Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit gaan beter in SA onder die nuwe regering , NOT!
Dit gaan beter in SA onder die nuwe regering , NOT! [boodskap #29429] Ma, 20 Maart 2000 00:00
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Uit die Die Burger 20/03/00

Cosatu kortsigtig

Sedert die huidige regering aan die bewind gekom het, het honderdduisende
mense hul werk verloor. Mense wat onder die ou bewind werk gehad het.

Eenvoudige logika sê vir 'n mens dat arbeids- en ekonomiese beleid in 'n
verkeerde rigting beweeg het en dat 'n koerswysiging noodsaaklik is. Maar
Cosatu eis nog m��r radikale wetgewing van die Regering en dreig om die
regerende alliansie te verlaat tensy die ANC hom daartoe verbind om
voortgesette werkverlies te voorkom.

Met 'n werkloosheidsituasie wat al krisis-afmetinge aangeneem het, getuig
dit van algehele ekonomiese kortsigtigheid om aan te dring op maatreëls wat
(dalk) sal keer dat dit vererger. Pilletjies wat die simptome verlig - met
skadelike newe-effekte - gaan nie help om 'n dieperliggende inflammasie te
genees nie.

--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand

+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz
Vorige onderwerp: Re: Dit gaan beter in SA onder die nuwe regering , NOT!
Volgende onderwerp: Geen diskriminasie in RSA , NOT!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 25 01:21:44 MGT 2024