Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die nonnie van Waalstraat" deur I.D. du PLESSIS
"Die nonnie van Waalstraat" deur I.D. du PLESSIS [boodskap #20047] Do, 21 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die nonnie van Waalstraat
ID du Plessis
("Kaapse moppies" 1977)

Die nonnie van Waalstraat
Maak worsies en bier
En raai, sy maak moppies
Net vir die plesier.

Laat ander sê wat hulle wil,
My hart is tog so bly:
Waar sal jy so 'n goosie
In die hele wêreld kry?
Rond en vet en sag en soet
En ligvoet oor die vloer,
Ai, sy is 'n liewelike ding
As sy haar stertjie roer.

Die nonnie van Waalstraat
Maak 'n lappieskombers.
Sy weet van ander motte
Om hierdie kers.

Laat ander sê wat hulle wil
My hart is tog so bly:
Waar sal jy so 'n goosie
In die hele wêreld kry?
Ek maak of ek haar miskyk
Terwyl sy na my loer.
O, sy is 'n liewelike ding
As sy haar stertjie roer.

Die nonnie van Waalstraat
Bak vir my vis.
Sy het lankal besluit
Wie haar ghantang is.

Laat ander sê wat hulle wil,
My hart is tog so bly:
Waar sal jy so 'n goosie
In die hele wêreld kry?
Ek kan dit nie meer hou nie,
Moet heeldag by haar boer,
Ag, sy is 'n liewelike ding
As sy haar stertjie roer.
Vorige onderwerp: "man ek lus 'n twakkie" deur ANTJIE KROG
Volgende onderwerp: Kom kyk na my AFRIKAANSE webblad - nuwe gedigte!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:58:01 MGT 2024