Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitbraak
uitbraak [boodskap #145004] Do, 11 April 2024 14:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitbraak
Afbreking: uit•braak
Samestelling: uit + braak


Selfstandige naamwoord: uitbraak
Meervoud: uitbrake

Betekenis:
• Die skielike ontsnapping of uitbarsting van iets (soos 'n siekte, 'n vulkaan, ens.)

Gebruik:
• 'n Baba is dood en talle mense siek na 'n uitbraak van kinkhoes.

Sinoniem:
• ontsnapping
• uitbarsting
• uitbreking

Vertaling:
Engels: outbreak, escape
Nederlands: uitbraak


Werkwoord: braak uit, uitbraak
Verlede tyd: het uitgebraak

Betekenis:
• Om deur te braak (op te gooi) na buite te bring.

Gebruik:
• Hy sal die rykdom wat hy ingesluk het, weer uitbraak. [Job 20:15]

Sinoniem:
• kots
• opbring
• opgooi
• vermeer

Afgelei:
• uitbraaksel
• uitbraking

Vertaling:
Engels: to vomit out, belch forth, disgorge
Nederlands: uitbraken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: veroordeling
Volgende onderwerp: vakansieplek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:25:17 MGT 2024