Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bejaarde
bejaarde [boodskap #144242] Di, 26 Desember 2023 09:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bejaarde
Afbreking: be•jaar•de
Samestelling: bejaard + -e


Selfstandige naamwoord: bejaarde
Meervoud: bejaardes

Betekenis:
• 'n Ou persoon, veral ouer as vyf-en-sestig jaar.

Gebruik:
• Seker die grootste blydskap in 'n bejaarde se lewe is as sy kinders kom besoek.

Sinoniem:
• afgetredene
• grysaard
• oumens

Afgelei:
• bejaardesorg
• bejaardetehuis

Vertaling:
Engels: elderly person, senior citizen
Nederlands: bejaarde


Byvoeglike naamwoord: bejaard
Attributief: bejaarde

Betekenis:
• Wat taamlik oud is.

Gebruik:
• Daar sal weer bejaarde mans en vrouens, ryp in jare, op die pleine in Jerusalem sit, elkeen met 'n kierie in die hand. [Sagaria 8:4]

Afgelei:
• bejaardheid

Vertaling:
Engels: elderly, aged, old
Nederlands: bejaarde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: trouring
Volgende onderwerp: konsul
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:20:59 MGT 2024