Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vuurwapenlisensies
Vuurwapenlisensies [boodskap #25379] Do, 19 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies

1. Heraansoek vir lisensie teen R500-00 vir elke vuurwapen (hernubaar elke 5
of 10 jaar) Gelde is nie terugbetaalbaar by mislukking van aansoek.

2. Psigometriese toets moet afglê en geslaag word teen +- R300.00

3. Slaag teoretiese toets oor vuurwapen wet wat +- 150 bladsye se inligting
bevat.

4. Moet in besit wees van 'n sertifikaat van bevoegdheid om die wapen te
hanteer. (koste van kursus moet self gedra work)

5. Moet 'n ingeskrewe lid wees van 'n vuurwapen klub of vereniging

6. Die klubvoorsitter moet 'n jaarlikse verslag indien dat daar minstens aan
50% van die skietoefeninge/kompetisies deelgeneem is - indien nie,
aanbeveling dat lisensie terugetrek word.

7. Twee getuigskrifte van bure dat hulle nie beswaar het dat jy 'n vuurwapen
besit nie.

8. Lê eed af dat jy die vuurwapen net vir die doel waarvoor die lisensie
toegestaan is sal gebruik. (byvoorbeeld skyfskiet ens.)

9. Jy mag net in besit van 100 rondtes, doppe of punte op enige stadium
wees.

10. Vuurwapen mag net in SABS goedgekeurde kluis (+- R800 SABS sertifikaat
R400 geberg word en wat met haakboute teen twee mure en 'n vloer geanker
is en die

polisie moet dit inspekteer en goedkeur.

11. Wapen mag slegs op persoon gedra word na en van die skietbaan (nêrens
anders
nie)

12. Magasyn kapasiteit van wapen mag nie 9 rondtes oorskry nie en 'n
haelgeweer
mag nie 6 rondtes oorskry nie.

13. Wapen met looplengte van tussen 6 en 16 duim is onwettig

14. Haelgeweer met 'n pistool greep is onwettig

15. Alle wapens van militêre ontwerp is onwettig en kan nie gelisensieer
word nie. (bv
303, Colts, Lugers, Mauser K98 aksies, Berettas mod. 92 ens. nie
toelaatbaar nie
en word die eiendom van die staat

16. Alle ander wapens waarvoor lisensies geweier word moet binne 14 dae aan
'n
wapenhandelaar gelewer word vir herverkoop en as dit nie binne 'n
sekere tydperk
verkoop word nie word dit verbeurt verklaar en word dit ook die
eiendom van die
staat

17. Oor die algemeen sal slegs een gelisensieerde handwapen en een
gelisensieerde
jaggeweer per persoon toegelaat word INDIEN U WEL KWALIFISEER!

Volgens 'n studie van SAGA sal net 10% van huidige gelisensieerde
wapens
kwalifiseer vir herlisensiering.

Kontak u plaaslike wapenhandelaar so gou as moontlik, of SAGA (031
3861685)
of 'n Boerevereniging om u mening te laat geld.

Versprei die inligting en bespreek dit met u vriende as u die
voorgestelde
wetgewing wil teenstaan om die "wettige" wapeneienaar se regte te
beskerm.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25380 is 'n antwoord op boodskap #25379] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Thu, 19 Aug 1999 15:34:15 +0200, "HL" wrote:
>
> |Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies
> |
> Ek wens ons kon dit netso wet maak hier in Amerika....
>

Jy's welkom om wette te maak vir die VSA (wanneer jy stemreg verwerf
het).

Maar ek hoop nie dat jy impliseer dat die beoogde wetgewing goed is vir
SA nie (waar iets soos 0.25% van die misdade waarby vuurwapens betrokke
is, gepleeg word deur mense met gelisensieerde wapens).

Al wat die poging met hierdie voorgestelde wet regkry, is om mense soos
Eugene Terreblanche 'n geleentheid te gee om legitimiteit te kry in die
oë van die publiek. Hy het gisteraand 'n groot protesvergadering in
Witbank gehou, en blykbaar baie mense getrek wat tot onlangs nie met 'n
tang aan hom wou vat nie.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25381 is 'n antwoord op boodskap #25379] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Aug 1999 20:03:22 GMT, Leendert van Oostrum wrote:

|> |Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies
|> |
|> Ek wens ons kon dit netso wet maak hier in Amerika....
|>
|
|Jy's welkom om wette te maak vir die VSA (wanneer jy stemreg verwerf
|het).

Haai, issit??? Duh!!
|
|Maar ek hoop nie dat jy impliseer dat die beoogde wetgewing goed is vir
|SA nie (waar iets soos 0.25% van die misdade waarby vuurwapens betrokke
|is, gepleeg word deur mense met gelisensieerde wapens).
|
Ag relax tog!!!!!!!! Ek het absoluut niks sinisters bedoel nie - sommer net so
flietende gedagtetjie uitgespreek!
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25382 is 'n antwoord op boodskap #25379] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 19 Aug 1999 15:34:15 +0200, "HL" wrote:

|Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies
|
Ek wens ons kon dit netso wet maak hier in Amerika....
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25383 is 'n antwoord op boodskap #25379] Do, 19 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil-wil juig en jubel oor die voorgestelde wetgewing oor
wapenbeheer in SA. Net jammer dis te slap. Ek praat flussies met vrind
Robin wat so ses maande terug die gee-my-jou-bakkie treatmetment
deurgegaan het met 'n rewolwer teen die kop.

Wel sorry to say maar dit sit nie in die SA Polisie se broek om die
wet effektiewelik toe te pas nie. En hoe gaan hulle die onwettige
wapens van die straat af kry? Totdat DIT gedoen is, se ek, hou maar
jou rollie :-)

Alwyn -uit Perth

HL skryf in boodskap news:7ph167$1arc$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies
>
> 1. Heraansoek vir lisensie teen R500-00 vir elke vuurwapen (hernubaar elke 5
> of 10 jaar) Gelde is nie terugbetaalbaar by mislukking van aansoek.
>
> 2. Psigometriese toets moet afglê en geslaag word teen +- R300.00
>
> 3. Slaag teoretiese toets oor vuurwapen wet wat +- 150 bladsye se inligting
> bevat.
>
> 4. Moet in besit wees van 'n sertifikaat van bevoegdheid om die wapen te
> hanteer. (koste van kursus moet self gedra work)
>
> 5. Moet 'n ingeskrewe lid wees van 'n vuurwapen klub of vereniging
>
> 6. Die klubvoorsitter moet 'n jaarlikse verslag indien dat daar minstens aan
> 50% van die skietoefeninge/kompetisies deelgeneem is - indien nie,
> aanbeveling dat lisensie terugetrek word.
>
> 7. Twee getuigskrifte van bure dat hulle nie beswaar het dat jy 'n vuurwapen
> besit nie.
>
> 8. Lê eed af dat jy die vuurwapen net vir die doel waarvoor die lisensie
> toegestaan is sal gebruik. (byvoorbeeld skyfskiet ens.)
>
>
> 9. Jy mag net in besit van 100 rondtes, doppe of punte op enige stadium
> wees.
>
> 10. Vuurwapen mag net in SABS goedgekeurde kluis (+- R800 SABS sertifikaat
> R400 geberg word en wat met haakboute teen twee mure en 'n vloer geanker
> is en die
>
> polisie moet dit inspekteer en goedkeur.
>
> 11. Wapen mag slegs op persoon gedra word na en van die skietbaan (nêrens
> anders
> nie)
>
> 12. Magasyn kapasiteit van wapen mag nie 9 rondtes oorskry nie en 'n
> haelgeweer
> mag nie 6 rondtes oorskry nie.
>
> 13. Wapen met looplengte van tussen 6 en 16 duim is onwettig
>
> 14. Haelgeweer met 'n pistool greep is onwettig
>
> 15. Alle wapens van militêre ontwerp is onwettig en kan nie gelisensieer
> word nie. (bv
> 303, Colts, Lugers, Mauser K98 aksies, Berettas mod. 92 ens. nie
> toelaatbaar nie
> en word die eiendom van die staat
>
> 16. Alle ander wapens waarvoor lisensies geweier word moet binne 14 dae aan
> 'n
> wapenhandelaar gelewer word vir herverkoop en as dit nie binne 'n
> sekere tydperk
> verkoop word nie word dit verbeurt verklaar en word dit ook die
> eiendom van die
> staat
>
> 17. Oor die algemeen sal slegs een gelisensieerde handwapen en een
> gelisensieerde
> jaggeweer per persoon toegelaat word INDIEN U WEL KWALIFISEER!
>
> Volgens 'n studie van SAGA sal net 10% van huidige gelisensieerde
> wapens
> kwalifiseer vir herlisensiering.
>
> Kontak u plaaslike wapenhandelaar so gou as moontlik, of SAGA (031
> 3861685)
> of 'n Boerevereniging om u mening te laat geld.
>
> Versprei die inligting en bespreek dit met u vriende as u die
> voorgestelde
> wetgewing wil teenstaan om die "wettige" wapeneienaar se regte te
> beskerm.
>
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25403 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die inligting Hennie!

Ek is nou net nuuskierig - die hele gesprek het begin oor SA se nuwe
voorgestelde wette. Hoe lyk SA se vergelykende syfers? En dink jy dit sal dan
daar enigsinds 'n invloed hê op die misdaad?

Ek dink nie 'n mens kan enigsinds na Australie of Amerika as voorbeeld kyk om te
sien wat in SA die geval sal wees nie. Die lande verskil so geweldig drasties
van mekaar.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25404 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Om demokraat of republikein te wees het niks met die wapenbeheer issue te
> doen
> nie!

Hemel Johan, jy raak die onsinnigste dinge kwyt. Baie mense stem juis vir óf
die demokrate óf die republikeine na gelang van hul platform mbt wapenbeheer.
Voorts is dit ope feit dat die NRA kratte geld in die Republikeinse koffers
dompel vir politieke gewin - hoe het dit dan niks met politiek te doen nie?

> Ek het besluit om Amerika toe te kom met 'n skoon
> politieke blaadjie

Yeah Right - Daai baadjie is al male sonder tal uitgewys vir al die vetkolle
wat jy saamdra, maar wat net jy nie kan sien nie.

>maar tot op hede lyk dit vir
> my meesal of die demokrate op die kiesers se gevoel speel en emosie gebruik
> om
> redenasies te wen en die republikeine hulle meer net op feite berus.

Nou waar is die feite ten opsigte van wapenbeheer, huh? Watter feit het die
republikeine gelei tot die verhindering van wetgewing wat kinderslotte op
wapens wou reguleer; of agtergrondchecks by wapenskoue? En watter feit sou jou
(Republikein wat jy is) lei om die Brady Bill teen te staan? Jou argument (nes
jou baadjie) benodig droogskoonmaak (juis omdat jy so geredelik droogmaak).
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25405 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Maar ek hoop nie dat jy impliseer dat die beoogde wetgewing goed is vir
> SA nie (waar iets soos 0.25% van die misdade waarby vuurwapens betrokke
> is, gepleeg word deur mense met gelisensieerde wapens).

Ons is gewoond daaraan, Leendert, dat jy jouself baie goed
uitdruk, selfs as jy twak praat. Hier, egter, druk jy jouself
besonder swak uit. Of is dit soms jou bedoeling om te mislei?

Bedoel jy mense met gelisensieerde wapens wat in hulle eie naam
gelisensieer is? Of bedoel jy mense met wapens wat gelisensieer
is, in watter naam ookal?

Ek het so 'n idee dat die syfer wat jy noem betrekking het op die
eerste alternatief. As ek reg is dan kan jy miskien ook vir ons
die syfer (tot twee desimale punte) gee vir die tweede
alternatief.

Dis die blote beskikbaarheid van wapens, gelisensieerd of
ongelisensieerd, wat die probleem is. End van storie.

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25406 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
e...@dot.com (Johan) wrote:
> On Fri, 20 Aug 1999 08:27:46 +0200, "HL" wrote:
>
> |Sedert die nuwe wet op vuurwapens in Australië laat 1996 in werking gekom
> |het, het moorde met 3.2% gestyg, aanrandings met 8.6% en gewapende roof met
> |44%
> |
> |In die staat Victoria het moorde gestyg met 18% en vuurwapen verwante
> |misdaad met amper 300%.
> |
> |'n Verbod op vuurwapens is defnitief nie die oplossing vir misdaad nie.
> |
> |Hennie - uit die Noordkaap
> |
> |
> Ek weet wat ek hier skryf is nou al weer ondeurdag en nie realisties nie, maar
> as daar sulke uiters streng wetgewing hier in Amerika kon wees en dit keer slegs
> een verwarde kind om skool toe te gaan en van sy maats dood te skiet, sal dit
> oor en oor die moeite werd gewees het.

Jy moet jou afvra watter ander effekte dit ook kan hê.

>
> Ek stem heeltemaal saam dat vuurwapen beheer min te doen het met kriminele
> aktiwiteite, maar vir my gaan dit hier in Amerika oor die feit dat die ouens
> hier heeltemaal te mak geraak het vir vuurwapens.

En vir alkoholiese drank? Sigarette? Medisyne? Motorvoertuie?

>
> Ek moes byvoorbeeld al my twee seuns 'n geselsie gee oor wat hulle moet doen as
> hulle vuurwapens in maatjies se huise sou teekom - want sien, die kans is groot
> en die kans is netso groot dat die gelaaide geweer maar net agter die kamerdeur
> staan.

Dis hoe ek grootgeword het. Op die plaas. En van my negende jaar af het
ek my eie gelaaide geweer agter my kamerdeur gehad.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25407 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan wrote in message ...
> On Thu, 19 Aug 1999 15:34:15 +0200, "HL" wrote:
>
> |Voorgestelde vereistes vir nuwe vuurwapenlisensies
> |
> Ek wens ons kon dit netso wet maak hier in Amerika...

Die sterfte syfer per 100 000 mense in Amerika is vir:
Gasvergiftiging 0.3
Vuurwapens 0.6
Algemene vergiftiging (gas ingesluit) 3.5
Val 5.6
Verdrinking 1.5
Vuur 1.4
Verstikking 1.2

Die Amerikaners se vuurwapen wette is nie baie streng nie, toe ek daar
gewoon het in die tagtiger jare is ek genooi vir 'n beer jag en ek het net
by die naaste hardeware winkel ingeloop en vir my 'n geweer gaan koop. Dit
is egter nie nodig as mens na die statestieke kyk om so 'n bohaai te maak
nie.

Hennie
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25408 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Aug 1999 01:05:11 GMT, @sympatico.ca wrote:

|Johan wrote:
|
|> |
|> Ag relax tog!!!!!!!! Ek het absoluut niks sinisters bedoel nie - sommer net so
|> flietende gedagtetjie uitgespreek!
|
|Ek wonder of jy besef dat jy hier soos 'n demokraat praaten nie soos jou geliefde
|Republikeinse party nie.
|
Dis nou om so ondeurdagte uitspraak te maak in ligte luim en as hulle
iemand omkrap dan is dit skielik nie so ernstig nie.... ja Gloudina,
jy is reg, tipies demokrate..! Ek kan nog sulke flaters begaan hier
met plasings op die ng - ek probeer nie stemme werf of behou nie en ek
is nie deel van 'n groot land se regering nie.

Ek is darem bly jy sien die ooreenkoms raak wanneer ek nie dink oor my
plasing nie, maw as ek meer sin praat, klink ek soos 'n republikein!
Laat my hart warm klop en uitsien na die dag wat ek kan stem vir die
ou wit omie party....!!!!!!!!!!!!

Ek dog jy is 'n ondersteuner van die demokrate...?
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25409 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> |
> Ag relax tog!!!!!!!! Ek het absoluut niks sinisters bedoel nie - sommer net so
> flietende gedagtetjie uitgespreek!

Ek wonder of jy besef dat jy hier soos 'n demokraat praaten nie soos jou geliefde
Republikeinse party nie.

Gloudina
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25410 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 20 Aug 1999 15:49:47 GMT, prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

|Hemel Johan, jy raak die onsinnigste dinge kwyt.

En jy maak die onsinnigste afleidings oor my plasings!

Hou nou op katermaai en kommentaar lewer oor iets wat ek nog nie eers gesê het
nie. Hier is my siening oor wapenbeheer:
Ek is 'n voorstaander van die strengste moontlike wapenbeheer - verkieslik geen
wapens hoegenaamd in privaat hande nie. Ek is absoluut teen die NRA se
standpunte. Ek steun die republikeine, maar nie onvoorwaardelik en in elke
issue nie - ek gebruik my eie gesonde verstand en laat my nie voorsê in my
persoonlike opinie deur 'n politieke party nie.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25411 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Alwyn Nel wrote in message ...
> Ek wil-wil juig en jubel oor die voorgestelde wetgewing oor
> wapenbeheer in SA. Net jammer dis te slap. Ek praat flussies met vrind
> Robin wat so ses maande terug die gee-my-jou-bakkie treatmetment
> deurgegaan het met 'n rewolwer teen die kop.
>
> Wel sorry to say maar dit sit nie in die SA Polisie se broek om die
> wet effektiewelik toe te pas nie. En hoe gaan hulle die onwettige
> wapens van die straat af kry? Totdat DIT gedoen is, se ek, hou maar
> jou rollie :-)
>
> Alwyn -uit Perth
>
Sedert die nuwe wet op vuurwapens in Australië laat 1996 in werking gekom
het, het moorde met 3.2% gestyg, aanrandings met 8.6% en gewapende roof met
44%

In die staat Victoria het moorde gestyg met 18% en vuurwapen verwante
misdaad met amper 300%.

'n Verbod op vuurwapens is defnitief nie die oplossing vir misdaad nie.

Hennie - uit die Noordkaap
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25412 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Aug 1999 14:21:07 GMT, @sympatico.ca wrote:

|As iemand jou dan daarop wys dat jy nie hier met die Republikeine
|saamstem nie, dan verander jy gou van wysie.

Watter wysie het ek verander - ek kan nerens teken daarvan kry nie....
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25413 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Maar ek hoop nie dat jy impliseer dat die beoogde wetgewing goed
> is vir
>> SA nie (waar iets soos 0.25% van die misdade waarby vuurwapens
> betrokke
>> is, gepleeg word deur mense met gelisensieerde wapens).
>
> Ons is gewoond daaraan, Leendert, dat jy jouself baie goed
> uitdruk, selfs as jy twak praat. Hier, egter, druk jy jouself
> besonder swak uit. Of is dit soms jou bedoeling om te mislei?
>
> Bedoel jy mense met gelisensieerde wapens wat in hulle eie naam
> gelisensieer is? Of bedoel jy mense met wapens wat gelisensieer
> is, in watter naam ookal?

Ek bedoel albei. 'n Gelisensieerde wapen wat wederregtelik in besit van
iemand anders is, se lisensie verval, sover ek weet. Dan is dit nie
meer 'n gelisensieerde wapen nie.

>
> Ek het so 'n idee dat die syfer wat jy noem betrekking het op die
> eerste alternatief. As ek reg is dan kan jy miskien ook vir ons
> die syfer (tot twee desimale punte) gee vir die tweede
> alternatief.
>
> Dis die blote beskikbaarheid van wapens, gelisensieerd of
> ongelisensieerd, wat die probleem is. End van storie.

Jou laaste stelling kan sinvol wees (al dink ek nie dis noodwendig waar
nie.) Die punt is egter dit: Waarom die gelisensieerde wapens verwyder
as jy geen hoop het om die ongelisensieerde wapens selfs te verminder
nie? En onthou: Bitter weinig AK 47's, Makarofs, ens was ooit in SA
gelisensieer - die oorgrote meerderheid misdaadwapens is (so verstaan
ek) ingesmokkel.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25414 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Aug 1999 08:27:46 +0200, "HL" wrote:

|Sedert die nuwe wet op vuurwapens in Australië laat 1996 in werking gekom
|het, het moorde met 3.2% gestyg, aanrandings met 8.6% en gewapende roof met
|44%
|
|In die staat Victoria het moorde gestyg met 18% en vuurwapen verwante
|misdaad met amper 300%.
|
|'n Verbod op vuurwapens is defnitief nie die oplossing vir misdaad nie.
|
|Hennie - uit die Noordkaap
|
|
Ek weet wat ek hier skryf is nou al weer ondeurdag en nie realisties nie, maar
as daar sulke uiters streng wetgewing hier in Amerika kon wees en dit keer slegs
een verwarde kind om skool toe te gaan en van sy maats dood te skiet, sal dit
oor en oor die moeite werd gewees het.

Ek stem heeltemaal saam dat vuurwapen beheer min te doen het met kriminele
aktiwiteite, maar vir my gaan dit hier in Amerika oor die feit dat die ouens
hier heeltemaal te mak geraak het vir vuurwapens.

Ek moes byvoorbeeld al my twee seuns 'n geselsie gee oor wat hulle moet doen as
hulle vuurwapens in maatjies se huise sou teekom - want sien, die kans is groot
en die kans is netso groot dat die gelaaide geweer maar net agter die kamerdeur
staan. En verder kan ek maar net bid dat hulle en hulle maatjies en hulle
maatjies se ouers verstandig sal wees.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25415 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
"HL" lo...@global.co.za skryf



Ek weet nie in watter pro-wapen pot jou statistieke gekook is nie, Hennie, maar
dit is foutief. Gee my asseblief jou bron. Die Centers for Disease Control se
nuutste statistieke vir 36 lande dui op die volgende wapenverwante sterftes per
100 000. Ek gee net 'n paar voorbeelde.

Amerika: 14.24
Brasilie: 12.95
Meksiko: 12.69
N. Ierland: 6.63

En die laagste?
Japan: 0.05
Nederland: 0.70
Swede: 1.92
Denemarke: 2.09
New Zeeland: 2.38

Nou vra ek jou, wat is die gemene faktor en die antwoord staar jou reg in die
gesig. Al die lande in die laagste groep het streng (in die geval van Japan,
S. Korea, ens. selfs unltra streng) wapenbeheer terwyl dit nie die geval is in
die lande met die hoogste statistieke nie. Ek wil glad nie voorgee dat dit die
enigste rede is vir die statistieke nie, en is deeglik bewus daarvan dat ander
faktore ook 'n beïnvloedende rol mag speel, maar dit is duidelik dat daar wel
'n korrelasie is tussen strenge wapenwetgewing en wapenverwante sterftes.

Nog 'n paar factoids:
Die New England Journal of Medicine (seker die vooraanstaande publikasie in die
veld, wie se syfers enifiemand met gemak kan aanvaar) bevind dat 'n wapen in
die huishouding die risiko van moord binne die huis verdriedubbel; dat wapens
in die huis vir beskerming, inteendeel 43 keer meer geredelik gebruik word om
'n vriend, familielid, of kennis dood te maak as 'n rower of ander justifiable
moord. Inderwaarheid dui FBI statistieke (1994 Crime Report) daarop dat daar
in 1993 slegs 251 justifiable wapenmoorde was teenoor 14204 wapenmoorde.
Vuurwapen as deterrent? 1 in 4 polisiemanne word met hul eie wapens vermoor.
In 1995 het 35957 Amerikaners aan die hand van vuurwapens gesterf (33651 het in
die Koreaanse oorlog gesneuwel). Die CDC voorspel dat vuurwapens in 2003
sterftes aan motorongelukke sal verbysteek en die grootste oorsaak sal wees van
injury sterftes in die VSA. Finansieel beteken dit dat belastingbetalers soos
ek $4.5 biljoen dollars moet opdok vir mediese en rehabilitasie onkoste -
hoofsaaklik omdat cowboy tipes soos jy en Charlton Heston nie wetgewing wil
aanvaar wat vir die meeste mense sin maak nie.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25416 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 20 Aug 1999 14:21:07 GMT, @sympatico.ca wrote:
|
|Maar sien jy nou, jou eerste inklinasie is om saam te stem datwapens beheer moet word -
|soos die Demokrate in die VSA

Om demokraat of republikein te wees het niks met die wapenbeheer issue te doen
nie! Jy maak nou dieselfde fout as die meerderheid van Amerika se politici - om
jou opinie te draai volgens die party wat jy voorstaan! Dis mos om meeste van
die tyd te lieg. Nee, Gloudina, ek vorm eerste my eie opinie, en ek is bereid
om dit aan te pas en te verander soos ek meer input kry, en dan kyk ek na die
politici en sien watter individue praat langs dieselfde lyne en dan sal ek eers
kyk na sy party affiliasie.

|As iemand jou dan daarop wys dat jy nie hier met die Republikeine
|saamstem nie, dan verander jy gou van wysie.

Bulldust - jy weet nie eers wat my opinie oor wapenbeheer is nie - ek het dit
nog nooit hier gese nie.

| Kan jy vir my
|verduidelik hoekom jy van die Republikeine hou?

Nee, dit sal baie lank neem. Ek het besluit om Amerika toe te kom met 'n skoon
politieke blaadjie en dat elke party of groep maar sy eie griffel daarop moet
plaas.

Nou ja, soos die tyd aangaan kan dit nog verander, maar tot op hede lyk dit vir
my meesal of die demokrate op die kiesers se gevoel speel en emosie gebruik om
redenasies te wen en die republikeine hulle meer net op feite berus. Maar soos
ek in die begin gesê het, dis baie oppervlakkig - ek sou vir jou twee jaar se
ervaring moet gaan neerskryf en elke keer sê wat my in die een of die ander se
guns laat besluit het.

Ek steun nie die republikeine blindelings nie - ek kyk maar na elke issue op sy
eie. Hier op die ng is ek natuurlik nou 'n vreeslike oordrewe republikein
omdat jy die demokrate steun (tong in die kies).
|
|Gloudina
|
|
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25417 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

Johan wrote:

> Dis nou om so ondeurdagte uitspraak te maak in ligte luim en as hulle
> iemand omkrap dan is dit skielik nie so ernstig nie.... ja Gloudina,
> jy is reg, tipies demokrate..! Ek kan nog sulke flaters begaan hier
> met plasings op die ng - ek probeer nie stemme werf of behou nie en ek
> is nie deel van 'n groot land se regering nie.
>
> Ek is darem bly jy sien die ooreenkoms raak wanneer ek nie dink oor my
> plasing nie, maw as ek meer sin praat, klink ek soos 'n republikein!
> Laat my hart warm klop en uitsien na die dag wat ek kan stem vir die
> ou wit omie party....!!!!!!!!!!!!
>
> Ek dog jy is 'n ondersteuner van die demokrate...?

Maar sien jy nou, jou eerste inklinasie is om saam te stem datwapens beheer moet word -
soos die Demokrate in die VSA
en soos alle beskaafde nasies probeer doen (insluitende Kanada.)
As iemand jou dan daarop wys dat jy nie hier met die Republikeine
saamstem nie, dan verander jy gou van wysie. Kan jy vir my
verduidelik hoekom jy van die Republikeine hou?

Gloudina
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25418 is 'n antwoord op boodskap #25379] Vr, 20 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:
> "HL" lo...@global.co.za skryf
>
>
>
> Ek weet nie in watter pro-wapen pot jou statistieke gekook is nie, Hennie, maar
> dit is foutief. Gee my asseblief jou bron. Die Centers for Disease Control se
> nuutste statistieke vir 36 lande dui op die volgende wapenverwante sterftes per
> 100 000. Ek gee net 'n paar voorbeelde.
>
> Amerika: 14.24
> Brasilie: 12.95
> Meksiko: 12.69
> N. Ierland: 6.63
>
> En die laagste?
> Japan: 0.05
> Nederland: 0.70
> Swede: 1.92
> Denemarke: 2.09
> New Zeeland: 2.38
>
> Nou vra ek jou, wat is die gemene faktor en die antwoord staar jou reg in die
> gesig. Al die lande in die laagste groep het streng (in die geval van Japan,
> S. Korea, ens. selfs unltra streng) wapenbeheer terwyl dit nie die geval is in
> die lande met die hoogste statistieke nie. Ek wil glad nie voorgee dat dit die
> enigste rede is vir die statistieke nie, en is deeglik bewus daarvan dat ander
> faktore ook 'n beïnvloedende rol mag speel,

Juis. Sonder vergelykende syfers vir roof (insluitende gewapende roof
sonder vuurwapens), diefstal, moord (sonder vuurwapens) ens. beteken so
'n vergelyking nie veel nie.

> maar dit is duidelik dat daar wel
> 'n korrelasie is tussen strenge wapenwetgewing en wapenverwante
sterftes.

Enige statistikus sal jou waarsku teen die aanname dat korrelasie
kousaliteit impliseer. In hierdie besondere geval erken jy self dat die
kousale oorsaak elders kan wees as in een van die twee veranderlikes
wat jy noem - dit kan, byvoorbeeld, lê in 'n ander faktor wat
gemeenskaplik aan albei is.

>
> Nog 'n paar factoids:
> Die New England Journal of Medicine (seker die vooraanstaande publikasie in die
> veld, wie se syfers enifiemand met gemak kan aanvaar) bevind dat 'n wapen in
> die huishouding die risiko van moord binne die huis verdriedubbel;

Is hierdie syfer gekontroleer vir moord sonder vuurwapen? (m.a.w. is
hulle seker dat die moorde nie bloot met ander metodes gepleeg sou wees
as die wapens afwesig was nie?)

dat wapens
> in die huis vir beskerming, inteendeel 43 keer meer geredelik gebruik word om
> 'n vriend, familielid, of kennis dood te maak as 'n rower of ander justifiable
> moord.

Soos bo.

> Inderwaarheid dui FBI statistieke (1994 Crime Report) daarop dat daar
> in 1993 slegs 251 justifiable wapenmoorde was teenoor 14204
wapenmoorde.

Soos bo.

> Vuurwapen as deterrent? 1 in 4 polisiemanne word met hul eie wapens
vermoor.

Hoeveel sou vermoor word as hulle gladnie vuurwapens dra nie?

> In 1995 het 35957 Amerikaners aan die hand van vuurwapens gesterf (33651 het in
> die Koreaanse oorlog gesneuwel). Die CDC voorspel dat vuurwapens in 2003
> sterftes aan motorongelukke sal verbysteek en die grootste oorsaak sal wees van
> injury sterftes in die VSA. Finansieel beteken dit dat belastingbetalers soos
> ek $4.5 biljoen dollars moet opdok vir mediese en rehabilitasie onkoste -
> hoofsaaklik omdat cowboy tipes soos jy en Charlton Heston nie wetgewing wil
> aanvaar wat vir die meeste mense sin maak nie.

'n Vriend van my - 'n fisikus - het 'n slagspreuk teen sy muur: "If it
can be decided by the vote, it is not science". M.a.w. die feit dat
iets vir "die meeste mense sin maak" beteken nie dis waar of goed nie.
Onthou, Hitler het vir die meeste mense in Duitsland sin gemaak, en
hulle het hom as demokratiese leier verkies.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25435 is 'n antwoord op boodskap #25379] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
prop...@aol.com (ProPacem) wrote:

Vertel
> gerus, want op die oomblik lyk dit vir my asof die enigste rede waarom jy die
> republikeine ondersteun is, soos gloudina sê, omdat jy 'n ou wit omie is wat 'n
> ou wit omie party ondersteun. En, soos gloudina en ek dit hier gebruik (ek
> bemerk 'n onlangse flurry rondom "geheime betekenisse van woorde"), slaan ou
> wit omie op veel meer as ou wit omie :-) Figure-it-uit.

Hmmmm..... Maar net nog 'n term (met geheimsinnige toespelings) wat
gebruik word om te stereotipeer? Veral as dit aangewend word deur vroue
en swartes?

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25436 is 'n antwoord op boodskap #25379] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Johan skryf in boodskap news:37bd6c3e.584404832@Choice010...
> Dankie vir die inligting Hennie!
>
> Ek is nou net nuuskierig - die hele gesprek het begin oor SA se nuwe
> voorgestelde wette. Hoe lyk SA se vergelykende syfers? En dink jy dit sal dan
> daar enigsinds 'n invloed hê op die misdaad?
>
Ek weet nie hoe die vergelykende syfers lyk nie, die syfer wat Leendert
genoem het (2.5%0), vir misdade gepleeg met wettige wapens deur hul eienaars
is reg. Misdade wat gepleeg word met gesteelde "wettige" wapens is minder as
10%, ek sal die presiese syfers gaan soek, ek het dit iewers.

Die voorgestelde wetgewing sal nie misdaad voorkom nie. Die staat moet net
hul werk doen en die huidige wetgewing, wat reeds van die strengste ter
wereld is ordentlik toepas. Om jou 'n voorbeeld te gee: My swaer was in 1984
skuldig bevind aan twee aanklagte van moord, hy het verlede jaar twee
vuurwapens gekoop sonder enige probleme. Onder die vorige regering is sy
lisensie aansoek botweg geweier.

Die staat moet eers die invloei van onwettige wapens keer (die hemel help
ons as die oorlog in Angola en die DRC tot 'n einde kom) en misdadigers
suksesvol vervolg.
Wettige vuurwapen eienaars is 'n maklike teiken, dit is maar een van die
redes vir die nuwe voorgestelde wetgewing. As jy kyk na die nuwe wet sal
jy sien dat dit nie eintlik strenger beheer is nie, dit kom neer op totale
ontwapening van die wettige wapen eienaar. Hoekom so skielik en ondeurdag?
Het die staat 'n verskuilde agenda?

> Ek dink nie 'n mens kan enigsinds na Australie of Amerika as voorbeeld kyk om te
> sien wat in SA die geval sal wees nie. Die lande verskil so geweldig drasties
> van mekaar.
>
Jy is heeltemal reg, julle het 'n ordentlike polisie mag om op staat te
maak, ons het niks.
Hier op my tuisdorp het ons een patrollie voertuig wat 400 000 vierkante
kilometer op 'n skof moet dek. Hulle volg slegs moordsake op, ander misdade
soos inbrake, aanrandings ens. word nie opgevolg nie want daar is nie
mannekrag en tyd daarvoor nie. Daar word ook slegs 1000 liter brandstof per
maand vir ons Polisiestasie gegee. As dit op is moet die bakkie staan.

Wat my woedend maak is dat die polisie die bakkie en brandstof gebruik vir
'n baie winsgewende taxi bedryf tussen die buurdorpe.

Die staat kan ons nie beskerm nie, en uit die aard van my besigheid het ek
beskerming nodig, so hulle moet ons wapens uitlos en dit eerder aftrekbaar
maak van belasting.

Hennie
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25437 is 'n antwoord op boodskap #25379] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
ProPacem skryf in boodskap news:19990820113738.21813.00002181@ng-fm1.aol.com...
> "HL" lo...@global.co.za skryf
>
>
>
> Ek weet nie in watter pro-wapen pot jou statistieke gekook is nie, Hennie, maar
> dit is foutief. Gee my asseblief jou bron.

Die 1999 uitgawe van The World Almanac & Book of Facts.
Die syfers vir Australie van die Australian Bureau of Statistics. Die syfers
is vir 1997, die eerste volle jaar na die implementering van die nuwe wet.

Oor wie se bronne nou die mees vooraanstaande is wil ek nie oor argumenteer
nie, want die anti en die pro groepe doen dit tot vervelens toe.

Die Centers for Disease Control se
> nuutste statistieke vir 36 lande dui op die volgende wapenverwante sterftes per
> 100 000. Ek gee net 'n paar voorbeelde.
>
> Amerika: 14.24
> Brasilie: 12.95
> Meksiko: 12.69
> N. Ierland: 6.63
>
> En die laagste?
> Japan: 0.05
> Nederland: 0.70
> Swede: 1.92
> Denemarke: 2.09
> New Zeeland: 2.38
>
> Nou vra ek jou, wat is die gemene faktor en die antwoord staar jou reg in die
> gesig. Al die lande in die laagste groep het streng (in die geval van Japan,
> S. Korea, ens. selfs unltra streng) wapenbeheer terwyl dit nie die geval is in
> die lande met die hoogste statistieke nie. Ek wil glad nie voorgee dat dit die
> enigste rede is vir die statistieke nie, en is deeglik bewus daarvan dat ander
> faktore ook 'n beïnvloedende rol mag speel, maar dit is duidelik dat daar wel
> 'n korrelasie is tussen strenge wapenwetgewing en wapenverwante sterftes.
>
Misdaad in Suid Afrika is die oorsaak van die groot hoeveelheid wapens in
privaatbesit, nie die gevolg daarvan nie.

> Nog 'n paar factoids:
> Die New England Journal of Medicine (seker die vooraanstaande publikasie in die
> veld, wie se syfers enifiemand met gemak kan aanvaar) bevind dat 'n wapen in
> die huishouding die risiko van moord binne die huis verdriedubbel; dat wapens
> in die huis vir beskerming, inteendeel 43 keer meer geredelik gebruik word om
> 'n vriend, familielid, of kennis dood te maak as 'n rower of ander justifiable
> moord. Inderwaarheid dui FBI statistieke (1994 Crime Report) daarop dat daar
> in 1993 slegs 251 justifiable wapenmoorde was teenoor 14204 wapenmoorde.
> Vuurwapen as deterrent? 1 in 4 polisiemanne word met hul eie wapens vermoor.
> In 1995 het 35957 Amerikaners aan die hand van vuurwapens gesterf (33651 het in
> die Koreaanse oorlog gesneuwel).

Volgens Dr. Gary Kleck in die uitgawe van 5 Augustus 1998 van die Journal of
the American Medical Association (Hy is 'n kriminoloog by die Florida State
University) was daar in 1993 omtrent 155 000 geweldadige voorvalle by die
huis waar vuurwapens betrokke was. In die selfde jaar was daar egter 2,55
miljoen voorvalle waar vuurwapens vir selfverdediging gebruik is waarvan 950
000(37.3%) tuis was. Dit dui daarop dat wapens 6 keer meer vir
selfverdediging gebruik is as vir kriminele of aggresiewe gebruik.

Die CDC voorspel dat vuurwapens in 2003
> sterftes aan motorongelukke sal verbysteek en die grootste oorsaak sal wees van
> injury sterftes in die VSA. Finansieel beteken dit dat belastingbetalers soos
> ek $4.5 biljoen dollars moet opdok vir mediese en rehabilitasie onkoste -
> hoofsaaklik omdat cowboy tipes soos jy en Charlton Heston nie wetgewing wil
> aanvaar wat vir die meeste mense sin maak nie.

As jy my wil uitkryt as 'n "cowboy tipe" omdat ek my vrou en kinders se
lewens wil beskerm aangesien die regering nie bevoeg is om dit te doen nie,
laat dit dan so wees.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25438 is 'n antwoord op boodskap #25379] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Simon Vat-'n-Kans skryf:

> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Ek bedoel albei. 'n Gelisensieerde wapen wat wederregtelik in
> besit van
>> iemand anders is, se lisensie verval, sover ek weet. Dan is dit
> nie
>> meer 'n gelisensieerde wapen nie.
>
> O, ek sien. Dis nou waar jy die tegniek toepas wat jy destyds by
> die meisies op laerskool geleer het. As jy in 'n hoek gepraat
> word dan verkondig jy dat die woorde wat jy gebruik het 'n
> spesiale betekenis het.

Beweer jy dan dat 'n gelisensieerde wapen wat gesteel is steeds
gelisensieerd bly? Of op watter ander gronde beweer jy dat ek 'n
"Spesiale Betekenis" aan die woord "gelisensieerd" heg?

>
>> Die punt is egter dit: Waarom die gelisensieerde wapens verwyder
>> as jy geen hoop het om die ongelisensieerde wapens selfs te
> verminder
>> nie?
>
> Omdat, inaggenome die spesiale betekenis wat jy aan
> "ongelisensieerd" heg, 'n gelisensieerde wapen so maklik 'n
> ongelisensieerde een kan word.

Dis waar. 'n Padwaardige motorvoertuig kan ook so maklik 'n wrak word.
Of die teiken van 'n skaker. 'n Broodmes of 'n bottel gin kan ewe
maklik 'n moordwapen word. Wat is so spesiaal aan gelisensieerde
vuurwapens?

> En daardie nuut-geskape
> ongelisensieerde wapens kan dan weer gebruik word om nog meer
> gelisensieerde wapens ongelisensieerde wapens te laat word. 'n
> Bose kringloop, dus.

Dis waar. Maar slegs as die polisie nie hul werk (kan) doen nie. Het jy
enige rede om te glo dat die polisie hul werk sal (kan) begin doen as
daar nie meer gelisensieerde vuurwapens in die gemeenskap is nie?

>
>> En onthou: Bitter weinig AK 47's, Makarofs, ens was ooit in SA
>> gelisensieer - die oorgrote meerderheid misdaadwapens is (so
> verstaan
>> ek) ingesmokkel.
>
> Inderdaad. Deur hulle wat hulleself beroem het daarop dat hulle
> besig was om die burgery te beveilig teen "die ANC en hulle
> kommunistiese meelopers" - so verstaan ek, as ek luister na die
> wedervaringe van Fok-Fok de Kock en kie.

As jy kies om selektief te luister, kan ek jou nie help nie.

Maar met sulke argumente gaan jy my nie oortuig om myself of my gesin
te laat ontwapen nie.

Inteendeel.

Vriendelike groete, Leendert

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25439 is 'n antwoord op boodskap #25379] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan)

> Ek steun die republikeine, maar nie onvoorwaardelik en in elke
> issue nie

Ek stel nogal belang in daardie aspekte van die republikeinse platform wat jou
aantrek en waarmee jy saamstem. Deel bietjie met ons. Ek twyfel of jy sou
sammstem met die onlangse republikeinse wet wat social security weggevat het
van immigrante soos jy; of dat jy sou saamstem met die republikeinse drif om
immigrasie (in alle vorme, insluitende "spesiale kwalifikasie") daadwerklik in
te perk; jy't reeds gesê jy steun nie die wapenplatform nie; by 'n vorige
geleentheid het jy gesê jy steun menseregte vir almal, inluitende seksuele
orientasie, so ek neem aan jy stem nie saam met die republikeinse drif om
mediese en civil benefits weg te neem van same sex paartjies nie; jy het ook
gesê dat jy almal se godsdiens gelykmatig respekteer so jy sal seker nie gebed
in skool op nie-christene wou afdwing nie. Waarmee stem jy saam. Vertel
gerus, want op die oomblik lyk dit vir my asof die enigste rede waarom jy die
republikeine ondersteun is, soos gloudina sê, omdat jy 'n ou wit omie is wat 'n
ou wit omie party ondersteun. En, soos gloudina en ek dit hier gebruik (ek
bemerk 'n onlangse flurry rondom "geheime betekenisse van woorde"), slaan ou
wit omie op veel meer as ou wit omie :-) Figure-it-uit.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25440 is 'n antwoord op boodskap #25379] Sa, 21 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Ek bedoel albei. 'n Gelisensieerde wapen wat wederregtelik in besit van
> iemand anders is, se lisensie verval, sover ek weet. Dan is dit nie
> meer 'n gelisensieerde wapen nie.

O, ek sien. Dis nou waar jy die tegniek toepas wat jy destyds by
die meisies op laerskool geleer het. As jy in 'n hoek gepraat
word dan verkondig jy dat die woorde wat jy gebruik het 'n
spesiale betekenis het.

> Die punt is egter dit: Waarom die gelisensieerde wapens verwyder
> as jy geen hoop het om die ongelisensieerde wapens selfs te verminder
> nie?

Omdat, inaggenome die spesiale betekenis wat jy aan
"ongelisensieerd" heg, 'n gelisensieerde wapen so maklik 'n
ongelisensieerde een kan word. En daardie nuut-geskape
ongelisensieerde wapens kan dan weer gebruik word om nog meer
gelisensieerde wapens ongelisensieerde wapens te laat word. 'n
Bose kringloop, dus.

> En onthou: Bitter weinig AK 47's, Makarofs, ens was ooit in SA
> gelisensieer - die oorgrote meerderheid misdaadwapens is (so verstaan
> ek) ingesmokkel.

Inderdaad. Deur hulle wat hulleself beroem het daarop dat hulle
besig was om die burgery te beveilig teen "die ANC en hulle
kommunistiese meelopers" - so verstaan ek, as ek luister na die
wedervaringe van Fok-Fok de Kock en kie.

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25459 is 'n antwoord op boodskap #25379] So, 22 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Beweer jy dan dat 'n gelisensieerde wapen wat gesteel is steeds
> gelisensieerd bly? Of op watter ander gronde beweer jy dat ek 'n
> "Spesiale Betekenis" aan die woord "gelisensieerd" heg?

Ek laat dit maar aan die lesers oor om te besluit of jou
statistieke dieselfde vir hulle beteken ná jou verduideliking as
wat dit vir hulle beteken het daarvóór.

En wie is nou reg? Jy met jou 0.25% of Hennie met sy "2.5%0"?

So van Hennie en gepraat, hoekom vat hy so lang om sy 10% syfer
vir "gesteelde" wapens te check? Ek sien nog so 'n paar spesiale
betekenissies kom. Soos byvoorbeeld: "Maar natuurlik is 'n
wapen slegs 'n 'gesteelde' wapen as die misdadiger gevang is en
aan die diefstal skuldig bevind is."

Terwyl Hennie besig is om sy syfers te check kan hy miskien ook
vir ons die syfer kry vir misdade wat met "ongelisensieerde"
vuurwapens gepleeg is, maar waar dit nie bepaal kon word of die
wapen gesteel is nie.

Wie is dit nou maar weer wat gesê het: "There are lies, damned
lies, and statistics"?

> Dis waar. 'n Padwaardige motorvoertuig kan ook so maklik 'n wrak word.
> Of die teiken van 'n skaker. 'n Broodmes of 'n bottel gin kan ewe
> maklik 'n moordwapen word. Wat is so spesiaal aan gelisensieerde
> vuurwapens?

En hoekom installeer ons dan nie maar almal 'n masjien-geweer op
ons voorstoep nie? Wat is so spesiaal aan 'n masjien-geweer?

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25460 is 'n antwoord op boodskap #25379] So, 22 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Beweer jy dan dat 'n gelisensieerde wapen wat gesteel is steeds
>> gelisensieerd bly? Of op watter ander gronde beweer jy dat ek 'n
>> "Spesiale Betekenis" aan die woord "gelisensieerd" heg?
>
> Ek laat dit maar aan die lesers oor om te besluit of jou
> statistieke dieselfde vir hulle beteken ná jou verduideliking as
> wat dit vir hulle beteken het daarvóór.
>
> En wie is nou reg? Jy met jou 0.25% of Hennie met sy "2.5%0"?

Seker Hennie. My syfer was sterk gekwalifiseer met "ek dink" of so
iets. In die praktyk dink ek nie die twee verskil beduidend nie.

>
> So van Hennie en gepraat, hoekom vat hy so lang om sy 10% syfer
> vir "gesteelde" wapens te check? Ek sien nog so 'n paar spesiale
> betekenissies kom. Soos byvoorbeeld: "Maar natuurlik is 'n
> wapen slegs 'n 'gesteelde' wapen as die misdadiger gevang is en
> aan die diefstal skuldig bevind is."
>
> Terwyl Hennie besig is om sy syfers te check kan hy miskien ook
> vir ons die syfer kry vir misdade wat met "ongelisensieerde"
> vuurwapens gepleeg is, maar waar dit nie bepaal kon word of die
> wapen gesteel is nie.

Wel, vir Hennie kan ek nie juis praat nie. Ek weet nie wie hy is of wat
sy agtergrond is nie. Maar selfs as ek geweet het, sou ek steeds nie
namens hom kon praat nie.

>
> Wie is dit nou maar weer wat gesê het: "There are lies, damned
> lies, and statistics"?

Jy mag jou maar met slim quips ophou - of met statistiek. Die agtjarige
kind wat twee weke gelede in my buurt met breinskade in intensief
beland het nadat hy van sy fiets beroof is, is nie net statisitek nie.
Dit beteken ek laat my kinders nie aleen op straat gaan nie.
Daarbenewens, is die kanse dat die rowers gevang sal word, uiters
skraal. Selfs in die geval van moorde wat aangemeld is, eindig daar
slegs in een uit ses gevalle 'n beskuldigde voor die hof. En dan het hy
'n 60% kans om vry te gaan.

Die gesin wat verlede week, ook in my buurt, helder oordag in hul huis
deur rowers oorval is, is vir my ook nie statistiek nie. Dit beteken
die buitedeure van my huis moet permanent gesluit bly. Op sy beurt
beteken dit ek kan my kinders nie aleen in my ommuurde erf laat speel
nie. Mens kan net sowel op die tiende verdieping van 'n woonstelgebou
woon. Maar terwyl ek en my vrou gewapen is, kan ons darem nog die kans
waag (in die vertroue dat die kinders hard genoeg sal skreeu!)

>
>> Dis waar. 'n Padwaardige motorvoertuig kan ook so maklik 'n wrak
> word.
>> Of die teiken van 'n skaker. 'n Broodmes of 'n bottel gin kan
> ewe
>> maklik 'n moordwapen word. Wat is so spesiaal aan gelisensieerde
>> vuurwapens?
>
> En hoekom installeer ons dan nie maar almal 'n masjien-geweer op
> ons voorstoep nie? Wat is so spesiaal aan 'n masjien-geweer?

Ek reken, as die regering voortgaan met sy planne om die wetsgehoorsame
burgery te ontwapen voordat hy die misdaad onder beheer het, sal
masjiengewere algemeen word in buurte soos myne (net soos hulle elders
reeds algemeen is). Hulle sal ongelisensieerd wees (want hulle is selfs
onder die huige wetgewing onwettig), en is in werklikheid heelwat
makliker om te bekom as 'n gelisensieerde wapen - of so vertel mense
wat behoort te weet.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25468 is 'n antwoord op boodskap #25379] Ma, 23 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

> Jy mag jou maar met slim quips ophou - of met statistiek. Die agtjarige
> kind wat twee weke gelede in my buurt met breinskade in intensief
> beland het nadat hy van sy fiets beroof is, is nie net statisitek nie.
> Dit beteken ek laat my kinders nie aleen op straat gaan nie.
> Daarbenewens, is die kanse dat die rowers gevang sal word, uiters
> skraal. Selfs in die geval van moorde wat aangemeld is, eindig daar
> slegs in een uit ses gevalle 'n beskuldigde voor die hof. En dan het hy
> 'n 60% kans om vry te gaan.
>
> Die gesin wat verlede week, ook in my buurt, helder oordag in hul huis
> deur rowers oorval is, is vir my ook nie statistiek nie. Dit beteken
> die buitedeure van my huis moet permanent gesluit bly. Op sy beurt
> beteken dit ek kan my kinders nie aleen in my ommuurde erf laat speel
> nie. Mens kan net sowel op die tiende verdieping van 'n woonstelgebou
> woon. Maar terwyl ek en my vrou gewapen is, kan ons darem nog die kans
> waag (in die vertroue dat die kinders hard genoeg sal skreeu!)

Dis nie ek wat myself met statistieke opgehou het nie. Dit was
jy en Hennie, en julle statistieke is verdag.

Die mense van wie jy praat het my volle simpatie. Die feit dat
'n kind ter wille van 'n fiets breinskade opdoen is nie 'n
statistiek nie - dis 'n afgryslike tragedie.

Maar my punt is dat die dra van vuurwapens deur individue nie
hierdie soort van voorval, hoe brutaal ookal, gaan laat verdwyn
nie. Myns insiens dra dit juis by tot die bestendiging van 'n
kultuur van geweld. Dit is die siklus wat gebreek moet word. En
'n mens moet êrens begin. Ek het grootgeword in 'n gesin waar
vuurwapens as iets uit die bose gesien is, inteenstelling met
baie ander gesinne waar die dra van 'n vuurwapen dink ek gesien
is as iets wat "'n man van jou maak". Dis miskien hoekom ek dink
soos ek dink. Miskien is ek maar net gelukkig.

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25492 is 'n antwoord op boodskap #25379] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote:
>
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>> Jy mag jou maar met slim quips ophou - of met statistiek. Die agtjarige
>> kind wat twee weke gelede in my buurt met breinskade in intensief
>> beland het nadat hy van sy fiets beroof is, is nie net statisitek nie.
>> Dit beteken ek laat my kinders nie aleen op straat gaan nie.
>> Daarbenewens, is die kanse dat die rowers gevang sal word, uiters
>> skraal. Selfs in die geval van moorde wat aangemeld is, eindig daar
>> slegs in een uit ses gevalle 'n beskuldigde voor die hof. En dan het hy
>> 'n 60% kans om vry te gaan.
>>
>> Die gesin wat verlede week, ook in my buurt, helder oordag in hul huis
>> deur rowers oorval is, is vir my ook nie statistiek nie. Dit beteken
>> die buitedeure van my huis moet permanent gesluit bly. Op sy beurt
>> beteken dit ek kan my kinders nie aleen in my ommuurde erf laat speel
>> nie. Mens kan net sowel op die tiende verdieping van 'n woonstelgebou
>> woon. Maar terwyl ek en my vrou gewapen is, kan ons darem nog die kans
>> waag (in die vertroue dat die kinders hard genoeg sal skreeu!)
>
> Dis nie ek wat myself met statistieke opgehou het nie. Dit was
> jy en Hennie, en julle statistieke is verdag.
>
> Die mense van wie jy praat het my volle simpatie. Die feit dat
> 'n kind ter wille van 'n fiets breinskade opdoen is nie 'n
> statistiek nie - dis 'n afgryslike tragedie.
>
> Maar my punt is dat die dra van vuurwapens deur individue nie
> hierdie soort van voorval, hoe brutaal ookal, gaan laat verdwyn
> nie. Myns insiens dra dit juis by tot die bestendiging van 'n
> kultuur van geweld. Dit is die siklus wat gebreek moet word. En
> 'n mens moet êrens begin. Ek het grootgeword in 'n gesin waar
> vuurwapens as iets uit die bose gesien is, inteenstelling met
> baie ander gesinne waar die dra van 'n vuurwapen dink ek gesien
> is as iets wat "'n man van jou maak". Dis miskien hoekom ek dink
> soos ek dink. Miskien is ek maar net gelukkig.
>

Die hele punt is dat deur die vuurwapens van die mense wat dit wettig
het, weg te neem onderbreek jy nie die siklus nie. Die staat wil dit so
onmoontlik maak vir iemand wat reeds 'n WETTIGE vuurwapen het om dit te
behou - dit gaan nie net oor nuwe wapens nie. Die krimineel het steeds
sy vuurwapen en het geen probleem om nog 'n onwettige vuurwapen te kry
nie. Die gewonne man moet eerstens homself kan verdedig en tweedens dien
die feit dat iemand dalk 'n vuurwapen mag hê as afskrikmiddel. Al ooit
probeer om die polisie in telefonies in die hande te kry?

Dit is weer eens die toepassing van eerste wêreldse norme in 'n derde
wêreldse land.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25493 is 'n antwoord op boodskap #25379] Di, 24 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrot
>> En onthou: Bitter weinig AK 47's, Makarofs, ens was ooit in SA
>> gelisensieer - die oorgrote meerderheid misdaadwapens is (so
> verstaan
>> ek) ingesmokkel.
>
> Inderdaad. Deur hulle wat hulleself beroem het daarop dat hulle
> besig was om die burgery te beveilig teen "die ANC en hulle
> kommunistiese meelopers" - so verstaan ek, as ek luister na die
> wedervaringe van Fok-Fok de Kock en kie.
>

Tjorts Simon. Hulle het sommer gekonfiskeerde wapens gaan trek by die
weermag magasyn - dit was nie vir hulle nodig om dit in te smokkel nie.
Dan moet ons natuurlik nie die R3 en R4 wat in Transkei aan die vryheids
vegters uitgereik is nie en nou in di egewaqpende roof togte gebruik
word nie. Geen van bogenoemde was ooit gelisensieerd nie!.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25520 is 'n antwoord op boodskap #25379] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Simon van der Schans" wrote:
> Leendert van Oostrum wrote in message
> ...
>
>>> En wie is nou reg? Jy met jou 0.25% of Hennie met sy "2.5%0"?
>>
>> Seker Hennie. My syfer was sterk gekwalifiseer met "ek dink" of
> so
>> iets.
>
> Nee, dit was nie. Ek haal aan wat jy wel gesê het: "waar iets
> soos 0.25% van die misdade waarby vuurwapens betrokke is, gepleeg
> word deur mense met gelisensieerde wapens".

"Iets soos" is 'n sterk aanduiding van onsekerheid.

>
>> In die praktyk dink ek nie die twee verskil beduidend nie.
>
> As Hennie dieselfde "foutjie" begaan het dan kon sy 10% dalk 100%
> geword het. Maar, nouja, watse saak maak 'n nulletjie of twee
> nou tussen vriende.

Nee. Nie waar nie. Die verskil tussen Hennie se syfer en myne is 2.25%.

Dit is nie naastenby die verskil van 90% waarna jy verwys nie.

Ek staan daarby dat 'n fout van 2.25% in hierdie geval negeerbaar is.

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25521 is 'n antwoord op boodskap #25379] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message
...

>> En wie is nou reg? Jy met jou 0.25% of Hennie met sy "2.5%0"?
>
> Seker Hennie. My syfer was sterk gekwalifiseer met "ek dink" of so
> iets.

Nee, dit was nie. Ek haal aan wat jy wel gesê het: "waar iets
soos 0.25% van die misdade waarby vuurwapens betrokke is, gepleeg
word deur mense met gelisensieerde wapens".

> In die praktyk dink ek nie die twee verskil beduidend nie.

As Hennie dieselfde "foutjie" begaan het dan kon sy 10% dalk 100%
geword het. Maar, nouja, watse saak maak 'n nulletjie of twee
nou tussen vriende.

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25522 is 'n antwoord op boodskap #25379] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
HL wrote in message ...

> Om jou 'n voorbeeld te gee: My swaer was in 1984
> skuldig bevind aan twee aanklagte van moord, hy het verlede jaar twee
> vuurwapens gekoop sonder enige probleme. Onder die vorige regering is sy
> lisensie aansoek botweg geweier.

Volgens my is dit 'n lieg-storie. Maar, baie gerieflik vir jou,
sal 'n mens dit natuurlik nooit kan bewys nie, want jy sal nooit
vir ons sê wie jou swaer is nie, en jou swaer sal natuurlik ook
nooit self sê wie hy is nie.

Interessantheidshalwe het ek 'n aansoekvorm vir 'n wapenlisensie
by my plaaslike polisie-stasie gaan kry, om 'n bietjie 'n idee te
kry van wat so 'n aansoek behels.

Ek sien dat dit antwoorde verlang op, onder andere, die volgende
vrae, en ek haal aan:

"Is u al ooit skuldig bevind aan enige misdryf waarby 'n wapen
betrokke was of enige misdryf/misdrywe ten opsigte waarvan u
vingerafdrukke geneem is? Indien wel, verstrek volle
besonderhede oor elke misdryf, met vermelding van datum en plek.
...........

Is 'n lisensie om 'n wapen te besit ooit aan u geweier? Indien
wel, meld waar en wanneer.
...........

Ek verklaar dat die inligting wat in hierdie vorm verstrek is,
waar en juis is."

Einde van aanhaling.

Dit sou interessant wees om jou swaer se aansoekvorm te sien.

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25523 is 'n antwoord op boodskap #25379] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...
> Simon van der Schans wrot
>>> En onthou: Bitter weinig AK 47's, Makarofs, ens was ooit in SA
>>> gelisensieer - die oorgrote meerderheid misdaadwapens is (so verstaan
>>> ek) ingesmokkel.
>>
>> Inderdaad. Deur hulle wat hulleself beroem het daarop dat hulle
>> besig was om die burgery te beveilig teen "die ANC en hulle
>> kommunistiese meelopers" - so verstaan ek, as ek luister na die
>> wedervaringe van Fok-Fok de Kock en kie.
>>
>
> Tjorts Simon. Hulle het sommer gekonfiskeerde wapens gaan trek by die
> weermag magasyn - dit was nie vir hulle nodig om dit in te smokkel nie.
> Dan moet ons natuurlik nie die R3 en R4 wat in Transkei aan die vryheids
> vegters uitgereik is nie en nou in di egewaqpende roof togte gebruik
> word nie. Geen van bogenoemde was ooit gelisensieerd nie!.

En jou punt is?

Swart Simon
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25524 is 'n antwoord op boodskap #25379] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Dit is weer eens die toepassing van eerste wereldse norme in 'n derde
> wereldse land.

Jy's reg vir SA - maar in Kongo was daar min vuurwapens, want die Kongolese
het altyd die Belgiese wette op wapens toegepas en daar was amper nooit
moorde nie. Diefstal was volop, maar ek ken min mense wat vermoord is deur
'n vuurwapen. Of wel was die mentaliteit anders ?? Ek kan maar praat tot in
September 1991, want daarna het ek die land verlaat. Maar misdaad was min en
ons het nooit bedreig gevoel nie.
Kongo is vir my meer 'n derdewêreld land as SA en hulle het dus ook die
eerstewêreld lande se politiek gevolg wat wapens betref. Wat van die VSA dan
? :-)

Groete.
Hilda
lou schreef in berichtnieuws
37C24A90.49CE@hotmail.dinges.com...
> Simon van der Schans wrote:
>>
>> Leendert van Oostrum wrote in message
>> ...
>>
>>> Jy mag jou maar met slim quips ophou - of met statistiek. Die agtjarige
>>> kind wat twee weke gelede in my buurt met breinskade in intensief
>>> beland het nadat hy van sy fiets beroof is, is nie net statisitek nie.
>>> Dit beteken ek laat my kinders nie aleen op straat gaan nie.
>>> Daarbenewens, is die kanse dat die rowers gevang sal word, uiters
>>> skraal. Selfs in die geval van moorde wat aangemeld is, eindig daar
>>> slegs in een uit ses gevalle 'n beskuldigde voor die hof. En dan het hy
>>> 'n 60% kans om vry te gaan.
>>>
>>> Die gesin wat verlede week, ook in my buurt, helder oordag in hul huis
>>> deur rowers oorval is, is vir my ook nie statistiek nie. Dit beteken
>>> die buitedeure van my huis moet permanent gesluit bly. Op sy beurt
>>> beteken dit ek kan my kinders nie aleen in my ommuurde erf laat speel
>>> nie. Mens kan net sowel op die tiende verdieping van 'n woonstelgebou
>>> woon. Maar terwyl ek en my vrou gewapen is, kan ons darem nog die kans
>>> waag (in die vertroue dat die kinders hard genoeg sal skreeu!)
>>
>> Dis nie ek wat myself met statistieke opgehou het nie. Dit was
>> jy en Hennie, en julle statistieke is verdag.
>>
>> Die mense van wie jy praat het my volle simpatie. Die feit dat
>> 'n kind ter wille van 'n fiets breinskade opdoen is nie 'n
>> statistiek nie - dis 'n afgryslike tragedie.
>>
>> Maar my punt is dat die dra van vuurwapens deur individue nie
>> hierdie soort van voorval, hoe brutaal ookal, gaan laat verdwyn
>> nie. Myns insiens dra dit juis by tot die bestendiging van 'n
>> kultuur van geweld. Dit is die siklus wat gebreek moet word. En
>> 'n mens moet êrens begin. Ek het grootgeword in 'n gesin waar
>> vuurwapens as iets uit die bose gesien is, inteenstelling met
>> baie ander gesinne waar die dra van 'n vuurwapen dink ek gesien
>> is as iets wat "'n man van jou maak". Dis miskien hoekom ek dink
>> soos ek dink. Miskien is ek maar net gelukkig.
>>
>
> Die hele punt is dat deur die vuurwapens van die mense wat dit wettig
> het, weg te neem onderbreek jy nie die siklus nie. Die staat wil dit so
> onmoontlik maak vir iemand wat reeds 'n WETTIGE vuurwapen het om dit te
> behou - dit gaan nie net oor nuwe wapens nie. Die krimineel het steeds
> sy vuurwapen en het geen probleem om nog 'n onwettige vuurwapen te kry
> nie. Die gewonne man moet eerstens homself kan verdedig en tweedens dien
> die feit dat iemand dalk 'n vuurwapen mag hê as afskrikmiddel. Al ooit
> probeer om die polisie in telefonies in die hande te kry?
>
> Dit is weer eens die toepassing van eerste wereldse norme in 'n derde
> wereldse land.
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25558 is 'n antwoord op boodskap #25379] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
Simon van der Schans skryf in boodskap news:7q1f8d$p2g$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> HL wrote in message ...
>
>> Om jou 'n voorbeeld te gee: My swaer was in 1984
>> skuldig bevind aan twee aanklagte van moord, hy het verlede jaar twee
>> vuurwapens gekoop sonder enige probleme. Onder die vorige regering is sy
>> lisensie aansoek botweg geweier.
>
> Volgens my is dit 'n lieg-storie. Maar, baie gerieflik vir jou,
> sal 'n mens dit natuurlik nooit kan bewys nie, want jy sal nooit
> vir ons sê wie jou swaer is nie, en jou swaer sal natuurlik ook
> nooit self sê wie hy is nie.
>
As ek wou lieg sou ek nie gesê het dat dit my swaer is nie. Hy was aangeval
deur twee mans wat hom wou beroof, die een het hy met een van daardie
haasrek ketties wat die weermag ook gebruik doodgeskiet en die ander het hy
doodgeslaan. Hy is aangekla van moord omdat hulle ongewapen was en hy hulle
daarna op sy beurt beroof het. Hy was dronk toe dit gebeur het.

> Interessantheidshalwe het ek 'n aansoekvorm vir 'n wapenlisensie
> by my plaaslike polisie-stasie gaan kry, om 'n bietjie 'n idee te
> kry van wat so 'n aansoek behels.
>
> Ek sien dat dit antwoorde verlang op, onder andere, die volgende
> vrae, en ek haal aan:
>
> "Is u al ooit skuldig bevind aan enige misdryf waarby 'n wapen
> betrokke was of enige misdryf/misdrywe ten opsigte waarvan u
> vingerafdrukke geneem is? Indien wel, verstrek volle
> besonderhede oor elke misdryf, met vermelding van datum en plek.
> ...........
>
> Is 'n lisensie om 'n wapen te besit ooit aan u geweier? Indien
> wel, meld waar en wanneer.
> ...........
>
> Ek verklaar dat die inligting wat in hierdie vorm verstrek is,
> waar en juis is."
>
> Einde van aanhaling.
>
> Dit sou interessant wees om jou swaer se aansoekvorm te sien.
>
Dit is waar ek 'n probleem met die staat het, hulle doen nie hulle
agtergrond check nie en gaan nie die vingerafdrukke na nie.
Wat my swaer op sy aansoek ingevul het weet ek nie, hy is nou egter in besit
van 'n .38 special Luger en 'n 7x57 Brenneke jaggeweer wat hy nie onder die
vorige regering 'n lisensie voor kon kry nie.

Hennie

>
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25559 is 'n antwoord op boodskap #25379] Do, 26 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hennie Louw  is tans af-lyn  Hennie Louw
Boodskappe: 31
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Volle Lid
> Maar, nouja, watse saak maak 'n nulletjie of twee
> nou tussen vriende.
>
> Swart Simon
>
Ek dink dit is wat die manne in die parlement gesê het toe hulle die nuwe
wet bespreek het.

Hennie
Re: Vuurwapenlisensies [boodskap #25709 is 'n antwoord op boodskap #25379] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Simon van der Schans wrote:
>
> lou wrote in message ...
>> Simon van der Schans wrot
>>>> En onthou: Bitter weinig AK 47's, Makarofs, ens was ooit in SA
>>>> gelisensieer - die oorgrote meerderheid misdaadwapens is (so verstaan
>>>> ek) ingesmokkel.
>>>
>>> Inderdaad. Deur hulle wat hulleself beroem het daarop dat hulle
>>> besig was om die burgery te beveilig teen "die ANC en hulle
>>> kommunistiese meelopers" - so verstaan ek, as ek luister na die
>>> wedervaringe van Fok-Fok de Kock en kie.
>>>
>>
>> Tjorts Simon. Hulle het sommer gekonfiskeerde wapens gaan trek by die
>> weermag magasyn - dit was nie vir hulle nodig om dit in te smokkel nie.
>> Dan moet ons natuurlik nie die R3 en R4 wat in Transkei aan die vryheids
>> vegters uitgereik is nie en nou in di egewaqpende roof togte gebruik
>> word nie. Geen van bogenoemde was ooit gelisensieerd nie!.
>
> En jou punt is?

Duh!!! My punt is dat jy stront praat. Full stop!
Vorige onderwerp: Joahn se aapkliersous
Volgende onderwerp: Waar plaas 'n mens die komma
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 13:32:14 MGT 2024