op ignorering
> van die Openbaring,
>
> Gloudina, ek het totale respek vir die Boek. Een van vele
> interessanthede is die feit dat dit geskryf is oor duisende jare deur
> skrywers wat mekaar nie eens geken het nie en tog weerspreek hulle
> mekaar nêrens.
>

Ek is nou te lui om in ons konkordansies en ander
boeke die verwysing op te soek. Waar in Openbaring
praat dit van die syfer 666? My man, as ek vir hom
hulp probeer vra, wys net na die konkordansies en
sê die verwysing is na "the Beast." So gee asseblief
vir my die Bybelverwysings.

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40155 is 'n antwoord op boodskap #40052] Di, 13 Maart 2001 04:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Openbaring 13:18
Hier kom die wysheid te pas, wie die verstand het, laat hom die getal van
die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens, en sy getal is ses
honders ses en sestig.

Gaan lees "When your money fails" Kan ongelukkig nie onthou wie dit geskryf
het nie. (1982-1984)

skryf in boodskap news:3AAD0B9F.EF98B6C5@home.com...
Davie Davis wrote:

> die syfer 666
>
> Wel dit IS iets waarvoor die Christen grillerig is omdat dit
> twee duisend jaar gelede deur Johaanes geskryf is as waarskuwing
> Gloudina.
>
> Om 'n minagtende houding daarvoor te hê kom tog neer op ignorering
> van die Openbaring,
>
> Gloudina, ek het totale respek vir die Boek. Een van vele
> interessanthede is die feit dat dit geskryf is oor duisende jare deur
> skrywers wat mekaar nie eens geken het nie en tog weerspreek hulle
> mekaar nêrens.
>

Ek is nou te lui om in ons konkordansies en ander
boeke die verwysing op te soek. Waar in Openbaring
praat dit van die syfer 666? My man, as ek vir hom
hulp probeer vra, wys net na die konkordansies en
sê die verwysing is na "the Beast." So gee asseblief
vir my die Bybelverwysings.

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40156 is 'n antwoord op boodskap #40052] Di, 13 Maart 2001 04:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Krokkie wrote:

> Openbaring 13:18
> Hier kom die wysheid te pas, wie die verstand het, laat hom die getal van
> die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens, en sy getal is ses
> honders ses en sestig.
>

So, die getal is "die getal van 'n mens," en julle het die hele
tyd gepraat van "Die Duiwel." Sê nou vir my, is hierdie
mens en sy getal 666 dieselfde as "Die duiwel"?

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40180 is 'n antwoord op boodskap #40052] Di, 13 Maart 2001 18:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dave Du Plessis  is tans af-lyn  Dave Du Plessis
Boodskappe: 81
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Volle Lid
On Tue, 13 Mar 2001 04:36:56 GMT, @home.com wrote:

> Krokkie wrote:
>
>> Openbaring 13:18
>> Hier kom die wysheid te pas, wie die verstand het, laat hom die getal van
>> die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens, en sy getal is ses
>> honders ses en sestig.

>
> So, die getal is "die getal van 'n mens," en julle het die hele
> tyd gepraat van "Die Duiwel." Sê nou vir my, is hierdie
> mens en sy getal 666 dieselfde as "Die duiwel"?
>
> Gloudina

Die dier waarvan Krokkie hier praat, is die eerste dier wat 'n mens
is.
Vers 11 : "and I beheld another beast comming up out of the earth; and
he had two horns like a lamb, and he spake as a dragon."
Die griekse woord 'allos' beteken 'another of the same kind. Die
eerste dier is 'n mens v 18 en dus is die tweede ook 'n mens.

Daar is geen beskrywing wat daarop dui dat hy uit die onderwêreld van
afgestorwe geeste is nie en ook nie dat hy uit die dood gewek is.
Albei simboliseer dus mense wat gebore is die laaste dae.

> Sê nou vir my, is hierdie
> mens en sy getal 666 dieselfde as "Die duiwel"?
Die getal dui op die antichris.

Openbaring 17: 8-17
Dan. 7: 11 23-27; 9: 9 - 14; 23-25 9:26 26 - 27; 11:35-45;
2Thes 2: 1-12

Gloudina, begin die skrif wat Krokkie vir jou gegee het lees by v 16
(Openbaring 16, 17 & 18)

DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40184 is 'n antwoord op boodskap #40052] Wo, 14 Maart 2001 04:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Dave Du Plessis wrote:

> aar is geen beskrywing wat daarop dui dat hy uit die onderwêreld van
> afgestorwe geeste is nie en ook nie dat hy uit die dood gewek is.
> Albei simboliseer dus mense wat gebore is die laaste dae.
>
>> Sê nou vir my, is hierdie
>> mens en sy getal 666 dieselfde as "Die duiwel"?
> Die getal dui op die antichris.
>
> Openbaring 17: 8-17
> Dan. 7: 11 23-27; 9: 9 - 14; 23-25 9:26 26 - 27; 11:35-45;
> 2Thes 2: 1-12
>
> Gloudina, begin die skrif wat Krokkie vir jou gegee het lees by v 16
> (Openbaring 16, 17 & 18)
>

Luister, ek wil nie argumenteer met julle oor die
verwysings in die Bybel nie. Ek wil alleen uitwys
dat julle filosofies baie rondspring. Nou is dit die
Duiwel en dan is dit die Antichris wie se nommer
666 is. Net soos die deursnee "Christen" vreeslik
rondspring oor watter vorm "God" aanneem. As
jy jou weer kom kry, dan het jy individually
tailored konsepte van "God" en die "Duiwel"
en in sommige gevalle, individually tailored konsepte
van wat die boodskap van Christus is ( soos sommige
van daardie ou wit apartheid omie-predikante dit
byvoorbeeld gepredik het.)

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40227 is 'n antwoord op boodskap #40052] Do, 15 Maart 2001 04:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Krokkie  is tans af-lyn  Krokkie
Boodskappe: 478
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3AAEF2C7.3F4D688D@home.com...
. Net soos die deursnee "Christen" vreeslik
rondspring oor watter vorm "God" aanneem

Ek twyfel of die vorm wat God aanneem regtig ooit 'n issue was. Nie eens in
die kerk word dit gedebateer nie, in elk geval nie hier in ons kerk nie.
(Moreleta Park gemeente in PTA) Dit is in elk geval 'n punt sonder 'n
antwoord.

Krokkie
Re: soos geprofeteer [boodskap #40251 is 'n antwoord op boodskap #40052] Do, 15 Maart 2001 13:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Krokkie wrote:

> Ek twyfel of die vorm wat God aanneem regtig ooit 'n issue was. Nie eens in
> die kerk word dit gedebateer nie, in elk geval nie hier in ons kerk nie.
> (Moreleta Park gemeente in PTA) Dit is in elk geval 'n punt sonder 'n
> antwoord.

Krokkie, as jy die kerkgeskiedenis lees, sal jy wel deegliksien dat "die vorm
wat God aanneem" 'n baie groot issue
was.
In alle geval, ek twyfel nie dat julle in Moreleta Park die
"regte" God aanbid nie. Ek hoop julle was julle naastes se
voete, want in jou naaste sien jy die gesig van God. Ek
hoop julle het gedurende die apartheidsdae julle deure
oopgehad vir julle naastes (wat ag uit die tien kere swart
sou gewees het) en dat julle hulle voete gereeld gewas het,
want dis in jou naastes se teenwoordigheid wat jy die
teenwoordigheid van God ervaar.
En as jy nou meer wil weet, gaan vra vir Murray
Jansön om vir jou verder te verduidelik.

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40333 is 'n antwoord op boodskap #40115] Sa, 17 Maart 2001 12:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy het nou nog nie geantwoord nie Johan.

DD

On Mon, 12 Mar 2001 00:06:36 +0200, Davie Davis wrote:

> On Sat, 10 Mar 2001 16:28:01 GMT, a...@def.com (JOhan) wrote:
>
>> Jy het 'n baie vrugbare verbeelding wat beter aangewend kan word om
>> die mooi dinge van die lewe te bestudeer in stede van om die duiwel
>> agter elke bossie te wil gaan soek. Los jou obsessie met sy tekens -
>> daar is net so baie 3's en 7's in die rekenaar wereld wat jy dan
>> eerder maar moet probeer raaksien...

>
> En dan Johan, as dìt is wat jy vir my sê, wat sê jy vir Johannes wat
> op Patmos dit goed gevind het om ons daarteen te waarsku?
>
> DD
Re: soos geprofeteer [boodskap #40341 is 'n antwoord op boodskap #40052] Sa, 17 Maart 2001 20:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Was jy jou naaste se voete.Het jy in die verlede jou naaste,m.a.w die
sogenaamde apartheidsvarke se voete gewas.Antwoord asb. eerlik.

Reenen van Niekerk
skryf in boodskap news:3AB0C730.312A9379@home.com...
Krokkie wrote:

> Ek twyfel of die vorm wat God aanneem regtig ooit 'n issue was. Nie eens in
> die kerk word dit gedebateer nie, in elk geval nie hier in ons kerk nie.
> (Moreleta Park gemeente in PTA) Dit is in elk geval 'n punt sonder 'n
> antwoord.

Krokkie, as jy die kerkgeskiedenis lees, sal jy wel deegliksien dat "die
vorm
wat God aanneem" 'n baie groot issue
was.
In alle geval, ek twyfel nie dat julle in Moreleta Park die
"regte" God aanbid nie. Ek hoop julle was julle naastes se
voete, want in jou naaste sien jy die gesig van God. Ek
hoop julle het gedurende die apartheidsdae julle deure
oopgehad vir julle naastes (wat ag uit die tien kere swart
sou gewees het) en dat julle hulle voete gereeld gewas het,
want dis in jou naastes se teenwoordigheid wat jy die
teenwoordigheid van God ervaar.
En as jy nou meer wil weet, gaan vra vir Murray
Jans�n om vir jou verder te verduidelik.

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40345 is 'n antwoord op boodskap #40052] So, 18 Maart 2001 02:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Reenen van Niekerk wrote:

> Was jy jou naaste se voete.Het jy in die verlede jou naaste,m.a.w die
> sogenaamde apartheidsvarke se voete gewas.Antwoord asb. eerlik.
>

Wel, ek gee my in die eerste plek nie uit as 'n vrome
Christen nie. Christus het egter sy volgelinge geleer
om hulle naastes se voete te was, en vir sover die
apartheidsvarke hulself "Christene" genoem het, moes
hulle hulle swart naastes beter behandel het as wat
hulle dit gedoen het.
Ek dink egter dat, Christen of te not, mens jou
medemens "se voete moet was." Ek sou dus seker
maar die apartheidsvarke se voete gewas het, maar
terselfdertyd sou ek ook hulle bekke uitgewas het
en vir hulle uitgewys het dat hulle hande vuil is.

Gloudina
Re: soos geprofeteer [boodskap #40356 is 'n antwoord op boodskap #40052] So, 18 Maart 2001 20:02 Na vorige boodskap
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar sal jy dit met die vrymoedigheid gedoen het soos dit moes gedoen
word.Jy skeer weer almal onder die delfde kam.

Reenen
skryf in boodskap news:3AB41DB4.670BFE58@home.com...
> Reenen van Niekerk wrote:
>
>> Was jy jou naaste se voete.Het jy in die verlede jou naaste,m.a.w die
>> sogenaamde apartheidsvarke se voete gewas.Antwoord asb. eerlik.
>>
>
> Wel, ek gee my in die eerste plek nie uit as 'n vrome
> Christen nie. Christus het egter sy volgelinge geleer
> om hulle naastes se voete te was, en vir sover die
> apartheidsvarke hulself "Christene" genoem het, moes
> hulle hulle swart naastes beter behandel het as wat
> hulle dit gedoen het.
> Ek dink egter dat, Christen of te not, mens jou
> medemens "se voete moet was." Ek sou dus seker
> maar die apartheidsvarke se voete gewas het, maar
> terselfdertyd sou ek ook hulle bekke uitgewas het
> en vir hulle uitgewys het dat hulle hande vuil is.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Vir die Willem Hekke "fans"
Volgende onderwerp: Die windpomp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 09:24:53 MGT 2024