Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Arlesiennes" deur N.P. van Wyk Louw
"Arlesiennes" deur N.P. van Wyk Louw [boodskap #19885] Do, 14 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Arlésiennes
NP van W Louw

Julle, meisietjies, stap so regop en skraal:
wit hempies, rooi rokke kortby die knieë;
julle dra die klein borste en weet dit skaars,
of dink nie daaraan nie; kyk nie eers om
as die bruingebrande seuns roep en fluit nie.
Julle stap so onder die bont platane
waaronder Sokrates die swaar gesprek
met 'n seun gevoer het. Nooit moet julle weet
hoe swaar vir die seuns gesprekke is nie.
Hulle kan nie so lig loop soos julle nie.
Twee duisend jaar gelede was julle,
elkeen wat mooi was - en die meeste is mooi -
saam met 'n bruin seun arena toe
met olywe en wyn, met kasies en wors
wat toegedraai was in vyeblare
- net teen die verveling en hongertetjie.
En dit is voor Christus oor hierdie kalkwêreld
van julle kom ween het;
voordat die koel en skaduweekloosters
uit grys klip wat trane kry, opgetrek is,
waar manne gaan skuil het teen julle en téén
die Son Onoorwinlik. Om daar die een Son,
die helder Een van die lewe te hê.
Vannag, en terwyl julle gefluister 't
vir die kêrel, gekreun, en die heer-, heer-, heer-
likheid van die oomblik gehad het, sonder
dat vader of moeder dit weet, het daar stil
in die kelder van die arena, op grond,
nóg 'n meisie gelê, wat die een, ander pad
gekies het as die wat al is wat julle, ooit,
toegelaat kan word om te weet. Sy's die poort
ingestoot, deur die gange gedrywe
tot by die gat
Soos julle kon sy gewees het. Maar die dag
wat gevolg het,
het sy uitgestap in die lig vir die leeus
en vir julle almal wat warm van son
olywe en wyn geniet 't. Julle borsies
die is geseën, julle stap, veral julle regopheid -
dié was geseën al lank voor julle hiér was,
deur een wat op aarde gestap het,
sê. God wou Sy vreugde hê by die aanteel
van siele. Hy het vir elkeen sy skoon bron
in die lendene en borste ingeskep.
Vorige onderwerp: "Kwaad wind" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Kunsklas" deur PREVOT VAN DER MERWE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 23:10:08 MGT 2024