Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Joahn se aapkliersous
Joahn se aapkliersous [boodskap #25210] So, 08 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan, jou sous (met wysigings) was heerlik! Ek het bygevoeg: teelepel Cajun
kruie en 'n paar druppels rissiesous - 'n bottel wat ons gekry het van
kennisse wat in Phoenix, Arizona was, met die welluidende naam "Whooping Ass
Hot Sauce" (skuus - dit staan regtig netso op die bottel.) Verder soos jy
hom beskryf het. Weet egter nie of ek dit ooit weer sal kan herhaal nie,
want daar was baie proe en dan bietjie meer van hierdie, dan van daardie,
tot hy op smaak was.

Weet iemand dalk waar kom die naam "monkeygland" sous vandaan? In Afrikaans
sien ek hulle praat prosaies van "kruierysous". Toe die kinders nog klein
was, het ek hulle geterg en gesê dit word van aapkliere gemaak.

Sterkte vir jou week.

Henry
Re: Joahn se aapkliersous [boodskap #25251 is 'n antwoord op boodskap #25210] Wo, 11 Augustus 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thys de Wet  is tans af-lyn  Thys de Wet
Boodskappe: 211
Geregistreer: Desember 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ook al gewonder van watter kliere in die aap die sous nou gemaak word? Ook
maar goed hulle praat van monkeygland en nie van muishondkliersous nie!
Sal'it'ie eetie!
Wie onthou nog daardie TV advertensie met die hond wat so kastig-kastig sit
en klavier speel oor die kwansuise 'lekker sous' oor die honde kos? Ai
oubaas se honne! 'Tis a dog's life!

> Toe die kinders nog klein was, het ek hulle geterg en gesê dit word >van
aapkliere gemaak.
Re: Joahn se aapkliersous [boodskap #25745 is 'n antwoord op boodskap #25210] Wo, 01 September 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 8 Aug 1999 18:02:18 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|Johan, jou sous (met wysigings) was heerlik! Ek het bygevoeg: teelepel Cajun
|kruie en 'n paar druppels rissiesous - 'n bottel wat ons gekry het van
|kennisse wat in Phoenix, Arizona was, met die welluidende naam "Whooping Ass
|Hot Sauce" (skuus - dit staan regtig netso op die bottel.) Verder soos jy
|hom beskryf het. Weet egter nie of ek dit ooit weer sal kan herhaal nie,
|want daar was baie proe en dan bietjie meer van hierdie, dan van daardie,
|tot hy op smaak was.
|
|Weet iemand dalk waar kom die naam "monkeygland" sous vandaan? In Afrikaans
|sien ek hulle praat prosaies van "kruierysous".

Ons het nog nie die oorsprong van die term gekry nie, maar hier is nou 'n lekker
variasie:

By die sous, sommer nog so in die begin stadium, sny jy 'n piesang fyn: ek het
sommer sukke dun skyfies, minder as 'n mm gesny.

Hy kkok heel fyn, maar los 'n buitengewone lekker smaak in die sous
agter!!!!!!!!
Vorige onderwerp: Vir Johan
Volgende onderwerp: Vuurwapenlisensies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 06:02:32 MGT 2024