Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » ek het nie woorde nie
ek het nie woorde nie [boodskap #140309] So, 25 September 2022 09:51
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
nog nooit in my lewe
het ek so ‘n verskeidenheid emosies ervaar
soos tydens die vorige sewe
nee, ag maande van hierdie jaar

eers was daar die skok soos ‘n hirosjima-ontploffing
gevolg deur uiterste ongeloof soos tydens 9/11
toe kom die miljoene vrae aangerol soos tsunami-golwe
terwyl rou haat wou ontplof soos ‘n palestynse selfmoordbomdraer
later is die skok en ongeloof deur woede vervang soos by ons misdaadslagoffers

ure dae weke maande
was gevul met vrae en woede en haat
en ‘n desperate soeke na sinvolle antwoorde
vir die immergroeiende tsunami van vrae
wat dag en nag steeds heftiger geword het

ek het geglo dat ek deur hierdie storm sou kom
want ek was nog altyd in beheer gewees
en buitendien moes ek vir my gesin sterk staan
sodat hulle steeds met hulle daaglikse lewe voort kon gaan
omdat ek hulle nie deur hierdie storm wou sien gaan nie

maar ek kon nie die verpletterende aanslae van die storm alleen hanteer nie
en het dringend hulp nodig gehad om staande te bly
uiteindelik kon en nie meer staande bly nie en is op my knieë gedwing
‘n tsunami-vloed van gebede is opgestuur
party grammatikaal korrek en ander slegs ‘n warboel woorde

die vrae en woede en haat was steeds daar
maar dit het gevoel asof dit sagter word
en ‘n kalmte het oor my hele wese gekom
dit was die wonderlikste emosie
wat ek in jare ervaar het

ek het besef dat U al die tyd by my was
U het van elke emosie geweet
en na elke gebed geluister
al het ek party gebede hardop gesê en ander gefluister
U het my snoesig toegewikkel in u Beskermende Jas
mag ek hierdie daad nooit vergeet
Vorige onderwerp: die woordeboek
Volgende onderwerp: dis lente
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 22:48:07 MGT 2024