Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die windpomp
Die windpomp [boodskap #40330] Sa, 17 Maart 2001 10:18 na volgende boodskap
Tobie  is tans af-lyn  Tobie
Boodskappe: 581
Geregistreer: September 2000
Karma: 0
Senior Lid
het iemand meskien Jannie du Toit se woorde van die sangstuk 'Die
Windpomp'?
of waar ek dit kan kry?

--
Re: Die windpomp [boodskap #40368 is 'n antwoord op boodskap #40330] Ma, 19 Maart 2001 06:51 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Die winpomp sal jy altyd bo-op 'n booragt kry, maar sy woorde? Dit is seker
lankal ind ie wind verwaai.

Jannie sing van die winpomp
wat draai en draai en draai
en met wind in sy blaai'
bly hy aant' draai
en altyd pomp
en altyd pomp
die stange op en af
op en af
en kleppe
maak oop en weer toe
oop en weer toe
en met sy kraak en kreun
van wind wat deur sy ribbes
en blaaie kom dreun
en hom laat draai en draai
trek hy geduldig met kraak en kreun
die water van diep na hierbo
en stort sy hart uit in die dam
en trog
met 'n aardse koelte
'n laaf'nis vir mens en dier
en krag vir die bos en gras
en selfs meer.

Thys oppie Bos aant'draai

> het iemand meskien Jannie du Toit se woorde van die sangstuk 'Die
> Windpomp'?
> of waar ek dit kan kry?
Vorige onderwerp: soos geprofeteer
Volgende onderwerp: êrens hier...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 19:35:29 MGT 2024