Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lord Methuen uitgeoorlê
Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28259] Wo, 01 Desember 1999 00:00 na volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ek het op my boekrak 'n ou vergeelde boekie met die titel: "Lord
Methuen uitgeoorlê deur Genl. de la Rey". Die skrywer is G.A.
van der Walt en die boekie is in Potchefstroom gedruk en
uitgegee. Die datum van publikasie word nie vermeld nie, maar
aan die binnekant is daar die volgende handgeskrewe boodskap:
"Ter herinnering aan het 25-jarige jubileum van H.M. Koningin
Juliana der Nederlanden". Dit dui daarop dat die boekie in
ongeveer 1915 aan iemand in Nederland as 'n geskenk gegee is.

Die boekie is interessant nie alleen vanweë die ietwat ouderwetse
Afrikaans nie, maar ook vanweë die onbeskaamde verwysing na
landsgenote as "swartes", "hotnots", ens. Klaarblyklik is daar
in daardie dae geen wenkbroue daaroor gelig nie. Inteendeel, dit
blyk dat die boeke 'n entoesiastiese mark in Nederland gevind
het.

Hier is enkele aanhalings uit die publikasie. Die spelling is
soos in die oorspronklike:

"In ons Suid-Afrika weet amper elkeen van ons nog iets te vertel
van die oorlog van 1899-1902, en in die ou Republieke sit 'n
klompie ou mense nie al te lang bymekaar nie, of hulle praat oor
een of ander voorval van die daë. En tog begin die heldere
beskrywing van die feite al dowwer en dowwer te word en begin 'n
onbekende met die ware toedrag van sake al meer en meer twyfel
aan die waarheid, van wat vertel word.

In baie gevalle moet ons om die noukeurigste en bes vertrouwbare
inligtings te kry al na 'n boek hardloop om seker te wees dat ons
gin leuens met die waarheid verwar nie. En wat ons nou
ongelukkig in boeke baje kere mis, is 'n lewendige populaire
verhandeling van enkele bo ander uitstekende feite. Eén van die
feite, wat wêrd is om altyd in die geheue van ons Afrikaanse volk
bewaar te bly, is die geveg op 7 Maart 1902 waarby ons ou
Generaal De la Rey aan die Engelse Generaal Lord Methuen gewys
het, wat ons Afrikaanse boere wêrd is in die geveg, maar ook hoe
hulle 'n beskaafde nasie is, wat weet hoe om 'n gewonde vyand te
behandel.

Die plan van hierdie boekie is om op heel populaire manier, die
slag te beskryf, om ons oues, wat mee geveg het nog 'n keer
lekker te laat voel, en om die jonges te laat sien, hoe hulle met
respek kan dink aan die dappere dade van hulle ouers.

Die Engelse magte het maar swaar gekry in die begin van 1902.
Nie dat hulle bang moes wees om verslaan te word nie, want
daarvoor was hulle oormag te groot, maar hulle moes gereëld sorg
vir die aanvoer van kos, klere en ammuniesie vir hulle self en
ook vir dieselfde artiekels vir die boeremagte.

By die boere het dit regtig gegaan soos 'n beroemde krygsman gesê
het: "Die oorlog moet die oorlog voed". Was 'n boerekommando
amper uit van skietgoed en klere, dan werd 'n plan gemaak om 'n
Engelse laer in die hande te kry. Geluk dit, dan was in eens
alles weer volop, want die ammuniesie werd van die vyand gevat,
omdat dit die gewoonte was in elke oorlog, en die troepe werd
geskud, omdat die boere gemeen 't, dat dit die enigste middel was
om hulle skadeloos te stel vir die vat van hulle klere uit hulle
kiste, wat by hulle vrouwens of moeders thuis gebly was, of met
hulle familie saamgeneem na die konsentrasie kampe, misskien
selfs verbrand was."

...............

"Dig by die huis was die staanplek van 'n klompie Kaapse basters
of "Cape Boys", en wat vir 'n naarheid dit vir die drie
vrouwmense afgegee 't is moeilik om te skrywe. Hulle vra één van
die jongnooiens om vir hulle uit die Bybel voor te lees en vir
hulle te bid. Hulle spot met alles wat die vrouwens as heilig
beskouw 't. Toe die nooi nie wou lees nie, wil éen van die
basters die Bijbel by haar afneem, wat sy onder die arm gehou 't.
Maar hy het sleg afgekom, die Bybel is beskerm deur 'n
boeredogter wat sterker was as 'n "Cape Boy". Sy het hom in sy
gesig gevat en met ‚en ruk teën die grond gehad en toe moes hy
sukkel om op hande en voete by die deur uit te kom. Geen wonder
was dit om te sien dat die Bybel met soveel moed verdedig is nie,
want van die nege Bybels was dit die laaste van die gesin. Ag
Bybels was by vorige geleenthede al deur die vyand vernietig.
Die drie vrouwmense was met die vyftien basters opgeskeep van 10
uur smorrens tot 2 uur smiddags, toe daar 'n Engelsman kom, aan
wie die vrouwens vra om die basters weg te vat, maar hy klop op
hulle skouers en se in die Engels: "Dis my jongens, hulle moet
hier bly". Die Engelsman was net so lastig as die "Cape Boys"
self en wil probeer om éen van die meisies te soen, maar sy het
'n klompie vurke in die hand gehad en het hom hiermee so
toegetakel, dat hy die soen vergeet 't. Die basters het toe weer
nuwe moed gekry en begin nog leliker praatjies te maak as
voorheen. Die vrouwens kon nou nie meer hou nie en het probeer
om hulle met brandende stompe hout uit die huis te ja. Die
basters sê vir die vrouwens, dat hulle die vuur mooi moet aanhou,
want hulle wil Genl. de la Rey hierop braai. Hulle wil Genl. de
la Rey dood maak soos hulle die vorige dag Koos Steyn en Cornelis
Jooste vermoor het, maar die vrouwens sê, dat hulle maar mooi
moet oppas, want de la Rey sal kom, en dan sal hulle soos geel
kraaie op die veld lê en doodgaan.

Die basters lag oor die uitdrukking en sê, dat hulle wel swart
kraaie maar gin geel kraaie ken nie. Hulle maak of hulle glad
nie kan begryp nie, dat die vrowens dink aan hulle geel khaki-
uniforms. Eindelik kom daar 'n koloniese boer aan wie die
vrouwens vra om 'n plan te maak, dat die basters van hulle af kan
wegkom. Die man het vir die vrouwens jammer gekry en het sy
invloed gebruik by die offisiere en nou was die plaery op 'n end.
Om die huise is nou 'n wag geplaas en die vrouwmense is gin las
meer aangedaan nie, maar van barmhartigheid ten opsigte van hulle
kos of drinkgoed was gin sprake. Die enigste melkkoei by die
huis het hulle voor die oë van die arme mense in die kraal
doodgeskiet. Die kleintjie van twee jaar het teën die aand
erbarmelik begin huil van die honger, maar gin mens het medelyde
getoon nie, dan 'n rou Engelsman, wat 'n klompie "biscuits" en
"jam" gebring het. Toe dit donker word stap die drie jong
vrouwens na haar ma se huis, elk gewapen met 'n stuk yster, een
het 'n dommekrag-sleutel gedra, die ander twee elk 'n stuk
koevoet, maar hulle is gelukkig nie langs die pad lastig geval
nie."

.................

"Soos ons gesien het, het die Engelse perderuiters hulle bes
gedoen om uit te ja, en het die muilwaens agter hulle aangekom.
Hulle het van die slagveld in noordwestelike rigting deur die
riviere en deur die vlei geja, maar 'n groot gedeelte van die
boere het hulle perde die spore gegee en die waens voorgekeer,
voor hulle nog baie ver deur die rivier gekom het. Die Engelse
het hier weer probeer om teëstand te bied, en by 'n turksvye-
laning in 'n voor posisie gevat. Maar dit het hulle nie veel
gehelp nie, die boere was te gouw by, en 'n groot gedeelte van
die Engelse se moed was uit. Die paar wat nog by die vier
kanonne by die turks-vye was, aan die westekant van die rivier,
het hulle oorgegee aan nege man, waarvan die meeste nog lewe.
Die swaarste was om die muilwaens in hande te kry, want die
swartes en basters, wat hierby was, het maar geslaan en geja om
uit te kom vir hulle lewe, en die boere het orders gehad om nie
al die goed dood te skiet nie. Hulle moes hulle bes doen om net
een van die voormuile plat te skiet, want dan ruk die hele span
inmekaar en kan nie verder kom nie. Soms het 'n boer 'n span
ingeja om die span heel te hou en moes dan die leisels uit die
hotnot se hande ruk. Eén van die boere ja op die manier 'n
muilwa in en skree om hulle te laat stop, maar hulle ja deur.
Die boer ja aan die hot-kant so naby dat hy die een leisel het
kan vat, maar die hotnot sukkel nog om deur te ja. Die boer was
verplig om te skiet, en eers na die skiet het die wa in sy mag
gekom. Die muile het gaan stilstaan. Toe hy die leisels wil gaan
regtrek kom 'n Engelsman en skiet onverwags op die man. Met dat
die Engelsman skiet val hy sommer langs sy perdaf, maar spring
dadelik weer op. Hulle was toe so dig bymekaar, dat die gewere
teën mekaar geslaan het, maar die boer is die oorwinner gebly.
Dit het nie lank gevat nie, of al die muilwaens was in die boere
se hande, en is teruggebring na die plek, waar die ander waens en
kanonne gestaan het. Die krygsgevangene troepe, swartes,
hotnots, en ander goed soos die "National Scouts" is ook alger
bymekaar gebring."

...................

"Van die Engelse laer was die mense toe almaal weg, behalwe die
dertien basters, wat nie met die gevange mense saamgestuur is
nie. Oor hulle het 'n krygsraad gesit, omdat hulle beskuldig was
van moord. Op die krygsraad is toe duidelik geword, dat die
basters skuldig gewees het aan 'n gruwelike moord op die twee
boere Steyn en Jooste, en hulle is veroordeel om doodgeskiet te
word. Om die vonnis te volvoer is deur die offisiere opdrag
gegee aan 'n paar mense, wat eers na die Engelse kampe gegaan is,
om te "hands-up", en toe weer spyt gekry het oor hulle eie
ontrouw, en op 'n goeie dag weer weggeloop is na die
boerekommando. Hulle het vir die sewende Maart weer vir die
eerste keer saam geveg, en die offisiere het 'n proef wil neem,
om te sien, of hulle nou te vertrouwe sou wees, deur hulle op te
dra om die vonnis oor die basters uit te voer. Die paar boere
het lekker gevoel en het sonder enige objeksie te maak, die
basters doodgeskiet. Die 13 basters, wat so parmantig gepraat
het op Tweebosch, met die vrouwmense het nou werklik soos geel
kraaie op die veld gelê en doodgaan."

Swart Simon
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28260 is 'n antwoord op boodskap #28259] Wo, 01 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote in message
...

> "Ter herinnering aan het 25-jarige jubileum van H.M. Koningin
> Juliana der Nederlanden".

Sorry - dit is "Wilhelmina" (nie "Juliana" nie). 'n Apologie so
groot soos die planeet self word hier aangeteken.

Swart Simon
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28272 is 'n antwoord op boodskap #28259] Do, 02 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Samuel Murray  is tans af-lyn  Samuel Murray
Boodskappe: 66
Geregistreer: September 1999
Karma: 0
Volle Lid
waaaaaaaarvan praat jy?

Koot skryf in boodskap news:944124279.954640@ed.petech.ac.za...
> Fassinerende leesstof. Dit behoort baie waardevol te wees, baie na aan die
> oorspronklike oorvertellings, geoordeel aan die spelwyses. Ek het nog
> taamlik min te lese gekry wat die werklike ervarings in die kampe so
> realisties uitbeeld, behalwe Tant Miem se Dagboek.
>
> Is daar een of ander historikus wat hierdie boekie in konteks kan plaas?
>
> Koot
>
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28273 is 'n antwoord op boodskap #28259] Do, 02 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Fassinerende leesstof. Dit behoort baie waardevol te wees, baie na aan die
oorspronklike oorvertellings, geoordeel aan die spelwyses. Ek het nog
taamlik min te lese gekry wat die werklike ervarings in die kampe so
realisties uitbeeld, behalwe Tant Miem se Dagboek.

Is daar een of ander historikus wat hierdie boekie in konteks kan plaas?

Koot
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28274 is 'n antwoord op boodskap #28259] Do, 02 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Simon van der Schans"

'n Apologie so groot soos die planeet self word hier aangeteken.
>
> Swart Simon
>
Swarte Simon,

My nek hare staan gerys soos 'n kat sin wat so pas 'n spook in die pastorie
gesien het.

Sies man. Gaan spoel jou mond met seepwater uit ... toe loop!
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28275 is 'n antwoord op boodskap #28259] Do, 02 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Simon van der Schans wrote:

>> "Ter herinnering aan het 25-jarige jubileum van H.M. Koningin
>> Juliana der Nederlanden".
>
> Sorry - dit is "Wilhelmina" (nie "Juliana" nie). 'n Apologie so
> groot soos die planeet self word hier aangeteken.
>
>

Ja, ek het bietjie gewonder, Simon. Maar baie dankie vir die intikvan
die verhaal.

Gloudina
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28294 is 'n antwoord op boodskap #28259] Vr, 03 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "Simon van der Schans" simo...@iafrica.com

> 'n Apologie so
> groot soos die planeet self word hier aangeteken.

:-))
Re: Lord Methuen uitgeoorlê [boodskap #28295 is 'n antwoord op boodskap #28259] Vr, 03 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
Koot  is tans af-lyn  Koot
Boodskappe: 218
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Konsentrasiekampe, en die belewenisse daarbinne.

Samuel Murray skryf in boodskap news:826ene$r6c$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> waaaaaaaarvan praat jy?
>
> Koot wrote in message
> news:944124279.954640@ed.petech.ac.za...
>> Fassinerende leesstof. Dit behoort baie waardevol te wees, baie na aan die
>> oorspronklike oorvertellings, geoordeel aan die spelwyses. Ek het nog
>> taamlik min te lese gekry wat die werklike ervarings in die kampe so
>> realisties uitbeeld, behalwe Tant Miem se Dagboek.
>>
>> Is daar een of ander historikus wat hierdie boekie in konteks kan plaas?
>>
>> Koot
>>
>
Vorige onderwerp: Aan Gloudina: Oor Gloudina se kinders
Volgende onderwerp: Re: Ons lus vir Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:32:06 MGT 2024