Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » drie gesigte van eensaamheid
drie gesigte van eensaamheid [boodskap #140282] Di, 20 September 2022 12:18
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
mensalleen stap jy oor die yskontinent se vlaktes
terwyl vallende sneeuflokkies ru teen jou baard vasgekoek word
deur ‘n stormwind wat enige ysberg sal versuif
die enigste geluid is die onaardse gesuis van die wind
en die af-en-toe se geskeur van krakende ys

allenig stap jy oor die veld van die groot karoo
terwyl die son se strale ongenaakbaar op jou vel inbrand
en ‘n warrelwind al dansende in die verte verbybeweeg
die enigste geluid kom van jou asemhaling, jou hartklop, die bloed in jou are
en die af-en-toe se gefluit van ‘n voël

stoksielalleen stap jy in die hoofstraat van die wêreldstad
versigtig om nie deur die mensemassa vertrap te word
of tussen verbyflitsende voertuie te beland nie
die enigste geluid is ‘n mengsel van die onnatuurlike geraas van voertuig en mens
en die af-en-toe se geblaf van ‘n hond
Vorige onderwerp: die ding met die grootste mag
Volgende onderwerp: die woordeboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 19:04:13 MGT 2024