Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kunsklas" deur PREVOT VAN DER MERWE
"Kunsklas" deur PREVOT VAN DER MERWE [boodskap #19950] Sa, 16 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Kunsklas
Prevot van der Merwe
("Boerejive", 1990)

jy weet nie
byna-vrou meisietjie
wat meneer teken met jou HB-potlood
op jou nuwe Eclipseboek
van die omkrul en waansin en onmag
in model-meneer se gemoed

daar waar jy bevry is van skool
en van mense
van klere, gevoel en van pyn
hoe jy leef in meneer se hande
in verbeelde samesyn

jy weet nie
want meneer in jou tekenprentjie
potloodgrys op wit
is maar vaal soos 'n wintersee
jy weet nie
maar meneer sien jou in
volkleur
en sy bloed kan daarvan skree
Vorige onderwerp: "Arlesiennes" deur N.P. van Wyk Louw
Volgende onderwerp: "man ek lus 'n twakkie" deur ANTJIE KROG
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:26:06 MGT 2024