Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » u was altyd daar
u was altyd daar [boodskap #139926] Wo, 10 Augustus 2022 21:17
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
toe ek as pasgebore baba my oë oopmaak
was u daar
om my in u arms toe te vou en te koester
en my daaglks deur my babajare te help

toe ek as handvol kleuter begin om dinge te ontdek
was u daar
om my aan die hand te neem
en my van ‘reg’ en ‘verkeerd’ te leer

toe ek as nuuskierige knaap sonder einde vrae vra
was u daar
om my vrae te luister
en my elkeen met baie geduld te antwoord en verduidelik

toe ek as trotse skoolseun die leerwêreld betree
was u daar
om my daagliks te ondersteun
en my te help om my kennis te verbreed

toe ek as jong seun stout dinge aanvang
was u daar
om my storie te luister
en my die verdiende straf te gee

toe ek as onseker troepie op die trein klim
was u daar
om my styf vas te hou
en my sterkte en liefde toe te wens

toe ek as jong man begin te werk
was u daar
om my gereeld te ondersteun
en my u kennis te deel

toe ek as volwasse mens my eie pad inslaan
was u daar
om my te sê dat u verstaan
en my teen moontlike gevare te waarsku

nou dat ek as ou man voor u staan
is u daar
om my en my gesin se gelukwensing te ontvang
met u 100ste verjaardag
Vorige onderwerp: vryheid
Volgende onderwerp: 'n ontdekkingsreis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 10:31:39 MGT 2024