Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » RE Julian en Gary
RE Julian en Gary [boodskap #29906] So, 16 April 2000 00:00
Reenen van Niekerk  is tans af-lyn  Reenen van Niekerk
Boodskappe: 445
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek is darem bly om te hoor dat daar darem mense hier is wat my steun.

Gary ek dink Suid Afrika se probleem met misdaad is as volg.

Eerstens is daar te min ondersoekbeamptes.Hulle sit met tot 150 sake om te
ondersoek en dan op seker stasies wer hulle 3 tot 4 op n voertuig.Die
ondersoekbeampte werk sy gat af om die saak reg te kry sodat dit hof toe kan
gaan. Kom die saak by die hof moet hy eers borg openeer.

Tweedens moet die aanklaer die saak uitstel om die ondersoek te voltooi of
die hofrol te vol is. Nou vat dit somtyds tot 3 tot 4 jaar dat die saak
afgehandel word. By die tyd stel die getuies nie meer belang in die saak nie
want hulle was nou meer as 10 keer by die hof

Dan uitendelik kry jy die persoon skuldig. Die ondersoekbeampte en aanklaer
is bly want hulle het n skuldigbevinding gekry.

Dan sit die persoon n paar maande en hy word vrygelaat want die tronke is
oorvol.

Maar intussen het n paar geloop want n korupte ondersoekbeampte of aanklaer
het dossiere laat wegraak of bewysstukke laat wegraak

Al manier hoe ons dit sal regkry is meer polisiebeamptes en beter betaalde
polisiebeamptes. Meer howe en meer aanklaers en beter betaalde aanklaers.
Meer tronke.

Dan voel ek dat die doodstraf ook kan terugkom vir sekere misdade soos
verkragting ( veral van kinders)en moord veral op polisiebeamptes

Nou sal party mense weer op hulle perde spring en se die doodstraf is
barbaars en dat hulle regte het.
Maar die kind wat vekrag is het mos ook die reg gehad om nie verkrag te word
nie. Die man wat doodgekiet is vir sy selfoon se familie het mos ook n reg
gehad om nman en pa te he. Want op die oomblik het net die krimeel regte en
die publiek nie. Ek stem saam dat die doodstraf ook nie net gegee word nie
maar erens moet iets gedoen word

JULIAN die klomp oorsee dink dat alle boere die grond gevat het. Maar het
hulle gedink dat die boere van vandag nog nie eers gebore was toe Rodes daar
was nie

Nog n punt wat ek wil maak is ,hoe kan hulle iemand kommesris van die
Polisie maak wat fokkel weet van die polisie nie en dan lyk hy so slordrig
in sy uniform. Waar is die ou respek.

Reenen van Niekerk
Re: RE Julian en Gary [boodskap #29907 is 'n antwoord op boodskap #29906] So, 16 April 2000 00:00 Na vorige boodskap
Gary Bartholomew  is tans af-lyn  Gary Bartholomew
Boodskappe: 106
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Senior Lid
Reenen van Niekerk  skryf in boodskap news:38f9b51a.0@news1.mweb.co.za...
>  Ek is darem bly om te hoor dat daar darem mense hier is wat my steun.
>
>  Gary ek dink Suid Afrika se probleem met misdaad is as volg.
>
>  Eerstens is daar te min ondersoekbeamptes.Hulle sit met tot 150 sake om te
>  ondersoek en dan op seker stasies wer hulle 3 tot 4 op n voertuig.Die
>  ondersoekbeampte werk sy gat af om die saak reg te kry sodat dit hof toe kan
>  gaan. Kom die saak by die hof moet hy eers borg openeer.
>
Ja, ek wonder hoeveel mense 'n volledige begrip het van die werkslas wat op
die gemiddelde speurder geplaas word. Ek was maar altyd hardegat oor die
opvolging van alle leidrade, maar 'n mens kry ook toe lateraan 'n begrip van
die feit dat dat baie van jou versoeke om dinge op te volg net prakties
onuitvoerbaar is. Dit behoort nie so te wees nie, maar dit is so. So veel
kompromieë om net kop bo water te hou en die makliker sake af te handel. Dis
basies onmoontlik om 150 sake alles deeglik te ondersoek, so die polisie
neem kort paaie; die aanklaer neem kort paaie, en al loop die hof elke dag
voluit kom 'n mens nie eers naby aan klaar nie. Almal werk haastig omdat die
omstandighede dit afdwing, en dan word daar foute gemaak. In my haas het ek
'n paar lelike foute gemaak. Die lelikste het ek saam met 'n O.B. gemaak. Hy
wou nie tyd mors in 'n borgaansoek, ek het nie hard genoeg gestry om my
hoftyd met die aansoek te mors, en toe kry die beskuldigdes borg, en daardie
selfde aan gaan vermoor hulle iemand in 'n rooftog.

>  Tweedens moet die aanklaer die saak uitstel om die ondersoek te voltooi of
>  die hofrol te vol is. Nou vat dit somtyds tot 3 tot 4 jaar dat die saak
>  afgehandel word. By die tyd stel die getuies nie meer belang in die saak nie
>  want hulle was nou meer as 10 keer by die hof
>
Daar's 'n paar goed in ondersoek waar beter reëls sou help. Die sg.
kettinggetuinis wat lyk met doodswonde koppel moet ondersoek word deur die
staatsregsadviseurs, dink ek- veral in geval van geregtelike
doodsondersoeke. Dinge soos verklarings en die vorms waarop dit gemaak het
kan allerhande spykers in die wiele van doeltreffende werk inry. As die saak
nie volledig ondersoek is, is 'n verhoor dikwels net 'n gemors van tyd, so
die uitstelle vir ondersoek is meestal onafwendbaar. Ek dink hier ook is dit
'n saak van te min mense vir te veel werk- veral aan polisiekant. Daar word
ook stapels vol onodige werk gedoen wat niks doen om die stelsel vlot te
laat loop.

>  Dan uitendelik kry jy die persoon skuldig. Die ondersoekbeampte en aanklaer
>  is bly want hulle het n skuldigbevinding gekry.
>
>  Dan sit die persoon n paar maande en hy word vrygelaat want die tronke is
>  oorvol.
>
>  Maar intussen het n paar geloop want n korupte ondersoekbeampte of aanklaer
>  het dossiere laat wegraak of bewysstukke laat wegraak
>
En tolke. En hofordonanse. En miskien ook 'n paar landdroste.
Ek wonder dikwels of daar nie korrupsie in die paroolstelsel plaasvind, ook.

>  Al manier hoe ons dit sal regkry is meer polisiebeamptes en beter betaalde
>  polisiebeamptes. Meer howe en meer aanklaers en beter betaalde aanklaers.
>  Meer tronke.
>
Ek dink ook dat die aanklaers of minstens 'n regsadviseur by die polisie
moet inskakel. As ek by die polisiestasie gebaseer was, met direkte toesig
oor sake rakende regspunte wat in ondersoek gedek moes word sou 'n hele paar
prosesregtelike foute wat andersins goeie sake benadeel het onmiddelik toe
hulle plaasgevind het uitgeskakel geword het. Ek dink dit sou ook help om
die rigting van die ondersoek te bepaal as die ou wat op die einde van die
dag die saak moet uitlê die dinge wat in die hofsaal saak sal maak kon
uitlig. Huidiglik is kommunikasie tussen aanklaer en O.B. te stadig. Baie
goed kom net by die O.B. uit nadat 'n hele administrasieproses van dossiere
hantering deurgegaan is. Ek het die idee dat hierdie Scorpions meer
suksesvol as die gemiddeld gaan wees, nie net omdat hulle voorkeur met
bemanning kry, maar ook omdat die samewerking nouer is. Miskien sal 'n nuwe
organisasiemodel uit hierdie proses ontwikkel.

>  Dan voel ek dat die doodstraf ook kan terugkom vir sekere misdade soos
>  verkragting ( veral van kinders)en moord veral op polisiebeamptes
>
Jammer, ou. Ek het my al moeg geargumenteer oor die doodstraf hier langsaan,
so ek sal maar net sê, sonder redinasie, dat ek daarteen gekant is. As die
ander op hierdie groep die debat oor hierdie punt wil voer, kan hulle so
maak, maar wat my aanbetref, let us just agree to disagree on this.

>  Nou sal party mense weer op hulle perde spring en se die doodstraf is
>  barbaars en dat hulle regte het.
>  Maar die kind wat vekrag is het mos ook die reg gehad om nie verkrag te word
>  nie. Die man wat doodgekiet is vir sy selfoon se familie het mos ook n reg
>  gehad om nman en pa te he. Want op die oomblik het net die krimeel regte en
>  die publiek nie. Ek stem saam dat die doodstraf ook nie net gegee word nie
>  maar erens moet iets gedoen word
>
>  JULIAN die klomp oorsee dink dat alle boere die grond gevat het. Maar het
>  hulle gedink dat die boere van vandag nog nie eers gebore was toe Rodes daar
>  was nie
>
>  Nog n punt wat ek wil maak is ,hoe kan hulle iemand kommesris van die
>  Polisie maak wat fokkel weet van die polisie nie en dan lyk hy so slordrig
>  in sy uniform. Waar is die ou respek.
>
Ek dink 'n kommisaris moet bo en behalwe alles, goeie bestuurskundigheid hê.
So iemand hoort nie noodwendig 'n ervare polisieman te wees nie. Daar is mos
ervare polisiemanne onder hom wat met hul ervaring die beleidsrigtings wat
topbestuur daarstel kan uitvoer. Die probleem met die bevordering van iemand
wat in die stelsel grootgeword het na bo toe, is dat ervaring ook die
"kennis" van ou foute insluit. Ek het nie 'n sterk mening oor die
bestuursvermoë of onvermoë van die huidige hoof, so ek is nie in staat om
oor die bekwaamheid van die huidige hoof kommentaar te kan lewer nie. Waar
is sy groot tekortkominge volgens jou?
Vorige onderwerp: Re: Gloudina oor misdaad in SA
Volgende onderwerp: "President Steyn" deur Jan Celliers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 03:26:36 MGT 2024