Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die woordeboek
die woordeboek [boodskap #140283] Di, 20 September 2022 12:20 na volgende boodskap
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
gduldig het my ours my vn spelng gleer
om my vri skol greed te kry
war anr oms n tanis
soms mt bai ongduld
my di blangrikyt davn sou leer

ekt gleer hoe ome woreboek te lees
n di regte word wat ksoek te vnd
net om sekr tmak
dat di spelng vni word
di korekte en sou wees

mar net toek elke word korek ko spel
word di werld ine rewlusi gdompl
medi koms vni klyne selfon
warmek tekse n briwe kan stur
na elke famlilid n pel

onglukig isi stur davani vnit
ntendeel dis bai bai dur
darom moetek vn spelng vrget
anrs sali smse
my bai gou los sonr enige krdit

nou wonrek wasi nut vni woreboek
wani selfont my talvryhyt ggee
ekt nou bsef ekt sovl tyd gmors
omi korekte spelng vne word
in dari reuse boek te soek
Re: die woordeboek [boodskap #140285 is 'n antwoord op boodskap #140283] Di, 20 September 2022 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Haha, mense se spelling op selfone laat inderdaad veel te wense oor!
Re: die woordeboek [boodskap #140295 is 'n antwoord op boodskap #140285] Vr, 23 September 2022 13:23 Na vorige boodskap
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
Toe ek op skool was, was spelling in werklike vak op laerskool en die 4 speltoetse per week (2 in Afrikaans en 2 in Engels) was soos die by se angel vir die meeste laerskool leerlinge.
Elke taalfamilie is tog uniek met sy eie grammatika- en spelreëls, wat selfs verder verfyn word by die verskillende tale binne so ‘n taalfamilie. Juis daarom is moedertaalonderring so belangrik, want Noors, Sweeds en Deens of Frans, Italiaans, Spaans en Portugees of Russies, Bulgaars en Oekraïens is elkeen ‘n unieke taal binne sy familie. Wanneer ek iets skryf, moet ek soms mooi dink met watter taal ek besig is om die korrekte woord te kan gebruik.
Dit irriteer my verskriklik om te sien hoe swak “geleerde” mense en besigheidsleiers se spel- en grammatikavermoë is. Om van die leesstof op die Internet nie eens te praat nie. Selfs amptelike regeringsdokumente het absoluut geen respek vir taalsuiwerheid nie.
Daarom glo ek dat Oosterlinge se begripsvermoë veel beter as ons Westerlinge s’n is. Ons het die kortste en maklikste alfabet met sy 26 letters, terwyl hulle met die mees ingewikkelde skrifstelsels hoogtes bereik waarvan sommige van ons maar net kan droom.
Vorige onderwerp: drie gesigte van eensaamheid
Volgende onderwerp: ek het nie woorde nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:49:16 MGT 2024