Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Immigreer na die VSA
Immigreer na die VSA [boodskap #16145] So, 12 Julie 1998 00:00 na volgende boodskap
PS  is tans af-lyn  PS
Boodskappe: 1
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hi daar,

Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
Ek oorweeg dit om SA te
verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
dokter. Enige raad?

Philip
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16163 is 'n antwoord op boodskap #16145] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Darin Speegle  is tans af-lyn  Darin Speegle
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Julie Morgan wrote:

> Alhoewel ek 'n aksent het en ek gedurig daaroor uitgevra word, word ek
> andersins behandel presies dieselfde as enige ander Amerikaner. Dit het vir
> my probleme geskep in die begin, want hulle vergeet dat daar baie is vir 'n
> vreemdeling om te leer.
>
> En soos Carel sê - dit hang af van jou as persoon. Of jy kan aanpas of nie,
> want veral die VSA is baie baie anders as SA. Kulture hier verskil
> hemelsbreed. Alles is 'n aanpassing, van taal to kos, ens. Ek weet van
> Suid-Afrikaners wat nie kon aanpas nie, en terug is SA toe, en dan weet ek
> ook van ander wat baie gelukkig hier is en nooit sal terugkeer na SA nie.

Hi Julie,

Waar woon jy in Amerika? Ek dink nie die kulture in Texas is so anders
as die in Suid Afrika nie, solank jy met bofbal en Amerikaanse voetbal
in plek van krieket en rugby tevrede kan wees. Maar, jy is beslis reg
oor die behandeling van vreemdelinge - ons het selfs moeilikheid gehad
om van Texas na Missouri te trek! Daar is 'n groot verskil in die
manier van doen, en niemand wou verduidelik nie...

Baai,
Darrin Speegle
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16164 is 'n antwoord op boodskap #16145] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sprynet  is tans af-lyn  Sprynet
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Carel wrote in message ...
> PS wrote:
>>
>> Hi daar,
>>
>> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
>> Ek oorweeg dit om SA te
>> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
>> dokter. Enige raad?
>>
>> Philip
>
> Die buiteland (ek bedoel 1ste wereld lande) is fantasties, jy sal nie kan
> dink hoe mens anders kan leef nie, MAAR, wees bereid om dinge na aan jou
> hart prys te gee. As julle maklik aanpas, go for it, andersins, dink 2, 3
> keer. Ek self gaan beslis terug SA toe.

Ek stem met Carel saam. Ek woon in die VSA, en ek kan glad nie kla oor my
lewe nie. Baie dinge is beter as in SA, maar as ek kon, sou ek terugkeer na
SA - probleme en al.
>
> Kan nie vir die VSA praat nie, maar die VK is 'n wonderlike plek, die
> mense verdraagsaam (want onthou, JY is dan die foreigner) en maklik om
[color=blue]> mee in te skakel.
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16165 is 'n antwoord op boodskap #16145] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Carel  is tans af-lyn  Carel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
PS wrote:
>
> Hi daar,
>
> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
> Ek oorweeg dit om SA te
> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
> dokter. Enige raad?
>
> Philip

Die buiteland (ek bedoel 1ste wereld lande) is fantasties, jy sal nie kan
dink hoe mens anders kan leef nie, MAAR, wees bereid om dinge na aan jou
hart prys te gee. As julle maklik aanpas, go for it, andersins, dink 2, 3
keer. Ek self gaan beslis terug SA toe.

Kan nie vir die VSA praat nie, maar die VK is 'n wonderlike plek, die
mense verdraagsaam (want onthou, JY is dan die foreigner) en maklik om
mee in te skakel. Die paralelle tussen die kulture is verbasend. Ek was
onlangs na 'n Britse troue toe uitgenooi, en behalwe vir die Engels
voertaal en BBQ vir braaivleis, was dit 'n naweek wat ek mee kan vergelyk
by my Ma-hulle op die plaas! Toegegee, dit was in Kingston-upon-Hull, en
nie Londen nie.

Geniet SA terwyl julle nog kan!

Carel
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16166 is 'n antwoord op boodskap #16145] Ma, 13 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sprynet  is tans af-lyn  Sprynet
Boodskappe: 9
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Junior Lid
Darin Speegle wrote in message ...

Hi Julie,

Waar woon jy in Amerika? Ek dink nie die kulture in Texas is so anders
as die in Suid Afrika nie, solank jy met bofbal en Amerikaanse voetbal
in plek van krieket en rugby tevrede kan wees. Maar, jy is beslis reg
oor die behandeling van vreemdelinge - ons het selfs moeilikheid gehad
om van Texas na Missouri te trek! Daar is 'n groot verskil in die
manier van doen, en niemand wou verduidelik nie...

Baai,
Darrin Speegle

Hallo Darrin

Ek woon in Kissimmee, Florida. Dit is wel moontlik dat dit van staat tot
staat verskil - my man, 'n Amerikaner, vertel Amerika van staat tot staat
verskil. Byvoorbeeld noem ek een dag hoe hard ek gewerk het by 'n
maatskappy in SA, en van tyd tot tyd het ons na werk in die maatskappy se
"pub" gekuier. Almal was baie verbaas want hulle het nog nooit gehoor van
'n maatskappy wat 'n "pub" of soos hulle sê 'n "bar" op kantoor het nie.

Selfs toe ons by 'n paar Amerikaners gaan kuier het, het ek heel ontuis
gevoel. Nie dat hulle my ontuis laat voel het nie, hulle was heel gaaf,
maar hulle manier van dinge doen is heeltemal anders. Ek mis totaal en al
'n lekker gekuiery om 'n braai. So twee jaar terug was ek en my man genooi
vir ete by Suid-Afrikaners, en dit was die eerste keer wat my man die
enigste Amerikaner tussen 'n spul Suid-Afrikaners was. Na die tyd het hy
vir my gesê dat hy uiteindelik verstaan hoe ek partykeer moet voel, want
alhoewel hy baie goed behandel is, het hy ontuis gevoel en nie gewoond is
aan ons manier van dinge doen nie.

Ons is in die proses om 'n huis te koop, en kan jy glo dat dit 90 dae neem
voor ons kan intrek. Die meeste van die dokumente wat ek moes teken het ek
nie verstaan nie, en selfs toe ek vir verduideliking vra, het dit geen sin
gemaak nie. Hulle neem totaal en al aan dat ek presies weet waarvan hulle
praat.

Boonop glo hulle nie daaraan dat jy net by iemand se huis opdaag vir 'n
kuiertjie nie. My man sê 'n mens gaan kuier slegs op uitnodiging.

Die een ding wat ek persoonlik van mening is, is dat Amerikaners meer
familie-vas is. Ek dink ook Amerikaners is baie meer veiligheidsbewus,
veral teenoor kinders. My kind was in groot moeilikheid by die skool omdat
hy 'n paar klasse gemis het as 'n gevolg van 'n misverstand, en alles het
daarom gedraai dat die onderwysers nie geweet het waar die kind is nie en
bekommerd was dat hy nie op skoolgronde was nie, en moontlik in gevaar was.
Ek en my man se idee van kinders grootmaak verskil hemelsbreed (my kinders
is van 'n vorige huwelik). My man het amper 'n oorval gekry toe ek my
kinders begin sakgeld gee. Ek is meegedeel dat kinders nie sakgeld kry
tensy hulle daarvoor werk nie. 'n Vriend van ons byvoorbeeld het die seuns
by sy huis gehad eendag om hom te help met tuinwerk, en in ruil daarvoor het
hy vir hulle toegang by Disney gereël - Alhoewel hy een van ons beste
vriende was, was hy nie bereid om die kinders by Disney in te kry tensy
hulle dit verdien het nie. Selfs by die skool word ek gedurig daaraan
herinner dat kinders elke voorreg moet verdien, en dat selfs TV-kyk 'n
voorreg en nie 'n reg is nie.

Verder is dit my persoonlike opinie dat as julle 'n Suid-Afrikaanse familie
is wat in die VSA woon, en Suid-Afrikaanse vriende het, julle van die
verskille nie raaksien nie. Byvoorbeeld kon my man nie sy oë glo toe ek vir
hom eiers, "bacon", tamatie en "mushrooms" vir ontbyt maak nie. Volgens hom
het hy nog nooit gehoor 'n mens eet tamaties, uie, ens. vir ontbyt nie. Hy
weier om dit te eet - soek net pannekoek. Baie van die Suid-Afrikaanse
disse wat ek probeer maak het, het nie geslaag nie. Sy kommentaar meeste
van die tyd was "it's different". Baie dinge aan my as persoon moes ek
verander - my eetgewoontes, uitspraak en manier van praat. Dit is
ongelooflik hoeveel keer hy my nie kon verstaan nie.

Boonop werk ek in 'n hotel en my SA-aksent is by die agterdeur uit omdat
gaste my glad nie kon verstaan nie, en ek dinge moes herhaal. Ek het so
ge-irriteerd geraak by tye dat ek maar my woordkeuse en uitspraak van woorde
verander het. Die gevolg is as ek met ander Suid-Afrikaners en/of vriende
in SA praat, die eerste reaksie is "you got an American accent". Dit maak
my vies want ek wou nie my SA aksent verloor nie, ek wou dit behou, maar ek
het begin vergeet hoe woorde uitgespreek word omdat ek so selde met
Suid-Afrikaners praat. Ek het selfs begin vergeet hoe om in Afrikaans te
kommunikeer, toe begin ek maar Afrikaners op die Internet soek en
kommunikeer met hulle sodat ek darem nie my Afrikaans verloor nie.

Groetnis
Julie
gotr...@bigfoot.com
http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16198 is 'n antwoord op boodskap #16145] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
H Briedenhann  is tans af-lyn  H Briedenhann
Boodskappe: 2
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
WERK IN SA.

PS wrote in message ...
> Hi daar,
>
> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
> Ek oorweeg dit om SA te
> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
> dokter. Enige raad?
>
> Philip
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16199 is 'n antwoord op boodskap #16145] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
nomad  is tans af-lyn  nomad
Boodskappe: 37
Geregistreer: Mei 1998
Karma: 0
Volle Lid
Doen jouself 'n guns en gaan sien eers 'n int. belastingkundige voordat jy
gaan, as jy nog nie so iets alreeds gedoen het nie, sodat jy jou sake kan
reel VOORDAT jy gaan.

Dit sal baie pyn en lyding spaar oor die lange duur.

PS wrote in message ...
> Hi daar,
>
> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
> Ek oorweeg dit om SA te
> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
> dokter. Enige raad?
>
> Philip
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16200 is 'n antwoord op boodskap #16145] Di, 14 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Darin Speegle  is tans af-lyn  Darin Speegle
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Julie Morgan wrote:

> Hallo Darrin
>
> Ek woon in Kissimmee, Florida. Dit is wel moontlik dat dit van staat tot
> staat verskil - my man, 'n Amerikaner, vertel Amerika van staat tot staat
> verskil. Byvoorbeeld noem ek een dag hoe hard ek gewerk het by 'n
> maatskappy in SA, en van tyd tot tyd het ons na werk in die maatskappy se
> "pub" gekuier. Almal was baie verbaas want hulle het nog nooit gehoor van
> 'n maatskappy wat 'n "pub" of soos hulle sê 'n "bar" op kantoor het nie.
>
> Selfs toe ons by 'n paar Amerikaners gaan kuier het, het ek heel ontuis
> gevoel. Nie dat hulle my ontuis laat voel het nie, hulle was heel gaaf,
> maar hulle manier van dinge doen is heeltemal anders. Ek mis totaal en al
> 'n lekker gekuiery om 'n braai. So twee jaar terug was ek en my man genooi
> vir ete by Suid-Afrikaners, en dit was die eerste keer wat my man die
> enigste Amerikaner tussen 'n spul Suid-Afrikaners was. Na die tyd het hy
> vir my gesê dat hy uiteindelik verstaan hoe ek partykeer moet voel, want
> alhoewel hy baie goed behandel is, het hy ontuis gevoel en nie gewoond is
> aan ons manier van dinge doen nie.
>

Hallo weer:

Dis verskriklik interessant om jou menings te hoor! Ek was nog nooit in
Florida nie, maar dit klink of dit heelwat anders is as Texas en
Missouri (die plekke waar ek gewoon het). Ek ken mense wat hou daarvan
om 'n lekker "cook-out" te he. Daar is verskille - beesvleis in plek
van skaap, charcoal in plek van hout, en bier in plek van wyn, maar ek
vind dit nogal dieselfde as 'n lekker Suid Afrikaanse braai. Ek dink in
Amerika is dit partykeer "lower class" beskou om om 'n braai te sit,
maar my vriende stuur hulle nie daaraan nie! Waar kom jou man vandaan,
as ek mag vra?


> Ons is in die proses om 'n huis te koop, en kan jy glo dat dit 90 dae neem
> voor ons kan intrek. Die meeste van die dokumente wat ek moes teken het ek
> nie verstaan nie, en selfs toe ek vir verduideliking vra, het dit geen sin
> gemaak nie. Hulle neem totaal en al aan dat ek presies weet waarvan hulle
> praat.
>

Ja-nee, huiskoop is 'n mislukke saak.

> Boonop glo hulle nie daaraan dat jy net by iemand se huis opdaag vir 'n
> kuiertjie nie. My man sê 'n mens gaan kuier slegs op uitnodiging.
>
> Die een ding wat ek persoonlik van mening is, is dat Amerikaners meer
> familie-vas is. Ek dink ook Amerikaners is baie meer veiligheidsbewus,
> veral teenoor kinders. My kind was in groot moeilikheid by die skool omdat
> hy 'n paar klasse gemis het as 'n gevolg van 'n misverstand, en alles het
> daarom gedraai dat die onderwysers nie geweet het waar die kind is nie en
> bekommerd was dat hy nie op skoolgronde was nie, en moontlik in gevaar was.
> Ek en my man se idee van kinders grootmaak verskil hemelsbreed (my kinders
> is van 'n vorige huwelik). My man het amper 'n oorval gekry toe ek my
> kinders begin sakgeld gee. Ek is meegedeel dat kinders nie sakgeld kry
> tensy hulle daarvoor werk nie. 'n Vriend van ons byvoorbeeld het die seuns
> by sy huis gehad eendag om hom te help met tuinwerk, en in ruil daarvoor het
> hy vir hulle toegang by Disney gereël - Alhoewel hy een van ons beste
> vriende was, was hy nie bereid om die kinders by Disney in te kry tensy
> hulle dit verdien het nie.

Ek glo dit amper nie! As ek so 'n ervaring gehad het sou ek ook dink
die Amerikaner is 'n anderste mens. Ek sê vir jou nie alle Amerikaners
is so met geld en kinders nie.

> Verder is dit my persoonlike opinie dat as julle 'n Suid-Afrikaanse familie
> is wat in die VSA woon, en Suid-Afrikaanse vriende het, julle van die
> verskille nie raaksien nie.

Ek moes seker van die begin af gesê - ek is 'n Amerikaner (Texan) wat
met 'n Afrikaner vrou getroud is. Ek pas nogal maklik aan met my vrou
se familie al is daar partykeer probleempies. Veral ek en my vrou het
bitter min aanpassing probleme gehad, en dis die dat ek so oortuig is
dat Texans en Afrikaners soortgelyk is. My Afrikaanse vriende sê ook
so, maar 'n mens weet nooit of hulle wil net ordentelik wees nie, maar
ek is seker my vrou pas maklik by my en my familie aan. Snaaks genoeg,
een van haar eerste opmerkings was ook dat Amerikaners baie familie-vas
is.

> Byvoorbeeld kon my man nie sy oë glo toe ek vir
> hom eiers, "bacon", tamatie en "mushrooms" vir ontbyt maak nie. Volgens hom
> het hy nog nooit gehoor 'n mens eet tamaties, uie, ens. vir ontbyt nie. Hy
> weier om dit te eet - soek net pannekoek. Baie van die Suid-Afrikaanse
> disse wat ek probeer maak het, het nie geslaag nie. Sy kommentaar meeste
> van die tyd was "it's different". Baie dinge aan my as persoon moes ek
> verander - my eetgewoontes, uitspraak en manier van praat. Dit is
> ongelooflik hoeveel keer hy my nie kon verstaan nie.
>

Dis snaaks. Ek sal dink 'n tipiese Texan sal gelukkig wees met so 'n
ontbyt - veral as daar 'n bietjie "Picante sauce" en 'n tortilla by is!
(Ek weet ek sal). Dan is dit 'n tipiese Texas "breakfast burrito." Dis
nie te sê dat die eetgewoontes dieselfde is nie - glad nie. My vrou se
nagereg is 'n groot probleem omdat Amerikaners ken nie poeding nie. Die
aksent is ook 'n probleem want Amerikaners glad nie "water" verstaan nie
- dit moet "wadderrr" wees. Maar, al dink my vrou se Suid-Afrikaanse
vriende dat sy met 'n Amerikaanse aksent praat, sal die Amerikaners
nooit so dink nie. Sy is 'n vrou sonder 'n land as dit by taal kom.
Ten minste is Julie Morgan 'n maklike naam vir Amerikaners - Amerikaners
wil nie eens "de Bruyn" 'n probeerslag gee nie, en de Bruyn is ook nie
so moeilik nie...

Ek is ongelukkig die volgende paar dae weg van my rekenaar, so ek weet
nie of ek sal kan "inlog" nie, maar ek sien uit daarna om verder te
gesels...

Groete,
Darrin
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16226 is 'n antwoord op boodskap #16145] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jul 1998 16:32:09 +0200, "H Briedenhann"
wrote:

> WERK IN SA.
>

Of kom LEEF in die VSA!

>
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16227 is 'n antwoord op boodskap #16145] Wo, 15 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Booysen  is tans af-lyn  Jan Booysen
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek het n paar Amerikaners hier in SA ontmoet (12 van hulle).
Hulle het ook gesê dat ek dit nooit in die VSA sal geniet nie.
Hulle het dit weer baie hier geniet. Blykbaar sal hulle nie so gasvry wees
met Suid-Afikaners as wat Suid-Afikaners met Amerikaners is nie.

Jan.

PS wrote in message ...
> Hi daar,
>
> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
> Ek oorweeg dit om SA te
> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
> dokter. Enige raad?
>
> Philip
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16252 is 'n antwoord op boodskap #16145] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Johan N Potgieter  is tans af-lyn  Johan N Potgieter
Boodskappe: 421
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 15 Jul 1998 21:50:29 +0200, "Jan Booysen" wrote:

> Ek het n paar Amerikaners hier in SA ontmoet (12 van hulle).
> Hulle het ook gesê dat ek dit nooit in die VSA sal geniet nie.
> Hulle het dit weer baie hier geniet. Blykbaar sal hulle nie so gasvry wees
> met Suid-Afikaners as wat Suid-Afikaners met Amerikaners is nie.
>
> Jan.
Jan, Ons ondervind werklik net die teenoorgestelde - Ons word baie
vriendelik gegroet en gevra waar ons vandaan kom. Selfs as dit blyk
dat hulle weet waar SA is, is die groet baie keer meer vriendelik. As
hulle dan boonop hoor jy is hier om te bly, gesels hulle sommer land
en sant en probeer alles om jou te laat tuis voel - so of hy jou later
weer gaan ontmoet.

Maar ek weet hier op die rak by ons boekwinkel staan 'n boek waaein
kapsie gemaak word teen immigrante. En dit is hoe stil die protes is
wat ons ervaar.

Ons bly in Minnesota in die middeweste en selfs hier die plaaslike
mense sê dat die mense van New York baie ongeskik is. Netsoos die res
van SA ook maar dink almal wat in Johannesburg bly is korrup en sleg
en bly in gommorra.

Gasvry het wel 'n beperking wanneer dit kom by huisbesoeke. Jy word
nie sommer na Amerikaners se huise uitgenooi nie. Maar dis nie omdat
hulle dit nie doen nie, dis net dat hulle net intieme vriende en
familie uitnooi en 'n mens seker 'n paar jaar hier moet vriende maak
voor jy in daardie kategorie kan val.

Ten spyte daarvan was ek al in baie Amerikaanse huise waar ek
uitgenooi was met spesiale geleenthede: Ons het byvoorbeeld by die
kerk al 'n progressive dinner gehad waar jy na vier verskillende huise
gaan om 'n dis te eet en op die ou end by die kerk bymekaar kom vir
die poeding en koffie.

Ons het ook saam met vriende die eindstryd van die Amerikaanse voetbal
eindstryd gekyk - in hulle huis.

So die kwessie is nie swart en wit nie en dis baie wat jyself daarvan
maak - ons ken hier oud SAners wat nie eers met mede oudSAners wil
inskakel nie en nog minder met Amerikaners. Hulle moet die Suid
Afrikaners as uiters ongasvry ervaar!
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16254 is 'n antwoord op boodskap #16200] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Carel  is tans af-lyn  Carel
Boodskappe: 11
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Darin Speegle wrote:
>
> Ek moes seker van die begin af gesê - ek is 'n Amerikaner (Texan) wat
> met 'n Afrikaner vrou getroud is.
>
> Groete,
> Darrin

Darrin

Gits, ek is nou baie verward, as jy dan Amerikaans is, hoe kan jy in
afrikaans skryf? Ek het vandag probeer om 'n Australiese meisie 'n
sinsnede te leer lees in afrikaans, saak van gebed. Wel, indien jy wel
jou afrikaans van scratch af opgetel het, dan is jy seer sekerlik die
persoon vir wie ek die meeste respek op hierdie ng het.

Carel
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16255 is 'n antwoord op boodskap #16145] Do, 16 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jan Grobbelaar  is tans af-lyn  Jan Grobbelaar
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ek het 3 jaar in Tennessee gebly, en sodra ons visas deurkom is ons op pad
Kalifornië toe. Jy kan nie 'n fout maak nie. Die minste wat jy oor hief te
worry is die subtiele en amusante kultuur verskille. Jy sal enige plek in
die wêreld mense ontmoet wat op jou golflengte is, en juis makliker in die
VSA as bv. Frankryk.

Wat egter 'n voorvereiste is (ek neem aan dat jy nie direkte familie daar
het of $1 miljoen om te belê nie) is om 'n werksaanbod te kry. Anders as
Canada, Australië en New Zealand wat op 'n puntestelsel werk, het die VSA
net een (meer sinvolle) kriterion: kry werk. Met die VSA ekonomie wat tans
boom kan hulle nie voorbly om veral tegniese mense uit eie geledere te
verskaf nie. Die beste web-site om vir werk te soek is www.careerpath.com.
Reël 'n paar interviews en gaan dan soontoe om jouself te verkoop. Moenie
beskeie wees nie. Jou toekomstige werkgewer sal al die papierwerk doen. Maak
seker die werkgewer is bereid om 'n lawyer te gebruik, anders gaan dit
maande en maande vat. Jy kan meer uitvind oor die verskillende tipes visas
by www.visalaw.com.

Die nadeel van daar werk is dat jy soos 'n hond gaan werk. Hulle het nie die
luilekker instellings van Europa en hier nie. Jy kry net 10 dae verlof per
jaar asook 10 publieke vakansie dae van jou keuse. Verlof mag nie ophoop
nie. Jou werksure is tipies van 8 to 5 ten minste. Meer indien dit vereis
word. Dan moet jy waarskynlik ook 'commute' werk toe as jy in een van die
groot metropolisse gaan werk (waar die werk is). Vriende by wie ek gebly het
se dag begin 4:30 vm. 5 uur moet hy ry na die tube stasie om die trein te
vang om 7 uur by die werk te wees. Is saans 7:30 by die huis. Ten minste kry
hy 1 uit elke 10 dae af omdat hy 9 ure per dag werk (sogenaamde '9-10
week').

'n Voordeel is dat jou pensioen in 'n sentrale fonds is (sg. 401k). Jy
verloor dus nie deur van firma te verander nie. Hul belasting koers is
heelwat laer as hier en jy kry nog iets vir die belasting wat jy betaal. Jy
kan ook die rente wat jy op jou huis verband betaal aftrek van belasting!!
Rentekoerse is ook laag (7%) met inflasie so by 1.5%. Jy kan ook 'stock
options' kry by die firma waar jy werk. As die 'share price' styg, dan score
jy. Jy kan maklik meer verdien uit jou aandele as jou salaris. Dit is dus
die moeite werd om hard te werk, aangesien dit vir jou persoonlike
vergoedings voordele inhou.

Gaan kyk ook na www.southafrica.co.za/saw vir email kontakte van Suid
Afrikaners wat alreeds daar bly.

Good luck!

PS wrote in message ...
> Hi daar,
>
> Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
> Ek oorweeg dit om SA te
> verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
> dokter. Enige raad?
>
> Philip
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16298 is 'n antwoord op boodskap #16145] Ma, 20 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Darin Speegle  is tans af-lyn  Darin Speegle
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Carel wrote:
>
> Darin Speegle wrote:
>>
>> Ek moes seker van die begin af gesê - ek is 'n Amerikaner (Texan) wat
>> met 'n Afrikaner vrou getroud is.
>>
>> Groete,
>> Darrin
>
> Darrin
>
> Gits, ek is nou baie verward, as jy dan Amerikaans is, hoe kan jy in
> afrikaans skryf? Ek het vandag probeer om 'n Australiese meisie 'n
> sinsnede te leer lees in afrikaans, saak van gebed. Wel, indien jy wel
> jou afrikaans van scratch af opgetel het, dan is jy seer sekerlik die
> persoon vir wie ek die meeste respek op hierdie ng het.
>
> Carel

Carel,

Nou-ja, nou is my kop so groot dat ek nie uit my kantoor deur kan
uitstap nie! Ek het niks van afrikaans geweet voordat ek my vrou
ontmoet het nie, maar nou praat ons so vyftig persent afrikaans. (As
iets in Engels gebeur is dit moeilik om dit in afrikaans te vertel en
andersom. Ek het ook probleme om tegniese goed in afrikaans te
verduidelik.) Maar, ek moet se dat Thorsten se storie baie meer
indrukwekkend is; ek het 'n goeie rede en 'n goeie bron gehad, maar
Thorsten het niks gehad nie!

Terloops, die' van julle wat oud Maties is kan ons foto (van vyf jaar
gelede) in 'n onlangse Matieland sien, maar moenie alles glo wat jy daar
lees nie!

-Darrin
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16309 is 'n antwoord op boodskap #16145] Di, 21 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Darin Speegle writes:

> Terloops, die' van julle wat oud Maties is kan ons foto (van vyf jaar
> gelede) in 'n onlangse Matieland sien, maar moenie alles glo wat jy daar
> lees nie!
>
> -Darrin

Vir sommige oud-Maties is dit onmoontlik
om 'n onlangse "Matieland" in die hande
te kry. Sal jy ons nie maar nou vertel wat
'n mens daar te lese kry nie, selfs al
wil jy nie hê ons moet dit glo nie. Is jy
'n oud-Matie. Het 'n akker ooit op jou kop
geval?

Gloudina
Re: Immigreer na die VSA [boodskap #16322 is 'n antwoord op boodskap #16145] Wo, 22 Julie 1998 00:00 Na vorige boodskap
Darin Speegle  is tans af-lyn  Darin Speegle
Boodskappe: 5
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote:
>
> Darin Speegle writes:
>
>> Terloops, die' van julle wat oud Maties is kan ons foto (van vyf jaar
>> gelede) in 'n onlangse Matieland sien, maar moenie alles glo wat jy daar
>> lees nie!
>>
>> -Darrin
>
> Vir sommige oud-Maties is dit onmoontlik
> om 'n onlangse "Matieland" in die hande
> te kry. Sal jy ons nie maar nou vertel wat
> 'n mens daar te lese kry nie, selfs al
> wil jy nie hê ons moet dit glo nie.
>
> Gloudina

Ai-tog Gloudina, regtig waar al wat ek kan onthou is die foute! (Gaan
dit dan nie altyd so nie?) Dis net te veel gevra om dit te herhaal - ek
is al klaar spyt dat ek dit eens genoem het!

> Is jy 'n oud-Matie. Het 'n akker ooit op jou kop
> geval?

Ek is nie 'n oud-Matie nie al het ek op my kop in 'n Akker geval. Ek is
'n Longhorn tot my dood. (Bonus vraag: watter universiteit is die
Longhorns?) My vrou is 'n oud-Matie van omtrent 1985-1989.
Vorige onderwerp: Re: Mandela se bruid.
Volgende onderwerp: chili: afrikaans word hier ook gepraat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:14:32 MGT 2024