Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Mandela se bruid.
Re: Mandela se bruid. [boodskap #16308] Di, 21 Julie 1998 00:00
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Het ek melding van Mandela se huwelik en verjaarsdag op die ng gemis of was
dit nooit genoem nie? Ek weet sommige mense gaan nou op die politieke wa
spring dat die stof so staan, maar vat dit kalm, ek praat nie nou oor hom as
politieke figuur nie, maar as mens. Ek haal my hoed af vir die man se
stamina! Dit gee my hoop om hom op daardie ouderdom so te sien straal van
geluk. Maar die eintlike ding waaraan ek dink is aan sy bruid, gewese Samora
Machel se weduwee. Sy lyk vir my na n baie special dame. Dit se ook iets oor
haar dat haar eerste man die eerste president van Mozambique was na hulle nie
meer onder koloniese beheer gestaan het nie. Nou trou sy met Mandela, ook
die eerste president in n nuwe regsstelsel. Ek dink sy het ook innerlke krag
en integriteit. Mandela het beslis die keer n beter keuse gemaak en ek gun
hom alle genot en vrede toe. Ek kan nie help om te wonder hoe ou Winnie voel
om te sien hoe bly almal is oor Mandela se nuwe bruid nie. Maar sy is nou n
ander storie en n half...

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: SA Burgers In Australiƫ & Nieu-Seeland!
Volgende onderwerp: Immigreer na die VSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 04:36:32 MGT 2024