Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » grief
grief [boodskap #140234] Do, 15 September 2022 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19065
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
grief
Afbreking: grief


Selfstandige naamwoord: grief
Meervoud: griewe
Verkleinwoord: griefie
Meervoud van verkleining: griefies

Betekenis:
• 'n Gevoel van ontevredenheid; iets waaroor 'n mens verontreg voel.

Gebruik:
• Die ontevrede werker het 'n grief teen sy bestuurder aanhangig gemaak.

Sinoniem:
• aantyging
• beswaar
• klag
• kommer
• kwelling
• misnoegdheid
• wrok

Afgelei:
• grieweprosedure

Vertaling:
Engels: grievance
Nederlands: grief


Werkwoord: grief
Verlede tyd: het gegrief
Teenwoordige deelwoord: griewende
Verlede deelwoord: gegriefde

Betekenis:
• Om seer te maak en smart te veroorsaak.

Gebruik:
• Dit grief my dat plaasaanvalle nie as 'n prioriteitsmisdaad beskou word nie.

Sinoniem:
• beledig
• krenk
• kwets
• ontstel
• seermaak
• verwond

Vertaling:
Engels: to grieve, hurt
Nederlands: grieven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onkant
Volgende onderwerp: eksplorasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 24 03:13:41 MGT 2024