Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » as ek maar net kon
as ek maar net kon [boodskap #140000] Di, 16 Augustus 2022 11:25
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
as ek kon vlieg
vlieg na die buitenste rand van die uitspansel
verby die plekke waar sterrestelsels in vervloë millennia was
en waar nuwe melkweë besig is om gevorm te word
op pad na die plek waar die ganse Skepping ontstaan het
met jou veilig op my rug toegewikkel
sou ek jou aan die hand kon neem
om saam met my die oorsprong van die liefde te ervaar

maar ek kan nie

as ek kon vlieg
vlieg oor die lengte en breedte van die uitspansel
en by al die melkweë aan kon gaan
om elke sterrestelsel deeglik te bestudeer
op soek na die heel mooiste planeet wat bestaan
met jou veilig op my rug toegewikkel
sou ek jou aan die hand kon neem
om saam met my ‘n nuwe lewe daar te begin

maar ek kan nie

as ek maar net kon

want ek het jou so verskriklik lief
Vorige onderwerp: winterkou'
Volgende onderwerp: taalprag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:26:43 MGT 2024