Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 14 jaar van demokrasie
14 jaar van demokrasie [boodskap #140046] Do, 18 Augustus 2022 15:44
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
nagswart wolkreuse is besig om saam te pak
(soos swartgetooide bestuurslede wat vir ‘n vergadering opdaag)
en blaarbelaaide boomtakke word woes rondgepluk
(soos drenkelingarms wat om hulp roep)

kamertemperatuur van net deuskant vriespunt
werk hard aan die verlaging van liggaamstemperatuur
terwyl dooie vingerpunte (nee, hulle lewe nog, want hulle pyn)
sukkel om die dinge waarheen bibberende arms hulle uitstoot raak te vat

en gevoellose voete kan nie meer krampende bene help
om die foddegeklede liggaam vorentoe te dra nie
na daar waar die swart ysterpot wydsbeen oor die binnenshuisvuurtjie staan
sodat water vir die gesin se aandete van mieliepap gekook kan word
Vorige onderwerp: die skeidingsmuur
Volgende onderwerp: onkruid in my tuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 23 15:21:58 MGT 2024