Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » trefkrag
trefkrag [boodskap #144433] Vr, 19 Januarie 2024 19:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18862
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
trefkrag
Afbreking: tref•krag
Samestelling: tref + krag


Selfstandige naamwoord: trefkrag
Meervoud: trefkragte

Betekenis:
• Die krag waarmee iets getref word.
• (figuurlik) Die vermoeë om te beïnvloed en 'n impak te maak.

Gebruik:
• Die weermag ontwikkel missiele met 'n groter reikafstand en trefkrag.
• Die trefkrag van die gedrukte media is besig om te kwyn soos sosiale media in gewildheid toeneem.

Sinoniem:
• effek
• impak
• invloed
• omvang
• slaankrag

Vertaling:
Engels: impact
Nederlands: trefkracht, impact

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onvergeetlik
Volgende onderwerp: spoorvrug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 16:41:04 MGT 2024