Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » dankgebed
dankgebed [boodskap #139975] Ma, 15 Augustus 2022 06:54
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
baie dankie Liewe Heer
vir die wonderlike
maar onverdiende gawe
om my eeue oue moeder
in haar swakste uur te kon besoek

baie dankie vir die voorreg
om deur haar herken te word
en in gesprek met haar te kon gaan
om haar brose hande in myne te kon neem
terwyl sy ons in gebed aan U opdra

baie dankie dat ek hierdie besoek
in die teenwoordigheid
van my pragtige vrou en dogter kon hê
en weer kon besef hoe gelukkig ek is
hoeveel gawes U daagliks aan my voete lê

ek weet dat ek soms baie vrae vra
en seker ook oor te veel dinge kla
daarom bring ek U hierdie korte dankgebed
want het my moeder my nie gebaar
sou ek hierdie dankiewoorde nooit kon sê
Vorige onderwerp: die groenkaart van suid-afrika
Volgende onderwerp: om te onthou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 07:24:25 MGT 2024