Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onvergeetlik
onvergeetlik [boodskap #144432] Vr, 19 Januarie 2024 17:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onvergeetlik
Afbreking: on•ver•geet•lik
Samestelling: on- + vergeet + -lik


Byvoeglike naamwoord: onvergeetlik
Vergrotende trap: onvergeetliker
Oortreffende trap: onvergeetlikste
Attributief: onvergeetlike
Partitief: onvergeetliks

Betekenis:
• Wat 'n blywende indruk maak; nie maklik vergeet kan word nie.

Gebruik:
• Die vakansie was onvergeetlik lekker!

Sinoniem:
• blywend
• histories
• indrukwekkend
• monumentaal
• onuitwisbaar
• roemryk
• treffend
• uitmuntend
• veelbewoë

Afgelei:
• onvergeetlikheid

Vertaling:
Engels: unforgettable
Nederlands: onvergetelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanwakker
Volgende onderwerp: trefkrag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:48:39 MGT 2024