Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Begraafplaas, Mamre" deur DANIEL HUGO
"Begraafplaas, Mamre" deur DANIEL HUGO [boodskap #28604] Di, 28 Desember 1999 00:00
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

BEGRAAFPLAAS, MAMRE
Daniel Hugo

1
party met 'n kopsteen soos 'n gewel
rus die broeders en die susters hier:
kompleet Mikro-huisies teen die heuwel

11
in die teenwoordigheid van die dood
glo ons graag in die Hierna:
dat daar 'n oortog sal wees
op 'n drywende kruis of 'n kano

maar geloof alleen
is dalk nie genoeg nie
daarom plaas ek 'n muntstuk
op die gehawendste grafsteen

as 'n aalmoes of obool
vir die onsalige siel
wat nog duskant ronddool
Vorige onderwerp: Hoërskool die Burger Leerlinge gesoek
Volgende onderwerp: Toekoms advies om: ANC se suksesse in die NSA te bemark
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 03:33:11 MGT 2024