Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit?
Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit? [boodskap #24850] Vr, 23 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
André Swart  is tans af-lyn  André Swart
Boodskappe: 15
Geregistreer: Maart 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo almal !

Het julle die nuutste nuus gehoor omtrent die "daling van rentekoerse omdat
die ekonomie sg. kerngesond is"

Waarom dink julle daal die rentekoerse so vinnig - is dit benoude katte wat
benoude spronge uitvoer?

Ek het 'n vermoede dat die regering "goeie nuus" plant om die dreigende
chaos in die land te probeer toesmeer.

Waarom het Anglo, SAB en andere uit ZA "onttrek"?

Dit voel vir my of ZA binnekort in totale chaos gedompel gaan word - wat
dink jy?

Wantrouige-, Afropessimistiese-, Paranoidale-

-André
Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit? [boodskap #24866 is 'n antwoord op boodskap #24850] Sa, 24 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ProPacem  is tans af-lyn  ProPacem
Boodskappe: 320
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
> "André Swart" ajs...@mweb.co.za

> Dit voel vir my of ZA binnekort in totale chaos gedompel gaan word - wat
> dink jy?
>

Dat jy "wantrouig, afropessimisties, paranoidaal", en seker rasssisties ook
is.
Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit? [boodskap #24938 is 'n antwoord op boodskap #24850] Di, 27 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 23 Jul 1999 12:18:06 +0200, "André Swart" wrote:

[/color]
> Het julle die nuutste nuus gehoor omtrent die "daling van rentekoerse omdat
> die ekonomie sg. kerngesond is"
>
> Waarom dink julle daal die rentekoerse so vinnig - is dit benoude katte wat
> benoude spronge uitvoer?
>
> Ek het 'n vermoede dat die regering "goeie nuus" plant om die dreigende
> chaos in die land te probeer toesmeer.>>

Jy meen al die ekonome en die makelaars op die JSE en die ekonomie
professors en die statistici en so aan is almal in die regering se
"pay" ???!!

En die internasionale valutamark ook sommer.

>

Actually het hulle nie.

>[/color]

Ek dink jy weier om goeie nuus oor die ekonomie te aanvaar want dit
pas nie in jou vooropgestelde raamwerk van verwagtinge nie.
Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit? [boodskap #24999 is 'n antwoord op boodskap #24850] Do, 29 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 27 Jul 1999 20:24:52 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:

|Ek dink jy weier om goeie nuus oor die ekonomie te aanvaar want dit
|pas nie in jou vooropgestelde raamwerk van verwagtinge nie.
|
Geld die teenoorgestelde nie ook maar vir jou nie Ferdi?
Ek dink jy weier om minder goeie nuus oor die ekonomie te aanvaar want
dit pas nie in jou vooropgestelde raamwerk van verwagtinge nie.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan
Vorige onderwerp: Belangrik????
Volgende onderwerp: Advies vir persoonlike balans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 16:03:29 MGT 2024