Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onkant
onkant [boodskap #140233] Wo, 14 September 2022 20:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onkant
Afbreking: on•kant
Samestelling: on- + kant


Byvoeglike naamwoord: onkant
Attributief: onkant

Betekenis:
• Wat aan die verkeerde kant is (buite spel in sportsoorte soos rugby, sokker, krieket, netbal, ens.)
• Wat onverhoeds betrap, of skielik verras is.

Gebruik:
• 'n Speler is onkant in oop spel indien daardie speler voor 'n spanmaat is wat die bal dra, of die laaste was om dit te speel.
• Die skielike reën het ons onkant betrap.

Antoniem:
• aankant

Vertaling:
Engels: off-side
Nederlands: onkant, offside

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: loslittig
Volgende onderwerp: grief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 16:39:28 MGT 2024