Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Belangrik????
Belangrik???? [boodskap #24809] Wo, 21 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Frikkie Potgieter  is tans af-lyn  Frikkie Potgieter
Boodskappe: 383
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dit is nou wel in engels maar ek dink dit is belangrik.

The government looks set to introduce the most ludicrous new legislation
banning most law-abiding people from private firearm ownership.
How angry would YOU be if you were told tomorrow to hand in your weapon at
the nearest police station, with no compensation, or face a jail term?
Think about it.
PLEASE take the time to click on the link below which will take you to an
on-line petition and fill in your details in order to sign the petition.
Don't procrastinate. Do it now! It'll take maybe two minutes of your time
and could save your life later.
http://www.shooting-online.co.za/legislation/petition_post.h tm
If you want more detail, you can follow the link below.
http://www.shooting-online.co.za/legislation/default.htm

Frikkie
Re: Belangrik???? [boodskap #24830 is 'n antwoord op boodskap #24809] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Frikkie Potgieter" writes:

> Dit is nou wel in engels maar ek dink dit is belangrik.
>
> The government looks set to introduce the most ludicrous new legislation
> banning most law-abiding people from private firearm ownership.

Frikkie, my hartedief, verduidelik tog
vir ons in Afrikaans wat jou nou weer
hinder? Onthou, dis die taal waaroor jy
so gesit en kekkel het, toe dit lyk asof
dit nie soveel meer speeltyd op die SAUK
kon kry nie. Nou lyk dit vir my of jy
dieselfde doen op hierdie nuusgroep. Waar
is jou lojaliteit, ou Frikkie. By Afrikaans
en Afrikaners, of by die Fred Rundles?
Daardie mense wat 'n industrie daarvan
maak om rassisme op te sweep. Hier in Noord-
Amerika is dit big business.

Gloudina
Re: Belangrik???? [boodskap #24831 is 'n antwoord op boodskap #24809] Do, 22 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
PAT wrote:
>
> Frikkie
>
> Wil jy nie eendag iets pos wat nie polities is nie,
> bv. waar jy woon en waarvan jy hou ens, want jy sien,
> meeste van ons gril bietjie vir jou politieke denke, en
> wil nie betrokke raak met jou ver-regse agenda nie.
>
> Pat
>

Pat miskien is Frikkie vir een keer besig met iets wat alle Suid
Afrikaners raak. Die regering probeer om 'n vinnige een oor die
nie-kriminele se o"e te trek met die wetgewing. Dit beteken die normale
man op die straat sal nou meer vir sy lisensies moet betaal as waarvoor
hy 'n armvol AK47's op die swartmark kan koop, en dit is vir bestaande
wapens. Vir die rykes sal dit heel moontlik geen probleem wees nie maar
vir die normale ou gaan dit onbekostigbaar wees. Dit terwyl die regering
erken hulle kan nie kriminaliteit beheer nie probeer hulle nou die
gewone man ontwapen. Gmpf!! :)

Ek persoonlik dink hulle krap op 'n plek waar dit nie jeuk nie.

Cheers
Lou
Re: Belangrik???? [boodskap #24844 is 'n antwoord op boodskap #24809] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> Ek persoonlik dink hulle krap op 'n plek waar dit nie jeuk nie.

Jy skree ten hemele oor misdaad, tereg so, maar sien nie hierdie stap as juis
'n poging tot strenger wapenbeheer en gevolglike misdaadbestryding nie?
Re: Belangrik???? [boodskap #24845 is 'n antwoord op boodskap #24809] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> e...@dot.com (Johan )

> Waarmee hou jy jou besig, Gloudina??? Hoekom kruip jy so in hierdie
> goed in - hoekom hou jy jou nie met mooi dinge op nie?

Die volstruis met sy kop in die grond - "besig om hom op te hou met mooi
dinge". En dan wonder hulle hoe Apartheid so lank staande gebly het.
Re: Belangrik???? [boodskap #24846 is 'n antwoord op boodskap #24809] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 22 Jul 1999 14:34:44 GMT, wrote:
| Daardie mense wat 'n industrie daarvan
| maak om rassisme op te sweep. Hier in Noord-
| Amerika is dit big business.
|
Waarmee hou jy jou besig, Gloudina??? Hoekom kruip jy so in hierdie
goed in - hoekom hou jy jou nie met mooi dinge op nie?

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Belangrik???? [boodskap #24847 is 'n antwoord op boodskap #24809] Vr, 23 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

> Waarmee hou jy jou besig, Gloudina??? Hoekom kruip jy so in hierdie
> goed in - hoekom hou jy jou nie met mooi dinge op nie?

En hoekom hou jy aan om te dink dat jy
weet met watter dinge ek my besig hou?
Bedreig dit jou dat 'n vroumens weet wat
in die wereld aangaan? Hoekom vra jy nie
hierdie vraag aan ander wat rassistiese
en seksistiese dinge op hierdie nuusgroep
plaas nie?

Gloudina
Re: Belangrik???? [boodskap #24864 is 'n antwoord op boodskap #24809] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 23 Jul 1999 16:37:48 GMT, wrote:
| En hoekom hou jy aan om te dink dat jy
| weet met watter dinge ek my besig hou?
| Bedreig dit jou dat 'n vroumens weet wat
| in die wereld aangaan? Hoekom vra jy nie
| hierdie vraag aan ander wat rassistiese
| en seksistiese dinge op hierdie nuusgroep
| plaas nie?
|
Ons hoor maar net wat jyself vertel:

" Daardie mense wat 'n industrie daarvan
maak om rassisme op te sweep. Hier in Noord-
Amerika is dit big business. "

Sies man, jy jok mos nou lelik, en daarom lei ek af jyself hou jou
daarmee op.
Re: Belangrik???? [boodskap #24865 is 'n antwoord op boodskap #24809] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

Daardie mense wat 'n industrie daarvan
> maak om rassisme op te sweep. Hier in Noord-
> Amerika is dit big business. >
> Sies man, jy jok mos nou lelik, en daarom lei ek af jyself hou jou
> daarmee op.

So ek "jok..lelik." Ek wonder soms
of jy werklik in Noord-Amerika bly.
Jy moet darem baie onkundig en naief
wees.

Gloudina
Re: Belangrik???? [boodskap #24883 is 'n antwoord op boodskap #24809] So, 25 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Jul 1999 23:44:51 GMT, wrote:

| So ek "jok..lelik." Ek wonder soms
| of jy werklik in Noord-Amerika bly.
| Jy moet darem baie onkundig en naief
| wees.
|
Toemaar, jy is nie alleen nie - ek wonder soms dieselfde oor jou.

Ek het in my skrale twee jaar hier nog nie geld sien hande wissel "om
rassisme op te sweep" nie. Nou nie wat ek binne die Amerikaanse
konteks "big business" sou noem nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Re: Belangrik???? [boodskap #24903 is 'n antwoord op boodskap #24809] Ma, 26 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> Ek persoonlik dink hulle krap op 'n plek waar dit nie jeuk nie.
>
> Jy skree ten hemele oor misdaad, tereg so, maar sien nie hierdie stap as juis
> 'n poging tot strenger wapenbeheer en gevolglike misdaadbestryding nie?

Nee Propacem - die regering val die maklike teikens aan - hulle maak dit
onmoontlik vir mense om hul self te verdedig - en dit terwyl die
regering sê self dat hulle nie kan nie. SO wat moet die gewonne mens
nou maak?
Re: Belangrik???? [boodskap #24929 is 'n antwoord op boodskap #24809] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
reisiger  is tans af-lyn  reisiger
Boodskappe: 646
Geregistreer: Julie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ons lewe in 'n paradoks. Ons verkope van wapens aan
ander lande bring ons land se skatkis +- R 30 biljoen per
jaar in, maar hier mag ons nie wapens besit nie - dit lyk
so.

Aan die ander kant, is Gloudina reg. Wil graag 'n
ondervinding deel voor die vorige verkiesing. In 'n optog
waar Swart werkers in 'n massa optrede na my toe aan
gehardloop het, het ek my voertuig se ligte aangeskakel, en
stadig na hulle gery. Hulle het langs by verby gedraf. Ek
het die venster se ruit afgedraai, en met hulle gesels, oor
wat die probleme was. Van hulle wat moeg geraak het, het
met my gesels. Julle sal dink ek was gelukkig. Maar hulle
het my geleer wat empatie is. Viva Ubuntu.

Eers later het dit by my opgekom wat in die Bybel staan: Jy
O kleingelowige. Ek beskerm jou. Ek ken al die hare op jou
voorhoof. Moenie jou bekommer oor die dag van more nie.

'n Ander insident waar ek by die outo-tellers van my kaart
geroof is. D.m.v. empatie het ek daar weg gestap met my
kaart in my hand.

Frikkie, ek wil nie 'n wapen besit nie. Ek stel voor jy
leer empatie. Dit is nogal fantasties. Daardeur lewe jy
baie nader aan jou Skepper as wat jy dink. Maar ek kan
verkeerd wees - dit hang net af van die mense met wie jy in
aanraking kom.

Re: Belangrik???? [boodskap #24930 is 'n antwoord op boodskap #24809] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> lou lo...@hotmail.dinges.com

> Nee Propacem - die regering val die maklike teikens aan - hulle maak dit
> onmoontlik vir mense om hul self te verdedig - en dit terwyl die
> regering sê self dat hulle nie kan nie. SO wat moet die gewonne mens
> nou maak?
>

Ek skat dat jy seker vermoed, Lou, dat ek strenge wapenbeheer voorstaan. Ek
wil egter meer inligting inwin oor die spesifieke nuwe regeringsvoorstelle
alvorens ek my in detail hieroor uitlaat. Natuurlik kan ons indertussen praat
oor wapenbeheer in die algemeen.
Re: Belangrik???? [boodskap #24995 is 'n antwoord op boodskap #24809] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
lou[1]  is tans af-lyn  lou[1]
Boodskappe: 579
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
ProPacem wrote:
>
>> lou lo...@hotmail.dinges.com
>
>> Nee Propacem - die regering val die maklike teikens aan - hulle maak dit
>> onmoontlik vir mense om hul self te verdedig - en dit terwyl die
>> regering sê self dat hulle nie kan nie. SO wat moet die gewonne mens
>> nou maak?
>>
>
> Ek skat dat jy seker vermoed, Lou, dat ek strenge wapenbeheer voorstaan. Ek
> wil egter meer inligting inwin oor die spesifieke nuwe regeringsvoorstelle
> alvorens ek my in detail hieroor uitlaat. Natuurlik kan ons indertussen praat
> oor wapenbeheer in die algemeen.

Die dag as die regering my kan waarborg dat die kriminele nie meer
vuurwapens het nie en dat die situasie so is dat ek en my familie met
veiligheid in my eie land kan rondry kan hulle my ou pistooltjie met
plesier kry. (Nie dat ek die ding nou eintlik saam met my rondry nie.)
Vorige onderwerp: Marius Botha
Volgende onderwerp: Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 14:29:56 MGT 2024