Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ons lus vir Engels
Re: Ons lus vir Engels [boodskap #28279] Vr, 03 Desember 1999 00:00
Koki[0]  is tans af-lyn  Koki[0]
Boodskappe: 3
Geregistreer: Desember 1999
Karma: 0
Junior Lid
On Fri, 3 Dec 1999 10:10:58 +0100, "petrus van eeden" wrote:

> Eens was ons Afrikaners en die Engelstaliges in Suid-Afrika twee
> kultuurgemeenskappe � so vreemd vir mekaar dat dit tot 'n Groot Trek gelei
> het en later tot 'n Anglo-Boereoorlog. Hierdie twee kultuurgemeenskappe het
> één geword. Veral gedurende die afgelope 30 jaar het my mense hard gewerk
> aan die oorname van die Engelse kultuur � dermate dat daar vandag van 'n eie
> Afrikaanse kultuur geen sprake meer is nie. één kultuurgemeenskap het dan
> ook net één kultuurtaal nodig en nie twee nie. Ons sit tans nog met twee,
> waarvan die een gewoon onnodig en irrelevant word � Afrikaans. My mense het
> verengels. Ons het ons Nederlandse taal- en kultuurvoeding afgeskryf ten
> gunste van 'n Angelsaksiese voeding � tot verlies van onsself.
>
> Dit is gelukkig (nog) nie te laat nie. Kom ons neem die uitgestrekte hand
> van Nederlands aan en vul Afrikaans aan waar hy nie kan bykom nie
> (rekenaarprogrammatuur, musiek, video's, boeke, en noem maar op). Kom ons
> herstel die warm band met Vlaandere en Nederland en red ons uit die
> Angelsaksiese dryfsand wat nou harder en beter suig as ooit voorheen. Kyk
> ook op http://www.multiweb.nl/~ppve vir meer hieroor.
>

Neewat, sowat van twakpraat het ek langelaas gehoor. So min as wat
Xhosa en Zulu ooit een sal word, so min sal ons boere-aksent uit die
rooitaal verdwyn. Ek herinner my ook nie eintlik dat die hovaardige
Holle ooit hulle neus-in-die-lug houding sal laat staan nie. Basta met
hulle! Uitgestrekte hand se gat! Vat jou goed en trek Fereirra, hier

braai ons die ou Ingelse se moere. Net oor hulle (meesal) nie ons taal
kan baasraak nie, en ons maar ewe gedienstig hulle reghelp en oorslaan
uit beleefdheid, beteken dit nie ons gee boedel oor nie.
--
Re: Ons lus vir Engels [boodskap #28280 is 'n antwoord op boodskap #28279] Vr, 03 Desember 1999 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Dries Venter schreef...
> Petrus, as jy dink die Nederlanders en Belge het nie al lankal voor die
> pienk êmpaaier se taal geswig nie, dink weer. Die paar behoudendes onder
> hulle kla net so baie oor die onbeheerste oorname van Engels/Amerikaans van
> hulle taal en kultuur.

Engels is ook zo verrekte handig! Als iedereen nu eens gewoon op Engels over
zou schakelen, dan zou er op scholen een heleboel tijd bespaard kunnen
worden aan onderwijs in vreemde talen. Die tijd zou je dan nuttiger kunnen
gebruiken.

> Buitendien vind ek die Nederlanders maar dêm
> beterweterig en hovaardig.

Je bedoelt betweterig :)

Groetjes,
Arthur
Vorige onderwerp: Lord Methuen uitgeoorlê
Volgende onderwerp: Uit die argiewe van THE GLOBE AND MAIL honderd jaar gelede
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 02 13:36:44 MGT 2024