Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » onkruid in my tuin
onkruid in my tuin [boodskap #140047] Do, 18 Augustus 2022 15:45
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die winterson skyn weer
na ‘n paar dae van aanhoudende reën
en ek moet my na die beddings keer
om enige winterskade te herstel

ons inwonende kruipmol
het uit sy somerslaap ontwaak
en begin om die ganse tuin om te dol
op soek na iets wat sy maag kan vul

miljoene ontkiemende saadjies
breek die grond op soek na die hitte van die son
maar hulle is nie almal maatjies
en dit is waar die werklikheid my tref

party van hierdie plantjies is tuinplante
en baie ander is onkruid
maar al beskou ek hierdie idee van alle kante
is ek nie meer so seker oor wat moet bly en wat moet uit

want watter van hierdie plantjies is werklik onkruid
elkeen van hulle is immers deel van God se Skepping
so waarom moet die een dan bly en die ander uit
ek weet nie regtig nie en dit is my erkenning

dan verskyn die Skeppingsbeeld weer voor my
en besef ek dat God wou hê dat alle lewens in harmonie moes verkeer
daarom is daar nie werklik iets soos onkruid te kry
want dit is bloot ‘n idee wat in ons breins floreer

‘n onkruid is bloot daardie plantjie
wat op so ’n plek in ‘n bedding staan
waar ons dit nie kan toelaat om te groei
en wat daarom moet verwyder word daarvandaan
Vorige onderwerp: 14 jaar van demokrasie
Volgende onderwerp: langs die graf van my land
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 14:18:20 MGT 2024