Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ontwortel (was: Raad met werksaanbod)
Ontwortel (was: Raad met werksaanbod) [boodskap #24582] Wo, 07 Julie 1999 00:00 na volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Dag, Johan. Met aandag jou antwoord gelees op my reaksie nav Shannon se
plasing oor moontlike emigrasie na Londen. Net 'n paar goedjies: Ek het
begin deur te sê ons is gelukkig hier in die VSA. Maar anders as jy, het
ek/ons nie behoorlik huiswerk gedoen voor one hierheen gekom het nie.
Gevolglik was die trek en aanpassing vir ons traumaties, soos ek probeer
aandui het.

'n Avontuur, ja.
Opwindend, ja. Uitdagend, ja.
'n Nuwe begin, ja.
Wonderlike geleenthede ook.
Lekker, in baie opsigte.

Maar Shannon (en alle voornemende emigrante) moet oopoog wees vir die
realiteit. En niks in die lewe is net lekker nie. Dit weet jy en ek en
Shannon. Netsoos niks in die lewe net moeilik is nie.

Terloops, ek het van die werk af my reaksie op Shannon se brief gepos -
daarom dat ek 'n ander nom de plume gebruik het.

Groete uit Pennsylvania

Henry - Flappie - Kwarantyn
Re: Ontwortel (was: Raad met werksaanbod) [boodskap #24621 is 'n antwoord op boodskap #24582] Do, 08 Julie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Henry! Jy moet sommer pakslae kry - so met 'n nat vis deur die gesig - om die
arme mens so af te skrik - ek dog so by myself: "Hierdie ou moet sleg die moer
in wees vir iemand om sy verhuising in so 'n negatiewe lig te sien.

Maar ek sien jou punt en dis seker maar belangrik dat ons altwee kante van die
saak vir Shannon stel.

Sou jy nie ook sê 'n positiewe lewensuitkyk en houding (attitude) is belangrik
om hier gelukkig te wees nie? Ter illustrasie:

Ek het vanmore opgestaan - gesukkel om op te staan - met 'n "stil donderstorm"
wat raas en die reen wat lekker hard val. (Meeste ander donderstorms is baie
geweldadig en hou potensiaal in van tornados.) Buite is al die somergroen nou
donkergroen en baie blink. Die motors se bande raas op so 'n spesiale manier.
Buite is dit 'n heerlike 20�C. Die swaar reen en weer is so anders dat my ou
buurman in die kantoorkompleks sy koppie koffie in die voorportaaltjie in gevat
het en daar staan en kyk vir die reen toe ek inkom. Ons praat oor hoe mooi die
wereld is en hoe lekker die gras nou sal groei.

Met die kom daar 'n ander ou omie in van 'n ander kantoor - groet so in die
verbygaan en brom en kla sleg oor die nat weer - kan nie wag dat die son weer
uitkom nie.

Twee mense - selfde ervaring - verskillende lewenshouding - geniet of nie geniet
nie.

On Wed, 7 Jul 1999 22:01:37 -0400, "Kwarantyn" wrote:

|Dag, Johan. Met aandag jou antwoord gelees op my reaksie nav Shannon se
|plasing oor moontlike emigrasie na Londen. Net 'n paar goedjies: Ek het
|begin deur te sê ons is gelukkig hier in die VSA. Maar anders as jy, het
|ek/ons nie behoorlik huiswerk gedoen voor one hierheen gekom het nie.
|Gevolglik was die trek en aanpassing vir ons traumaties, soos ek probeer
|aandui het.
|
|'n Avontuur, ja.
|Opwindend, ja. Uitdagend, ja.
|'n Nuwe begin, ja.
|Wonderlike geleenthede ook.
|Lekker, in baie opsigte.
|
|Maar Shannon (en alle voornemende emigrante) moet oopoog wees vir die
|realiteit. En niks in die lewe is net lekker nie. Dit weet jy en ek en
|Shannon. Netsoos niks in die lewe net moeilik is nie.
|
|Terloops, ek het van die werk af my reaksie op Shannon se brief gepos -
|daarom dat ek 'n ander nom de plume gebruik het.
|
|Groete uit Pennsylvania
|
|Henry - Flappie - Kwarantyn
|
|
Vorige onderwerp: Re: Whiskey kultuur!
Volgende onderwerp: "Miss Fleming" van John O'Mill (bietjie baie plat...)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 04:25:29 MGT 2024