Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "man ek lus 'n twakkie" deur ANTJIE KROG
"man ek lus 'n twakkie" deur ANTJIE KROG [boodskap #19994] Di, 19 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"man ek lus 'n twakkie"
Antjie Krog
("Gedigte 1989-1995")


sę sy en grawe in die sideboard vir nog
Craven A
op die sofa trek sy bene in
pull diep
blaas met 'n haughty kakebeen die rook
venster toe

"ek kyk hom so gistraand
toe't hy my uittrek, mán,
en ek dink: daai bleddie voël - kyk
so prude en selfish hang dit
hom kop delicately geplooi en clean cut
óp sy plék tussen die balle hang hy
kamma wounded

en ek draai my om en ek dink aan
sy járre se katterjak
nag hoor; vir fokken nag lekker gepis of
te not
deur pregnancies babies abortions
van al kante vriet daai lem
daai balsak sis mis so soos hy optrek
tot dit klinkhardse knaters is

kan ek jou 'n ding vertel?: so 'n voël
doen méér as katterjak
hy sę hoe generous die mood is
h'y sę wie gebliksem moet word
staat hy op is dit buk of oopmaak
en jy beter impressed is my baby
nie net kierts of katools nie
maar in awe né

als, hoor jy my, als fokken draai om die
mainta'inance van piel
en dit het nie brains nie
'n Menéér se meneer
en hy hou hom jééltyd wind
jy wil naand opseize man, jou tongetjie
en so

en nou?
my god nou wil daai voël nié
moet 'n dikkebek lę die puntjie
of hy bengel slaplit sountoe of hientoe
ballas streps als pa'p gesak
partykeer dan wiekel-wakkel oompie
so halfmas
maar dans die fyndraai sommer daar
kook soos 'n jampot oor
ffrrits soos 'n balloon
dit spring nog kondensmelk ja
maar g'n niks se ou stand van sake

shame en hy kan dit nie va't nie, weet jy
sy oë is heel dorrerig high rise koop hy
en spanish fly en sy attention is net daar nét
dáár hééltyd
sy hande, sou hy nou rook, is so shaky, né
en sy baard sit vol etter

gee bietjie aan daai lighter...

nou sę my ma gistraand toe ek afstap
dis al vir generations
dat ons maens en oumaens en anties
hulle mans so kapater
en mits dat hulle dan nou so dobber
raak die vrouens vir jou geil, hoor; heel
giftig
soos slange wat jy so loslaat in die grasse
jirré! en dan vat ons stront van niks."

sy staan op
bene skraal in bont leggings
haar mondhoeke beitel na die nek toe

"my hele lyf, né, kraak van juices
my tette my koekoesnaai cha't nou
en for the first time my baby voel ek, hoe
ek mysélf slowly in tune kom."
Vorige onderwerp: "Kunsklas" deur PREVOT VAN DER MERWE
Volgende onderwerp: "Die nonnie van Waalstraat" deur I.D. du PLESSIS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:48:08 MGT 2024