Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geen diskriminasie in RSA , NOT!
Geen diskriminasie in RSA , NOT! [boodskap #29406 is 'n antwoord op boodskap #29407] Ma, 20 Maart 2000 00:00
jgdebeer  is tans af-lyn  jgdebeer
Boodskappe: 37
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
Uit Beeld 20/03/00 vir die persone met rooskleurige brilletjies oor wat in
SA aangaan.

SA kan 'diktator Ramsamy nie bekostig'
Politieke Redaksie

Kaapstad. - Suid-Afrika kan nie langer bekostig om 'n sportdiktator soos
mnr. Sam Ramsamy aan die hoof van Noksa te hê nie. Sy omstrede bemoeienis
met die rassesamestelling van Suid-Afrikaanse sportspanne en die ras van
individuele atlete kan Suid-Afrika se kanse ernstig benadeel om by die
Olimpiese Spele te presteer of in 2006 sokker se wêreldbekertoernooi aan te
bied.

Sê het politieke partye gister gereageer op die nuutste storm wat om Ramsamy
se kop losgebars het nadat dit bekend geword het dat Noksa besluit het
Suid-Afrika se beste ritmiese gimnas, Michelle Cameron, nie later vanjaar
aan die Olimpiese Spele in Sydney mag deelneem nie.

Cameron is een van slegs 24 ritmiese gimnaste ter wêreld en die enigste uit
Afrika wat vir deelname aan die Oplimpiese Spele gekwalifiseer het.

Vroeër het Noksa aangekondig dat die manshokkiespan, een van die wêreld se
sewe topspanne, nie aan die Spele mag deelneem nie omdat sy kans skraal is
om 'n medalje te wen en sy rassesamestelling onaanvaarbaar is.

Hoewel die Internasionale Gimnastiekfederasie onlangs by Noksa navraag
gedoen het waarom Cameron ondanks haar kwalifikasie nie na die Spele gaan
nie, hou Noksa eg ter vol dat geen Suid-Afrikaanse gimnas gekwalifiseer het
nie.

Mnr. Graham Abrahams, woordvoerder van mnr. Ngconde Balfour, minister van
sport en ontspanning, het by navraag gesê hy weet nog net wat in die
koerante oor Cameron geskryf is. As Gimnastiek SA vir Balfour vra om in te
gryp, sal die minister net soos met die manshokkiespan met Noksa in gesprek
tree. Balfour wag nog om van Noksa te hoor wanneer die gesprek oor die
hokkiespan gaan plaasvind.

Adv. André Gaum, NNP woordvoerder, het gesê Ramsamy en Noksa se weiering om
Cameron na die Olimpiese Spele te stuur, is deel van 'n vendetta wat in
sekere sportkringe teen Gimnastiek SA gevoer word weens sy beweerde
gebrekkige ontwikkelingswerk.

Einde verlede jaar het die parlement se ANC - oorheerste portefeuljekomitee
oor sport en ontspanning die verteenwoordigers van Gimnastiek SA aan ure
lange uittrapsessies oor dié kwessie onderwerp. Dit is duidelik dat
Gimnastiek SA se vyande met Ramsamy in verbinding was, het hy gesê.

Pleks dat Ramsamy hom besig hou met die ontwikkeling van alle opkomende
sportsterre, bemoei hy hom sê met rassekwotas dat dit die moreel van
Suid-Afrika se atlete kan knak. Dit sal daartoe lei dat Suid-Afrika nog
swakker as vier jaar gelede by die Olimpiese Spele vaar.
Omstredenheid in Suid-Afrikaanse sport, soos dié wat Ramsamy veroorsaak, kan
ook die land se sokkerbod vir 2006 ernstig benadeel.

Dr. Louis Luyt, FA-leier, het gesê mense soos Ramsamy is besig om met
verskuilde politieke agendas sport in Suid-Afrika dood te maak. Noksa se
eensydige toepassing van sportkwotas druis teen die Grondwet en handves van
regte in wat onregverdige diskriminasie op grond van ras verbied.

--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand

+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz
Re: Geen diskriminasie in RSA , NOT! [boodskap #29407 is 'n antwoord op boodskap #29406] Ma, 20 Maart 2000 00:00 Na vorige boodskap
none-suppiled  is tans af-lyn  none-suppiled
Boodskappe: 8
Geregistreer: Maart 2000
Karma: 0
Junior Lid
En dan natuurlik die beriggie net onder die een wat jy aanhaal:

"Die gimnas Michelle Cameron, oor wie 'n storm losgebars het omdat
Noksa glo nie wil hê sy moet in Sept. aan die Olimpiese Spele in
Sydney deelneem nie, het as promotorskeuse vir die Spele gekwalifiseer
om Afrika te verteenwoordig.

Op die onlangse wêreldbyeenkoms in Japan het sy 98ste geëindig.
Noksa het dit lankal duidelik gestel dat deelnemers uit die
agtergeblewene gemeenskappe voorkeur sal kry in gevalle waar
deelnemers as promotorskeuse kwalifiseer. Dit is so deur Noksa se
federasies aanvaar"
Vorige onderwerp: Dit gaan beter in SA onder die nuwe regering , NOT!
Volgende onderwerp: Re: The Archives: March 17, 1900
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 18:07:12 MGT 2024