Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » winterkou'
winterkou' [boodskap #139999] Di, 16 Augustus 2022 11:24
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sit hier voor die komper
om die gedigte in my hart af te laai
sodat hulle op ‘n kompakskyf
en later op papier verewig kan word

buite woed ‘n storm
reuse reëndruppels word met veel groter haelstene afgewissel
en deur ‘n allesdeurdringende wind
teen muur en ruit en dakplaat vasgeplak

die stompe in die kaggel
gloei dieprooi van trots
en die honde kyk wie die naaste
aan die hittekring kan lê

dan dwaal my gedagtes na die bergie en die straatkind
wat iewers daar buite na ‘n droë plekkie soek
om hul kartonmatras en koerantpapierkombers
oop te sprei as teenvoeter vir die winterkou’
Vorige onderwerp: waarom?
Volgende onderwerp: as ek maar net kon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 01:29:32 MGT 2024