Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tuit
tuit [boodskap #143839] Di, 14 November 2023 11:48
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19036
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gieter met 'n lang tuit.
'n Gieter met 'n lang tuit.
tuit
Afbreking: tuit


Selfstandige naamwoord: tuit
Meervoud: tuite
Verkleinwoord: tuitjie
Meervoud van verkleining: tuitjies

Betekenis:
• Pyp aan die kant van 'n ketel of kan waardeur vloeistof uitgegiet word.

Gebruik:
• Die teepot se tuit het gebreek.

Spreekwoord:
• Hy het die ketel aan die tuit beet. [Hy pak die saak verkeerd aan.]

Hiponiem:
• gietertuit
• keteltuit
• ydeltuit

Afgelei:
• tuitkan
• tuitkappie
• tuitkoppie
• tuitmond
• tuitpot
• tuitvormig

Vertaling:
Engels: spout, nozzle
Nederlands: tuit


Werkwoord: tuit
Verlede tyd: het getuit

Betekenis:
• Om te ruis/suis.
• Om die vorm van 'n tuit te maak.

Gebruik:
• Hy klap die deur toe dat my ore tuit.
• Hy tuit sy lippe en blaas 'n soentjie na sy meisie.

Vertaling:
Engels: to tingle; to pout
Nederlands: tuiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paaiement
Volgende onderwerp: allewêreld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 16:42:39 MGT 2024